Uit my Dagboek 2026 Die eseltjie

Sal ek nou vanoggend koud kry in my bed. Dis nog nie tyd vir winter nie!

My gedagtes gallop skielik weg.

Oor en oor draai die woorde.

Wie onthou nog die gediggie/liedjie?

Onthou jy nog ‘n gediggie/rympie uit jou kinder dae? Laat weet asb.

Die eseltjie

Kapoete kapoete kapat

Die eseltjie ry na die stad

Hy pluk aan sy toompie

en sukkel met oompie

en trek sy twee lang ore plat.

…….

Kapoete kapoete kapout

maar kyk so ‘n esel is stout

Toe roer jou jan dooi

Loop vinnig loop mooi

En klaps kom ‘n raps op die boud.

…….

Kapoete kapoete kapat

Maar nou laat so ‘n eseltjie spat

Dit spring en dit skop

En dit wip agter op

En oompie le plat in die pad.


Posted

in

, , , ,

by

Tags:

Comments

10 responses to “Uit my Dagboek 2026 Die eseltjie”

  1. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Ek onthou, Scrapy!👏👏

    Liked by 1 person

  2. seegogga Avatar

    Dankie hiervoor! As kind was dit een van my gunstelinge, maar ek het lankal daarvan vergeet! Goed jy het dit weer onthou

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit het skielik net opgeduik. Toe dink ek ook aan Jan die Groenteman.

      Like

      1. seegogga Avatar

        daar kom Jan die groenteman, al tingelinge deur die straat.

        Jy kan dit gerus plaas. Ek het die woorde vergeet

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja, ja, en trippe trappe, trone, varkies in die bone.

          Liked by 1 person

  3. angelswhisper2011 Avatar

    MOL…ik kende het gedichtje niet, maar is heel grappig😹Double Warm Pawkisses for a Happy Day, Ineke en veel liefs🐾😽💞

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir die lees. Is beslis grappig met eseltjie wat skop en oompie wat in pad le.

      Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai Avatar

    aitsa jy onthou goed … ek weet nie eers wat ek waar gister neergesit het ;0

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Oefening suster, oefening. Of te wel terwyl jy doit het/kan moet jy dit gebruik.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.