Hierdie is net ‘n paar avonture wat ek daagliks of gereeld ondervind.
Lieveheersbeestje (dis hoe my Hollandse ouers hul noem)
Die wasgoed het lekker droog geword in vandag se sonnetjie. Ek draai die t-hemp om sodat regte kant buite is om dit op te vou.
My mond hang oop in verwondering.
“Haai, Lieveheersbeestje, wat maak jy hier op my t-hemp?
Kom, klim op my hand, dan vat ek jou buite toe.”
So gesê, so gedaan. Hy wil net wegvlieg. Ek vou my ander hand vinnig oor hom. Gaan voordeur toe en maak deur oop.
“Daar’s hy, nou kan jy gou voor donker tussen plante wegkruip.”
Hy neem ‘n aanloop teen my vinger op en sprei sy vlerkies en weg is hy.
“Ladybirds” beteken voorspoed en welvaart.
Klein miertjies
Hier in NZ is die kleinste klein amper deursigtige miertjies wat inkom as daar groot weer of reën oppad is. Dis ‘n belewenis om hul te sien werk. Dit woel en werskaf, heen en weer. Hul vertel mekaar waar daar nog eetgoed is en waarheen hul dit moet dra. Dan na ‘n paar dae en die reën is erg is daar geen mier te sien nie. Ek hou daarvan om die miere dop te hou en ook te weet dat daar beslis slegte weer oppad is. Ek laat natuurlik nie toe dat hul in my kaste ingaan om daar nes te skop nie. Hul kan op my kombuis blad kom kos kry, en dit is dit.
Weta
En toe byt hy my.
Een namiddag, na ons woeste weer, maak ek my voordeur oop om te gaan stap. In die hoekie net buite die deur sit ta en wag dat hy kan inkom.
“Nee wat boeta, jy gaan nie in my huis nie. Kom, klim op my hand dan vat ek jou die tuin in.”
Die voelers voel, agterbene skiet op om my te skop en sy kake klak-klak om my af te skrik.
“Okay man, kalm bly ou. Ek gaan niks met jou maak nie. Jy vertrou my nie maar jy sal sien als gaan regkom.”
Keer ek eenkant beweeg hy anderkant toe. Hy’t nie lus om op my hand te klim nie. Na ‘n paar probeerslae is hy op my hand. Hy is so lank as my vinger. Hy bly probeer om weg te kom deur daai getande agterbene op te skiet en sy kake te klak. Ek praat mooi met hom en soetjies. voetjie vir voetjie, loop ek met hom op my oop hand. Onthou ek het nie my kierie om my te ondersteun nie en moet versigtig loop en dink wat ek doen om nie te vries nie.
By die bedding met plante wou ek hom afskud. Ongelukkig bly hy aan my hand vasklou. Elke beweging wat ek maak, maak hom onrsustig en reg om my te byt.
Ek skud my hand vinnig om hom af te gooi. Ongelukkig is hy toe vinniger as ek…
En toe knyp hy my vinger dat daar twee gaatjies in my vinger is.
Blikskottel!
Ek het die “wonde” ontsmet vir ingeval jy dalk vuil kake gehad het.
Black birds.
Die sogenaamde Black birds is onbekend vir my gewees in Suid Afrika. Ek het nagelees en sien die Europese Blackbird is beslis nie in SA bekend nie.
As ek soggens vroeg my tee maak kan ek uit my venster sien hoe die Blackbirds aangaan op soek na erdwurms. Omdat die beddings lekker kompos grond het is daar gedurig ‘n gevroetel in die grond. Dis meestal ‘n mannetjie en wyfie wat sekere dele van die tuin beset. Daar is gedurig ‘n gejaag om indringers, wat eintlik hoofsaaklik die ouerpaar se jongelinge is, weg te jaag.
Om terug te kom op die wurm soekery.
Daar word met die bek, hardhandig tussen die blare en bas gekap. Dan word die voetjies gebruik om die ekstra bas weg te trap terwyl die bek aanhoudend in die grond pik. Die kappery en geskroppery maak dat erdwurms boontoe kom en dan is dit een of twee pikke en wurm is ingesluk. As daar klein voëltjies is word bekke vol wurm nes toe gedra.
Alles terwyl ek rustig my koppie tee staan en drink.
Chinese.
Ongelooflik hoe luiddrugtig die Chinese is. Omdat ek op ‘n terras bokant die nuwe wooneenhede bly, hoor en sien ek die mense elke dag en selfs laat aand ook. Daar is seker so vyf of ses Chinese wat elk ‘n eie eenheid met een slaapkamer het. Daar is gedurig van hul vriende wat kom kuier of help om kos te maak. Die klomp vroue hier gaan meestal per bus dorp in en word met tye deur ’n vriend wat ‘n motor het, teruggebring. Die vriende ry die bestanddele wat hul voorberei vanaf winkels aan tot hier.
Ek hoor meestal ‘n motor parkeer, en sodra die deure oopgaan en ’n klomp uitklim, is dit ‘n babelse kabaal, soos hulle nie net met mekaar praat nie, maar ook sommer met ouens wat verder weg bly.
Dit gebeur daagliks, nie net soggens vroeg of saans nie maar deur die dag ook.
Appendex
LADYBUG
A ladybug visiting or landing on you is traditionally viewed as a sign of good luck, prosperity, and positive transformation, often symbolizing that wishes are about to come true or that true love is on the horizon. It is widely considered a messenger of blessings, spiritual protection, and a prompt to let go of worries and enjoy life’s positive changes.
BLACK BIRD
The Eurasian blackbird (Turdus merula), or manu pango, is one of New Zealand’s most common and widely distributed birds, introduced from Europe between 1867 and 1879. They are familiar in gardens, parks, and forests, recognisable by the male’s glossy black plumage, yellow beak, and tuneful song, while females are brown
NIE REGTIG BLACK BIRDS NIE
Yes, South Africa has many black bird species. Common examples include the glossy Southern Black Flycatcher, the aggressive Fork-tailed Drongo, and the coastal African Black Oystercatcher. Other notable black birds include the Southern Black Korhaan and various cormorants.
WETA
Wētā are large, flightless, nocturnal insects endemic to New Zealand, notable as some of the world’s heaviest insects, often found in trees, caves, or on the ground. Synonyms or related types include tree wētā (pūtangatanga), giant wētā (wētāpunga), cave wētā (tokoriro), ground wētā, and tusked wētā. These insects are considered crucial for ecosystem health.
Lewer kommentaar