Uitdaging 1

Welkom aan almal wat hul wasgoedjies gewas het. Nou kan jy dit hier kom ophang om droog te word of om ‘n bietjie lug te gee.
Almal wat Afrikaans skryf is welkom om deel te neem en te kuier. Skryf en dan plak jou skakel asb in by kommentaar sodat ander skrywers/lesers ook kan lees wat jy te se het.
Eerste uitdaging woorde:
Storm, skoene, besittings, teebos, swem
Jy kan al die woorde, net een of twee en selfs gladnie een gebruik nie. Geniet net om in Afrikaans te skryf.
Teebos is my woord.
Ek was en is nog nooit regtig ‘n tuinier nie. My belangstelling is meer in natuurlike plantegroei en ook natuurlik dierelewe.
Aangesien ek altyd ‘n tuin gehad het was dit vir my ‘n hele inspanning om onkruid uit te trek, beddings om te dolwe en dan om gras te sny. Dis egter heerlik om die tuin te beleef as alles netjies en agter mekaar is. Ongelukkig is dit nie so maklik nie.
My man was ‘n tuin en plante mens gewees. Hy het egter in siklusse van tuinmaak en nie tuinmaak gelewe. Daardie nie-tuinmaak tye het my nogal gepla want alles was verwaarloos tot hy weer voel dis nou tyd vir ploeg en plant.
Eendag kon ek ‘n struik uitsoek vir ons eerste tuin in 1983. Ek het meer van ‘n permanente boompie of plant wat min onderhoud nodig het gehou. My keuse het op ‘n Teebos geval. Die bos het die fynste ou, pienk met rooi randjie, blommetjies gehad. Die bye was baie lief daarvoor. My Teebos het baie gesukkel om aan die groei te bly omdat die tuinier nie regtig in my struikie belang gestel het nie. Dit was volgens hom altyd ‘n ou minderwaadige struikie. Tog het ek in die stillegheid hom vertroetel. Die struikie het, soos sy versorger, die pyn en storms van die lewe oorleef vir die dertien jaar wat ons daar gebly het. Ek weet nie of hy nog daar is nie maar die bossie het my baie vreugde verskaf. Na elke winter was die bossie/struikie telkens weer in volle kleuredos van bloeisels getooi .
Die lekkerste van alles is dat vandag(2019) ek oral teebosse in tuine sien. Elke lente is hul oortrek met bloeisels. Hier groei hul ook wild. Hul is bekend as Manuka struike(trees). Ons het ook in NZ manuka heuning wat ‘n baie goeie helende effek het. Veral onder die ouer mense bly die heuning steeds nommer een vir verkoues. Dit word ook uitgevoer omdat dit van uitstaande gehalte is.
Lekker skryf. Tot volgende week Maandag en nuwe woorde.
Laat ‘n boodskap