Maandag=Wasdag no 7: Vreugde en/of plesier

Maandag=Wasdag het aangebreek sonder dat ek dit besef het. Verlede week was โ€˜n vol week vir my gewees. Baie gedoen gekry.

Verlede week se frustrasie het โ€˜n paar mooi beskrywings opgelewer.

Toortsie stel toe nogal voor dat ons bietjie oor vreugde kan gesels. Frannie vertel toe ook oor haar oudword frustrasies. Ek besluit toe dat dit ideaal is om โ€˜n bietjie vreugde te bring.

As jy wil saam skryf is jy baie welkom. Ons skryf in Afrikaans omdat ons taal belangrik vir ons is. As jy so voel kan jy jou skakel in my kommentaar plak sodat ander ook jou vreugdes kan lees.

Vreugde en/of plesier

Wat bring vreugde? 

Klein dingetjies wat โ€˜n mens beleef kan baie vreugde verskaf as mens net kyk en luister.

Verlede week se frustrasie oor die album se skroewe wat los gedraai moes word het my vreugde gebring want my seun het hul tjoef, tjaf losgeskroef. Ek kan hierdie verbind aan Frannie se stuk waar sy ook verduidelik van hoe ouer vingers nie meer so goed vasvat nie. My vreugde was groot toe ek uiteindelik my album se bladsye ingebind het. Nou kan ek heerlik verder gaan om my kleinkinders se vreugdetjies in te plak.

Saterdag het ek en โ€˜n vriendin in ons plaaslike biblioteek gaan fliek. Dit was spesiaal vir die ouer wordende mense. โ€˜n Fliek van 1955. Summertime met Catharine Hepburn. Dit was heerlik om so ‘n โ€œskoonโ€ liefdes fliek te kyk en dit nogal in Venesiรซ! Lekker onthou van van die kuiers daar in die gondels.

Na die fliek het ek gou pakkies by my seun afgelaai. Die twee kleintjies was baie bly om Ouma te sien. Die volgende toneeltjie het my baie vreugde verskaf:

Amelia(nou sewe maande) is in haar staan, hang, sit ronde stoel affรชre. Sy wip op en af en kraai van plesier. Ek staan naby haar en beweeg ook soos sy, wat haar nog meer aanmoedig om so op en af te spring. Beatrix(vier jaar) gryp my hande en spring op en af. Sy wou hรช ek moet saam met haar spring. Nou moet jul besef, hierdie Ouma vertrou haarself gladnie om altwee voete in die lug te hรช nie. Ek lig net op, op my tone.

โ€œNee, nee Ouma, โ€ฆโ€ en Bea beduie hoe om te maak. 

Ek lig steeds net tot op my tone.

โ€œNo, hold up your arms,โ€kom dit ewe kontant. Sy gryp my arms en stoot hul in die lug. Terwyl ek met my arms in die lug staan, gryp se my broekspype, omtrent by die knieรซ, aan sykante vas en pluk dit op met die doel om my in die lug te kry.

Wel ons lรช(nie ek nie, ek staan) soos ons lag. Dit was nou ‘n oomblik van kinderlike plesier.

Ek was al by die kar om te ry, kom Bea uitgehardloop, verby haar pa wat net tuis gekom het.

Hy roep nog: โ€œWaar gaan jy?โ€

โ€œEk moet Ouma nog iets sรช!โ€

Sy gryp my vas: โ€œBye Ouma, I love you!โ€ Dit bring baie vreugde as so โ€˜n kindjie dit vir jou sรช.

Watching TV

Baie dankie aan die volgende ouens vir die vertel oor frustrasies:

Christa

Kameel

Kameel – Frustrasie

Toortsie

Tannie Frannie

Maandag=Wasdag 6: Frustrasie


Posted

in

, , , ,

by

Comments

13 reaksies op “Maandag=Wasdag no 7: Vreugde en/of plesier”

  1. Una Avatar

    Janee, daardie woorde voed ล„ ouma siel en bring diepe vreugde.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Netso, en hul doen dinge diep uit die hart.

      Like

  2. Tannie Frannie Avatar

    Kleinkinders is die wonderlikste teenmiddel vir ouderdomsfrustrasie!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nestso, ek wou eintlik iets meer oor die ouderdom se vreugde skryf maar toe was hierdie oomblik vir my meer werd as waaraan ek oorspronklik gedink het.

      Liked by 1 person

  3. appeltjie Avatar

    My vreugdes, my kleinkind, my nuwe huis. Ek moet tyd maak vir skryf!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sulke dinge maak mens so lus om te skryf en dan frustreer dit omdat jy nie daarby uitkom nie. Ek weet hou jy voel.

      Like

  4. Kameel Avatar

    Ag Scrapy dis kosbare oomblikke so saam met die kleinkinders. Toe ek jou uitdaging sien dink ek al waaroor ek kan skryf is kinders… hulle het die meeste lag in my lewe gebring.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis waar, tog as mens verder dink is daar tog ook meer dinge wat vreugde verskaf. Ek wou eintlik n geheel ander vreugde beskryf het maar toe duik die een op en ek kon nie help om daaroor te skryf nie.

      Liked by 1 person

  5. Kameel – Vreugde – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No. 7 […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jou ywerige skrywer.

      Like

  6. Scrapy se wasdag uitdaging: Vreugde – toortsie.com Avatar

    […] verlede week se frustrasieblog, wat ‘n vreugde om oor vreugde te skryf! (Weeklikse bloguitdaging deur Scrapy.) Ek glo, dat selfs in die slegste van slegte omstandighede, […]

    Like

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.