Oompie en Gym storie vervolg

Die eerste afspraak met Liz, my Gym instrukteur, was Woensdag 2 Augustus 2023. 

Klein Amelia is siek. Sy hoes sleg. Die gesiggie is sommer was bleek en ogies is flou. Ek het haar opgepas terwyl Pappa vir Beatrix skooltoe gevat het. Pappa was by die huis om na Amelia te kyk. Hy het ook sommer die herwinning papier en plastiese ophoping in wiele-asblikke weggevat na die herwinnings plek in Upper Hutt. Gelukkig kon ek in die tussentyd stort terwyl Amelia rustg op stoel lê en Kyk na “Bluey” op TV. 

(Nou kyk ek alweer by my venster uit terwyl ek skryf. Daar is ‘n dik laag sneeu op die heuwels. Die wolke of mistigheid is egter besig om dig saam te pak vir ‘n nuwe weer aanslag hier in die vallei. Dis vrêk koud, veral die Suidewind wat woes in vlae waai. Gisternag het dit sommer dik gesneeu hier op ons heuwels. Gelukkig nie tot in vallei soos vorige keer nie.

Die son kom weer bietjie uit maar die koue nat wolke is steeds besig om in te waai van Wellington se kant af. Die hoenders gaan wei telkens as sonnetjie uitkom. Makoue het nie ‘n saak met reën nie. Die hoenders is egter nie reënbestand nie. Nes dit begin reën kom hul streep-streep al ploeterende deur nat gras en modderpoele, terug skuiling toe. )

Terug by die gym storie:

Omdat dit so koud en reënerig was het ek gelukkig naby ‘n parkeerplek gekry. Stap apteek binne. Kom by die automaties skuifdeur na gym. Die deur roer nie. Ek staan terug. Probeer weer. Vra dame by apteek wat aangaan. Trek skouers op:”Geen idee!”

Daar is gelukkig ‘n buite deur. Ek gaan buite toe. Die deur gaan nie oop nie want mens het ‘n kaart nodig om in te gaan. Klop aan die deur en loer deur ‘n skrefie. Liz, my instrukteur is besig op haar foon naby die deur. Sy kom maak die deur oop. Sy was net besig om ‘n boodskap aan my te stuur of ek nog kom, haha.

Beste van alles, Liz laat my sommer dadelik aan die werk spring met die oefeninge. Ek was nie regtig daarvoor voorbereid nie. Gedog ons gaan nou eers bespreek en saam uitwerk wat my program gaan wees. Gelukkig laat ek my toe nie afsit nie. Trek my reënjas uit, my warm baadjie ook, en daar gaat ons met eerste oefening.

Halwe fietsry waar my bene versterk word. Dan kom roei om my rugspiere te bewerk. Dit het goed gewerk want my bo-rug is baie styf. Daarna kom om te gaan sit. Ek moenie my knieë knak nie, moet my boude uitstoot om te gaan sit, wat ook goed werk. Nou begin ek voel dat ek ‘n bietjie ekstra beweeg het. 

Liz bly vra: “Is jy okay, kan jy nog aangaan? Moet ons ophou?” Sy maak telkens seker of ek kans sien vir nog. Volgende is steeds weer ‘n tipe van roei maar hierdie keer is dit meer vir bo-rug. Na die roei gaan ek vir balans oefening wat moeilik was vir my. Mens loop voet vir voet op ‘n lyn wat te veel vir my was. Ek kon darem met ‘n stok my balans bly hou. Dis nie verniet dat ek met my kierie loop nie. Sal nog hard aan balans moet werk. As my spiere ‘n bietjie behoorlik losgemaak is hoop ek die balans verbeter ook.

Dit dan die eerste oefensessie. 

Ek gaan Dinsdag(8 Aug) terug om die ander bewegings of oefeninge te doen. Liz wil hê ek moet die naweek probeer om te kom oefen sodat ek kan sien hoe dit voel. Sal maar sien hoe naweek verloop, eintlik wil ek nog nie op my eie gaan nie. Nie genoeg selfvertroue om op my eie te wees nie. Wat gebeur as ek vashaak of selfs val?

Liz het steeds weer verskoning gemaak vir die deurmekaarspul met die afsprake. Sy wou  nie my  fooi vir die twee instrukteursessies aanvaar nie. Dis te dierbaar van haar. 

Ek vertel Liz ook van Oompie Doompie wat 10 uur ‘n afspraak gehad het. Sy verduidelik dat sy afspraak 12 uur was. Hy het toe nie opgedaag nie. Die Oompie is regtig koersloos. Arme Oompie. Hy het so vier jaar terug sy vrou verloor. Hy is ‘n nuwe intrekker in sy blyplek. Hy vergeet ook waar hy sy motor parkeer. 

Oompie Doompie moet eintlik ‘n oppasser kry. Geen wonder hy val ook so baie nie. 

Liz het my bedank dat ek vir haar van Oompie vertel het. Sy sal bietjie nagaan en kyk dat sy hom help. Hopenlik kom hy darem reg.

