Kategorie: musiek
-
Hartsbehoefte
Die volgende liedjie is vir my op die oomblik ‘n haak terug na Suid Afrika, my Tuisland. Telkens as ek die lied oor die radio hoor moet ek eers stilstaan, luister en saam sing. Daar is so baie mense wat van hul families en geliefdes afgesny is. Hierdie “song is so werklik en op almal…
-
Woordwarrel: Nog meer spoke
Jou inspirasievonk vir vandag is “spookasem”. Hierdie bloguitdaging handel oor die nuutskepping van woorde, idiome en gesegdes in Afrikaans wat ‘n kultuurverandering kan voortbring of sommer net die leser / aanhoorder irriteer. Hester is steeds besig om te spook met die woord spook. Toe kom spook die woord ook by my die hele naweek. Vanoggend…
-
Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies
Kinderliedjies uit die vroëe kindertyd Dis nat in Nieu Zealand. Die weer is baie stormagtig van gister al af. Dit reën nie net met emmers vol nie maar sommer met vol swembaddens. Dis net water. Trompie hou gladnie van die baie reën nie. Nou knyp hy en hy kyk my met sulke leep oë aan…
-
Maandag=Wasdag 31: ‘n Besondere voorwerp/foto.
Kom skryf saam met my op ‘n heerlike Maandag. Jy het die hele week om jou stukkie te skryf en dan jou skakel in my kommentaar te plak of ‘n pieng-terug te stuur. Ek verander op ‘n Maandag die onderwerp. Lekker skryf en lees. Die volgende persone het lekker saam gesels Appeltjie – Ouma maak…
-
Kersfees musiekkonsert
My vriendin het my so drie weke terug genooi om saam te gaan na n ons eie ‘Hutt Valley Orchestra’. Vandag was toe die dag van die konsert. ‘n Ander vriendin en haar man laai ons op by my vriendin se huis. Ons gaan Petone toe vir middagete, wat heerlik was. Die konsert is in…
-
Boetie sy’s ‘n Perskeblom
Boetie sy’s ‘n Perskblom was en is steeds vir my die lekkerste en mooiste liedjie om volkspele op te doen. In my derde jaar moes ons ‘n ekstra vak doen wat ons nog ‘n kwalifikasie gegee het. Ek het Volkspele gedoen. Die saal waarin ons dit gedoen het was ‘n gimnastieksaal met ‘n plank vloer…
-
Kom dans Klaradyn, S le Roux, Marais
In 1962 het die eerste uitvoering van Marais se operette Lida en die liedjieskrywer plaasgevind. Die werk, met sy ballet- en koor nommers, het ‘n gewilde skooloperette geword. S. le Roux Marais is een van die baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse kunslied. ‘n Hele aantal van sy toonsettings is reeds op plate opgeneem, met inbegrip…