My vriendin het my so drie weke terug genooi om saam te gaan na n ons eie ‘Hutt Valley Orchestra’. Vandag was toe die dag van die konsert. ‘n Ander vriendin en haar man laai ons op by my vriendin se huis. Ons gaan Petone toe vir middagete, wat heerlik was. Die konsert is in…… Lees meer Kersfees musiekkonsert
Etiket: sing
Kom dans Klaradyn, S le Roux, Marais
https://www.youtube.com/watch?v=l2e80N2MZT0 In 1962 het die eerste uitvoering van Marais se operette Lida en die liedjieskrywer plaasgevind. Die werk, met sy ballet- en koor nommers, het ‘n gewilde skooloperette geword. S. le Roux Marais is een van die baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse kunslied. ‘n Hele aantal van sy toonsettings is reeds op plate opgeneem, met…… Lees meer Kom dans Klaradyn, S le Roux, Marais
Blomme Pieter Smit
Dis vrek koud in my geweste. Die suidewind het sy wange bol gemaak en ysige koue hier kom inblaas. Gister nag(Woensdag) het dit op die heuwels gesneeu. Vanoggend misreën dit toe ek met Trompie wou gaan loop. Ek beduie toe vir hom dat hy maar in die tuin sy ding moet doen. Ek het nie…… Lees meer Blomme Pieter Smit
Al die veld is vrolik
Dit was’ n stormagtige paar dae gewees hier in NZ. Die winter wil maar nie regtig deurbreek nie. Tussen die bewolkte dae was daar heerlike warm dae gewees. Dit het gemaak dat ek die volgende liedjie gesing het(in my gedagtes) terwyl ek en Trompie geloop het. https://www.youtube.com/watch?v=1QQ_k81PKT0 Lekker luister!