Kategorie: Sommer net
-
Dag 10 in my omgewing met ons Lock Down 03/2020
1 April. Dag 10 My plan was om ‘n ernstige stuk te skryf oor hoe my dag verloop maar het daarteen besluit. Ek gaan sommer los en vas skryf oor dinge wat gebeur waar ek hier in afsondering sit. Eerste is dankbaarheid dat ek nog gesond is en elke oggend kan gaan stap. Nie slenter…
-
Griekeland in krisis 1974
Die groep van 120 is verkeerd ons was net 72 waarvan ons 36 in Griekeland. Terugblik op 1974 Ek besef hierdie “Lock Down” in Maart 2020 en Corona virus is baie ernstiger as die posisie waarin ek in 1974 beland het met die sluiting van Griekeland se grense. Tog het dit ‘n blywende indruk gemaak.…
-
Aandagafleibare kind. Eie ondervinding
Na aanleiding van Toortsie se inskrywing oor ADHD , voel ek om te vertel oor die ondervinding wat ek hierdie week opgedoen het met ‘n seuntjie, wat ek J noem. Vooraf inligting: Hierdie kind is ‘n riller. As ‘n mens nie ‘n bietjie van omstandighede weet nie kan ‘n mens glo dat hy regtig die…
-
Belangrikheid van neerpen (journaling)
Ek het in Mei saam met HesterleyNel een-en-dertig dae, aantekeninge in ‘n dagboek gemaak. Om ‘n dagboek aan te hou help om ‘n skryfritme aan te leer, asook om jou gedagtes te ontleed en uit te sorteer. Drie redes hoekom neerpen(journaling) en ‘n dagboek so belangrik is. Eerste Rede: Neerpen dien as ‘n vingerwysing om…
-
Kersfees musiekkonsert
My vriendin het my so drie weke terug genooi om saam te gaan na n ons eie ‘Hutt Valley Orchestra’. Vandag was toe die dag van die konsert. ‘n Ander vriendin en haar man laai ons op by my vriendin se huis. Ons gaan Petone toe vir middagete, wat heerlik was. Die konsert is in…
-
Ongeluk oppad skooltoe
Vir n paar oomblikke sit ek doodstil in my motor na ek by die skool geparkeer het. Ek begin bewe van ontsteltenis. ‘n Paar snikke ontsnap oor my lippe. Ek klim uit en stap kantoor toe om in te teken. Ek kan die snikke nie keer nie. Sandra die sekretaresse kom bekommerd nader. Met rukke …
-
Avontuur op die plaas deel 5
Vrydag Dis bibber koud vanoggend. Die ryp lê spierwit op die gras dit lyk of dit gesneeu het. Trompie gaan uit vir eerste pieps en kom weer in. Ek stort en trek aan . Eet my pap. In die tussentyd is daar geen skaap te sien nie. Trompie bly rusteloos. Ek laat hom agter uit…
-
Avontuur op die plaas deel 4
More, Maandag, is dit weer terug hok toe na twee weke se vakansie. Die laaste skof vir 2019. Deel 4 van die avontuur op die plaas.Ek is vanoggend nou al weer by Vrydag en het nie gister se stories vertel nie. Donderdag oggend hoor ek weer skape blêr op ‘n afstand. Ek het besluit om…
-
Avontuur op die plaas deel 2 en 3
Deel 2 Die tyd vlieg verby en ek moet eintlik daagliks skryf oor al die mannewalise. Ek kan nie meer so goed onthou wanneer wat gebeur het nie. Ek het Dinsdag more betyds opgestaan omdat ek dorptoe wou gaan. Ek het my goeie vriendin belowe dat ek haar steeds vir ‘n koppie tee gaan ontmoet. …