Eendjies, eendjies in ‘n ry

Eendjies, eendjies daar in ‘n ry

Twee, vier, ses, agt

Kom hul verby

Links, regs, links, regs, oor die pad

Mamma wag 

in die middel van die pad.

‘n Klein karretjie met ‘n ou vrou

wag.

‘n Vragmotor aan anderkant van pad

wag. 

Geduldig gedweë

wag.

Eendjies eendjies in nog ‘n ry

kom flink aangedraf

Een, twee, drietjies

Beentjies links, regs, links, regs

so al hul kan.

Mamma eend jaag hul aan.

Woerts onder deur die heining.

Sug, wat ‘n verligting.

Eendjies is gespaar maar

weet nie hoe lank

voor die valk almal een vir een

Links, regs, voor en agter oppik.

Dit het vanoggend gebeur oppad huistoe nadat ek by die ‘Health Center’ die verpleegster moes kom sien het sodat sy my besering kon bekyk en weer toeplak met pleister.

Sondag namiddag net na ses stamp ek my regter skeen ‘n gat in. Die bloed loop, volgens my berekening maklik drie eetlepels vol en ek het ‘n groot nood.

Seun sê: “Sit ‘n bondel toiletpapier daarop.”

“Ek moet eers wieps!” antwoord ek hom.

In die tussentyd stroom bloed deur my kous en sweetpakbroek.

Ek sit vinnig en bekyk die storie. Druk ‘n bondel toiletpapier op plek. Trek my kous en broek op bo-oor die papier en wond. Vat toiletrol en gaan kamer toe.

Seun is gladnie bloedgesind nie; ek natuurlik ook nie. As die nood egter daar is soos in hierdie geval sal ek eers na die tyd my floute onder beheer bring.

Voordat ek gaan slaap die aand gaan ek eers in huistoe om skoondogter te vra om net te kyk wat daaraan gedoen kan word.

Skoondogter het nie verwag om die grillerige bloederige gat te sien nie. Sy het kop gehou en ‘n mooi groot pleister oor die plek geplak.

Maandagoggend is ek vroeg Gesondheidsentrum toe en verduidelik dat die gat nog steeds bloei. Ontvangsdame het toe ‘n afspraak gereël om die opleidings verpleegster te sien. Gelukkig is dit toe ‘n ouer vrou wat seker wel al verpleeg het maar daar as beginner werk op oomblik.

Sy vat toe nie nonsies van my pleister en of sy my seermaak nie. Sy pluk pleister met een slag af. “Dis net ‘n vel wond. Sal hom gou stypel en toeplak.”

Ek voel half lighoofdig. Die stypels insit was nogal gevoelig. 

Tjoef tjaf, groot waterdigte pleister opgesit en daar gaat ek weer, terug huistoe.

Die verpleegster het gesê ek moet dit so stil moontlik hou en Donderdag(dis nou vandag) terugkom dat sy kan kyk hoe dit lyk.

Kom toe by sentrum en word dadelik gehelp. Nou, verstaan my mooi, ek waardeer dit dat die verpleegster my help maar sy is nou nie van die mees simpatieke persone nie.

Ek moet my been ophou terwyl ek op ‘n stoel sit. Sy steun nie my been nie! Pluk die pleister sonder seremonie af en trek die wond ook oop. Stypels saam met pleister afgetrek. Dit lyk erger as wat dit was toe ek dit Sondagaand gesien het. 

Die verpleegster het net weer ‘n nuwe pleister opgesit, presies op plek waar vorige een was wat my vel verrinneweer het met die aftrek. 

Nou moet ek tot Dinsdag wag. Ons het hier gratis mediese dienste as dit ‘n ongeluk was. Die versekering het goedgekeur dat hul verpleegpersoon my Dinsdag by die huis kom besoek en die wond weer verbind.

Dit dan wat gebeur het voordat die eendjies oor die pad geloop het oppad huistoe.

