Kwarteltjies, blackbirds, bellbird
Deur my kombuis venster aan agterkant van die villas is daar weer ‘n ander gesig. Daar is ‘n heup-hoogte muur wat gebou is om die bult af te werk vir die behuising. Daars ook ‘n bedding aan die muurtjie se kant. My buurman het besluit om weer groente in potte te plant en het ook Afrikaners een-een geplant wat nou besig is om knoppe te vorm. Hy gee die plante elke dag water, veral in middae omdat die son baie warm is.
Anderkant die bedding is daar struike en bolplante wat vir my baie aan swaardlelies laat dink net baie kleiner blommetjies. Blommetjies is bv ook almal oranje. Daars ook ‘n fuchia wat al goed gevestig is wat rooi trossies ballerinas het wat dans in die briesie wat ook altyd teenwoordig is hier in NZ.
Daar is gewoonlik ‘n blackbird ouer paar wat naarstiglik na erdwurms soek om hul kinders te voer. Hul het goeie werk gedoen. Daar is nou ‘n amper volgroeide blacbird wat ouers pla om nog steeds vir hom kos te gee. Teen twaalf uur soggens is ouers meestal stokvlou en warm van al die gejaag. Die kleintjie bly hul steeds agtervolg. Veral die mannetjie hou niks van die kind wat so agter sy vrou(ma) aan hardloop en skreeu nie. Hy probeer kind verwilder. Alles verniet.
Dan is hier ook kwartels (California quails, familie van fisante) Die kwarteltjies is te dierbaar vir woorde. Die haantjie het bv ‘n langer en groter veer wat uit sy voorkop groei wat altyd ewe trots en uitdagend wys dat hy mee rekening gehou moet word. Hy is ook meer kleurvol en duideliker uitkenbaar. Die hennetjie is meer skugter. Sy het ook ‘n veertjie op haar koppie. Die veertjie staan nie so regop as haantjie s’n nie. Sy is ook baie vaaler van kleur.
Hier was in die lente ‘n kwarlet ouerpaar met sewe kuikens. Pa, het meestal op wasgoed draad gesit en kraai ‘Chi-ca-go’, en waarsku as daar gevaar is. Een kraai en almal is skoonveld. Nou is almal groot. Ouers en van die sewe is nie meer veel te sien nie. Hier is wel ‘n haantjie en hennetjie wat steed hier kos soek. Vanoggend het die hennetjie hier voor my venster rond geskarrel en tussen plantegroei verdwyn. Ek wonder of sy dalkies ‘n nes daar het. Die haantjie het bietjie later ook in die bosse verdwyn.
Dan die laaste wat op die lysie van dinge uit omgewing is, is ‘n hasie. Hy het reeds heel wat gegroei vandat ek hom gesien het. Hy is soos ‘n stout kind. Smiddags is dit huistoe gaan tyd. Hy kom dan van links, dis nou as ek in my voordeur staan en kyk.
Hop, hop, van struik tot struik telkens in koelte. Dan moet hy die sypaadjie oorsteek en ‘n stuk van die grasperk voor hy weer tussen plante kan inkom. Meestal as hy oppad is sal ek vir hom se: ‘Wat maak jy? Waar’s jou ma?” Dan laat wiel hy na naaste plante.
Drie tellings later hop hy verder op grasperk. Nes hy verby is sal ek vir hom se: “Huistoe jou stouter,” en klap my hande. Dan hol hy dat hy so klein word na sy ma wat bo op die hoogtetjie vir hom staan en wag. Klein rakker.
Die tuinier vertel my dat daar vier hasies is. Sy het te vertelle dat sy en die “chief in charge” elke hasie ‘n naam gegee het. Nie dat hul die verskil kan sien en wie is wie nie. Wel ek weet nie of ek elke keer dieselfde outjie sien nie. Hul lyk mos almal dieselfde. Wat tuinier se is: ‘Moenie bekommer nie, volgende seisoen is daar vier en twintig hase.’ Ek het so ‘n gedagte dat daar dan ook nie veel van die tuin sal oor bly nie na hul klaar hier rond beweeg het.
Net ter afsluiting. As ek so soggens en laat middag stap, hoor ek Bell birds wat ‘n skaars voeltjie is. Hul roep mekaar vanuit die bome en ruigtes van die heuwel om my.
Die natuur is ‘n wonderlike plek om net stil te wees en te luister wat om my aangaan. Ek is dankbaar om steeds te kan loop en te hoor.
Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord