Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies

Kinderliedjies uit die vroëe kindertyd

Dis nat in Nieu Zealand. Die weer is baie stormagtig van gister al af. Dit reën nie net met emmers vol nie maar sommer met vol swembaddens. Dis net water. Trompie hou gladnie van die baie reën nie. Nou knyp hy en hy kyk my met sulke leep oë aan asof hy wil sê: “Kom, ou vrou, neem my vir my lopie!”

Ek bly vir hom sê: “Aikona, jy kan op jou eie tuin in gaan. Ek het gladnie lus om sopnat te word nie.” Dis mos hoe dit werk as mens ‘n hond aangeleer het om te gaan loop om sy besigheid buite sy tuin te doen.

Genade maar ek het lanklaas die wasgoedjies gewas en uitgehang. Dit is toe vanoggend, Saterdag 17 Julie, ‘n behoefte van my hart om weer te skryf. Ek sien dis sommer wasgoed was se no 17 ook.

Ek was so verdiep in my redigering van my memoires vir ‘Camp NaNoWriMo’, dat ek nooit eers gedink het om weer iets te skryf nie.

Met die herlees van al my geskrifte het my brein weer in rat gekom en ek het heelwat ekstra idees langs die pad opgetel wat meer om die lyf moes kry om die skrywe interessant te maak.

Om oor kinderliedjies te vertel het begin toe my seun, een middag na werk, gou sy pakkie wat hier afgelaai is kom haal het. Hy drink dan meestal gou ‘n koppie koffie voordat hy weer ry om die twee kleintjies by bewaarskool op te laai om huistoe te gaan.

Toe hy in sy motor klim vra ek hom of skoondogter klere bespreek het vir die foto sessie van Saterdag? Hy weet natuurlik nie. Hy is maar net die taxie ryer om ons by ateljee te kry. Hy sê toe ook hy sal my kom oplaai. Onthou ons is drie volwassenes en twee kindertjies. Almal nogal vroulik behalwe my seun. Net daar onthou ek die liedjie uit my kindertyd en sing dit vir Bertus. Dis nog ‘n Hollandse liedjie wat ons lustig saam gesing het as kindertjies. Die gaan soos volg.

Ik heb mijn wagen vol geladen, vol met oude wyfen…

Dit het gemaak dat ek die liedjie opgesoek het.

Hier is die liedjie.

Met die opsoek het ek toe afgekom op nog twee kinderliedjies wat ek skielik ook nog kan onthou.

Ons het in Holland nie regtig kersvader gehad nie, wel St Nikolaas.

Ek onthou nog goed die laaste St Nikolaas wat ons by die kleuterskool gehou het voor ons vertrek na Suid Afrika. Dit was einde 1951. Ons moes ons skoene voor die ‘haard’ by die huis sit sodat as Sinterklaas inkom, deur skoorsteen, hy net elkeen se persentjie in die skoene kon sit.

Nou vra ek jou: Kan jy nog kinderliedjies onthou wat jou nog steeds bybly? 

Kom deel dit met ons. Dit gaan heerlik wees om so bietjie vrolik te wees in die donker tye waarin ons op die oomblik lewe.

As jy so voel kan jy jou skakel, na jou blog pos, in my kommentaar plak sodat mede lesers ook kan lees waarmee jy vorendag kom. Lekker skryf.

Dankie aan Toortsie wat sommer twee laaste stukke geskryf het.


Posted

in

, , , ,

by

Comments

8 reaksies op “Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies”

  1. seegogga Avatar

    Hebt je wel gehoor van die silveren vloot? Ons het dit baie gesing maar ek sien Suid Afrikaanse Hollands is bietjie anders as Hollandse Hollands! Op varsity is die laadte reël oor enboor herhaal. Hy hebt gewoon in de silveren vlo-o- o-oot, hy hebt gewoon in de silvern vlo -o-o- oot, hy hebt ge….

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, ek onthou dit ook van die uitgerekte singery. Het vergeet van hom. Dankie vir die byvoeging.

      Like

  2. […] Scrapy skryf oof liedjies in haar verlede.  Ek het grootgeword met musiek in ons huis.  Ou 75 plate, nuwer langspeelplate en klaviermusiek.  Voorheen het ek al geskryf dat ek eers werklik in standerd 4, huidige graad 6 met popmusiek kennis gemaak het.  Tot dan was die grotendeels klassieke musiek.    Ek onthou veral die Halleluja liedere.  Sommige het ‘n groot indruk gemaak op my.  Strome van seën draal nou deur my kop as dit reën of as ek mismoedig voel en iets soek om aan vas te hou.  Langs die heuweltoppe kom daar blye môregloed.  Op die werk het my pa se ploeg gestaan. Ek sien nog voor my geestesoog hoe ek 2 stokke het en die klanke van die lied op die ysterploeg uitslaan.  Wat ‘n vriend het ons in Jesus  het erg op my senuwees gewerk omdat die tannie op die orrel dit erg getrek het en dan trek van die oumense dit nog meer.   My ouma het altyd die volgende gesê as sy verstom was:  Hygend hert der jagt ontkomen.  Tot ek later uitgevind het dis die ou Hollandse woorde vir Soos ‘n wildsbok wat smag na water.  So kan ek my pad werk deur Halleluja liedere. […]

    Like

  3. Toortsie Avatar

    Ek het nou lekker gelees, dankie. Ek onthou Ik heb my wagen vol geladen en dit gaan nou seker heeldag in my kop draai. 😁

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis hoe dit met my ook gegaan het toe ek die liedjie onthou met al die wyfen wat kyfen. Dis ‘n lekker onthou die.

      Liked by 1 person

  4. Wasdaguitdaging: Kleinkinderliedjies – toortsie.com Avatar

    […] daag ons uit om te skryf oor ons kleinkinderliedjies. Wat ‘n behoorlike lekkerte! Ek het met sing en met musiek grootgeword. My ma kon […]

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.