Vandag, Donderdag 3/08/2023 het twee glasogies/kraalogies(silvereye in NZ) in selfde blombos waar Bellbird nou die dag nektar gedrink het gesien. Amelia is regtig nog baie siek. Sy was blykbaar ook koorsig laas nag. Arme klein dingetjie. Sy was darem heel rustig gedurende die dag. Mamma het gereeld medisynetjies gegee. Ons hou maar duime vas dat sy gou weer beter voel. Beatrix het ook begin hoes. Hierdie wispelturige weer is beslis nie ideaal vir mens en dier nie.


Posted

in

, , , ,

by

Tags:

Comments

24 reaksies op “Oompie en Gym storie vervolg”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag dit klink alte lekker. Geniet dit baie, en sterkte met die kleintjies

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het dit wonder bo wonder nogal goed reggekry en dit geniet ook. Amelia is nog baie siek tannie. Beatrix hoes al erger maar sy sê sy voel nie siek nie?

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Ag siestog, ek glo natuurlikmdat kinders siek word as hulle koud kry. Sterkte daar

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Is nogal so. Hier is die temp buite en binne so uitstaande hoog of laag dat dit geen wonder is dat kinders siek word nie. Ek voel mens moenie jou huis so warm hê dat jy in jou dun somers klere binne kan wees in winter nie. Maar wie is ek om iets te weet, haha.

          Liked by 1 person

          1. Dr Christa van Staden Avatar

            Ons het so geloop in Kazakhstan, en dit was heerlik om warm te wees en in kort broeke in my huis te loop. Ons het nie siek geword nie, maar ek dink dit is anders wanneer kinders iit warm huise in die koue moet uitgaan om skool toe te gaan. Ek weet ook nie of skole daaraan dink dat koue lug nie goed is nie

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Hier is die verwarming nie te goed nie. Die laaste paar jaar het regering bydrae gemaak sodat die armstes se huise geinsoleer kan word. Daar si nooit regtig aandag gegee vroeër jare om onder vloere en op plafon insolasie te sit nie. Dis baie koud en nat in huise wat veroorsaak dat veral kinders regtig sleg siek word. Skole het ook nie regtig behoorlike verwarming nie. (Dis wat ek ondervind het).

              Liked by 1 person

              1. Dr Christa van Staden Avatar

                Koud en nat is probleem, want dan kan muf in die lug die kinders se longe aantas. Het julle lugskoonmakers? Mens kry oulike masjiene daarvoor. Hier gebruik ek dit in die winter oortyd om rook uit lug te haal om asem te kry. Maar muf is in koue nat huise ‘n werklikheid

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Daardie muf is veral wintertyd erg. Ja daar is goeie masjiene probleem is die krag is so duur dat dit meestal nie eers gekoop word om te help nie.

                  Liked by 1 person

                2. Dr Christa van Staden Avatar

                  Regtig, Scrapy , dit klink vir my die moeite werd as kinders so siek word?

                  Like

                3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Dis die koste wat die probleem is. Meeste is werklose ouers wat opdie dol leef. Maak my sommer mismoedig. Dan is daar meestal baie mense in een so blyplek ook.

                  Liked by 1 person

                4. Dr Christa van Staden Avatar

                  Scrapy, ek het nie besef daarb heers ook armoede nie

                  Like

                5. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Nogal erg veral onder die “agtergeblewenes”.

                  Liked by 1 person

                6. Dr Christa van Staden Avatar

                  Dit is nogal hartseer, want daar word dit bitterkoud

                  Like

                7. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Presies en almal is verkoue en sieklik weens ondervoeding ook.

                  Liked by 1 person

                8. Dr Christa van Staden Avatar

                  O jitte, natuurlik om een ander belangrike rede ook. Maar, dit kyk almal mis. Was almal so sieklik voor 2020/21?

                  Like

                9. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Voor 2020/21 alreeds. Dis hoekom daar die afgelope tyd so ekstra moeite gedoen word om die mense se omstandighede te verbeter. Alles maar dieselfde bose lewenskringloop van die mensdom.

                  Liked by 1 person

  2. appeltjie Avatar

    Is jy nie styf van al die oefeninge nie

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Om die waarheid te sê het ek Donderdag nie veel gevoel nie. Vandag Vrydag is my spiere nogal gevoelig met sekere bewegings. Ek het steeds elke dag my lope geloop. Dink dit help dat ek nie heeltemaal te styf voel nie.

      Like

  3. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Jy doen goed, Ineke!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Una, het myself op die skouer geklop nadat ek die eerste sessie gedoen het. Nou is dit vir deurdruk en dit ‘n lekker geleentheid maak.

      Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie Avatar

    Bly dat jy die gym geniet.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie, was darem nog altyd ‘n beweeglike of bewegende persoon gewees. Dis hoekom die stilsit my pla, kannie so baie sit en niks doen nie.

      Liked by 1 person

  5. angelswhisper2011 Avatar

    Dank je wel voor de uitnodiging om dit blog te lezen, Ineke, zodat we contact kunnen houden. Heel fijn💗 Beterschap gewenst voor jou en je kleinkinderen. Hoop dat het snel beter gaat met jullie allemaal🙏Double Healing Pawkisses for all of you🐾😽💞

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      You are most welcome. All are much better by now. Still some coughs but that’s a minor. Fingers crossed that all of them keep out of the cold and flue’s influence. Dankie vir beterskap wense. Gelukkig het ek nog nie siek geword nie. Touch wood!

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.