Ek het darem ‘n koppie tee en ‘n spinasie-en-viëta-muffen in die Mall geëet.

In die Mall het ek ook my eerste goeie daad vir die dag gedoen. Ek sal dit in volgende skrywe beskryf. My tweede goeie daad was om die verkeer te stop sodat Mamma eend en pas uitgebroeide eendjies veilig oor die pad te laat loop. 


Posted

in

, ,

by

Comments

23 reaksies op “Eendjies, eendjies in ‘n ry”

  1. rondomtaliedraai Avatar

    Ooooooooo ek weet jy is die vroutjie wat omkap met die eerste druppel bloed. Sterkte Sus! Vasbyt is die antwoord.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het my verbaas dat ek so manhavtig die ding hanteer het. Het natuurlik volgende dag aan na-skok gelei.

      Liked by 1 person

  2.  Avatar
    Anoniem

    Sterkte my liewe Tannie, hou die been droog en lig hom maar bietjie in die lug met kussings. Hoopenlik Dinsdag is dit ‘n beter nurse wat na die huis toe kom vir jou. Sterkte x

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie ek waardeer die trooswoorde. Doen my bes om stil te hou. My ou gebeentes het maar beweging nodig en dis swaar om so stil te sit. Vermoed dit sal ‘n beter een wees wat meer kennis het van wat sy doen.

      Like

  3.  Avatar
    Anoniem

    Ag hou maar stil liewe tannie Inneke. soos hulle se om teen die prikkels te skop helpnet. ooi niks

    Like

  4. Dr Christa van Staden Avatar

    Sjoe, dit klink baie erg, hoe loop jy met skoene aan? Oulik van die eendjies, beslis goeie daad

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis hoër op teen die been. My kous en broek het gekeer dat dit nie tot op die been oopgesny is nie.

      Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Eintlik ‘n storie met ‘n aanloop. Daar was net die twee hout of yster kassies op mekaar in die pad van waar mens loop. In my haas het ek draai te kort gevat en met spoed die een kassie afgestamp met my been. Het in tale gepraat to seer was dit.

          Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Ok, ek sien dit nie in appstore nie

        Like

  5. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Ai tog, Scrapy, dis nou jammer oor jou wond, jong. Mag dit vinnig genees. So oulik geskryf oor die eendjies!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Una, dis nou as jy rustig sit en wag vir die klein voetgangertjies om oor die pad te kom. Hul moes net uit die dop gekom het. Te dierbaar vir woorde. Net jammer so min oorleef dit.

      Liked by 1 person

  6. Tannie Frannie Avatar

    Ag einatog, Scrapy! Ek is baie bly die berg kom Dinsdag na Mahomed toe. Wees asseblief geduldig en sit mooi stil sodat alles goed heel kan word!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie, dit was nou ‘n grillerige gedoente gewees. Hoe gaan dit nog met jou? Bly jy vir Kersfees en nuwe jaar?

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Dit gaan baie goed, dankie. Ja, ek bly vir die feestyd.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ag, dis te lekker om so ‘n winter kersfees te hê en dit saam met jou geliefdes.

          Liked by 1 person

  7.  Avatar
    Anoniem

    Eina! Pas maar datie been goed op. Sterkte.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Seegogga! Daars ‘n hele paar ouens wat skryf onder Someone en het nie ‘n clue wie dit is nie.

      Like

  8.  Avatar
    Anoniem

    Neeman ,ek issie anoniem nie, ek’s seegogga. Wat gaan asn met wordpress?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee wat, ou WordPress het nou weer veranderinge aangebring noudat daar dubbel ingelock moet word. Het ook vir ‘n ruk nie kon inkom op my vriende blogs nie tot ek weer inlock voor ek die boodskap stuur. op einde gaan die inskryf soos normaal verder.

      Like

Lewer kommentaar op Una se gedagtes Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.