Van uit my voordeur.

Voor my voordeur

As ek my deur oopmaak word ek begroet deur ‘n son wat van krag tot krag gaan wees. In die bedding teen die buite loopvlak en reeling blom die agapanthussen vol koppe blommetjies wat oopvou om ‘n wit blommetjies bol te vorm. Daar is ook ‘n ou bekende tipiese ligte blou kleinerige een. Net een bloue op die kant van die see van wit blomme. 

In die bedding is ook stamrose. Die stokke is stokoud en vol mos. Hul het die mooiste rooi rose. Voor my deur is daar ‘n diep rooi ene met ‘n effense ligter perserige skynsel. Daars ook op die een end van bedding ‘n diep, diep rooi roos. Ek het vanoggend een knop gepluk om op my tafel, waar ek verf en eet, te sit. 

My oe beweeg na regs, daar is ‘n see van geel en oranje Afrikaners. 

Die gras is die week netjies gesny. Ons bestuurder is ‘n besonders vrou. Sy gaan voluit met als wat sy aanpak. Sy is een van daardie klein botteltjies met gif(energie gif). Sy hou ook daarvan dat als netjies in rye of in gelit moet wees. Die tuinier het die Afrikaners geplant. Sommer net gevat en bedding vol geplant. Geel eenkant en oranje die ander helfte. 

Die tuinier en bestuurder het saam die beddings vol geplant. Terwyl tuinier haar Afrikaners plant het bestuurder netjies ‘n tou gespan sodat die plante presies ry vorm. Sy het rooi wit en pienk begonias geplant. Netjies uitgemeet, drie rye pink, drie rye wit en drie rye rooi. Noudat almal blom is dit ook ‘n digte massa van kleur wat in stroke bymekaar aansluit. Terwyl sy so besig was met haar uitplant het die tuinier klaar bedding vol bont kleurige vygies en dan ook die Afrikaners geplant. 

Die twee vroue het ook aan die straatkant waar ronde beddings in grasperk is, blomme geplant. Een sirkel met malvas getooi in rooi, pienk en wit, netjies in gelid. Een met pienk en rooi begonias. Daar was nie meer wit begonias gewees om tussenin te sit nie. Derde sirkel het oorskiet geel Afrikaners met hier en daar ‘n rooi malva gekry.

Alles, soos in regtig elke plant, is op oomblik in volle blom.

As ek verder op kyk na die heuwels rondom my. Die reservaat, dig begroei met ou hoe bome en reuse varings. Daar is ‘n wandelpad. Ek kan ongelukkig nie meer daar loop nie omdat dit nogal stywe klim is om bo te kom en steil weer af te kom. Ook genoeg boomwortels wat mens kan pooitjie.

Ek kan nie help om my oe op te hef na die hemel en dankie te se aan ons Vader vir die geleentheid om sulke pragtige tonele te mag sien en beleef nie.


Posted

in

, , , , ,

by

Tags:

Comments

3 reaksies op “Van uit my voordeur.”

  1. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Dit vul my hart met vreugde om te weet jy is gelukkig in jou nuwe tuiste, Scrapy. Die tuine daar om jou klink hemels.❤️

    Like

  2.  Avatar
    Anoniem

    en so is ons almal net onsself. Of dit in reguit rye is, en of dit deurmekaar getooi is. Die eindproduk is wat saakmaak.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis, baie mooi gestel. Dankie vir jou inloer. Mag ek vra wie dit is asb?

      Like

Lewer kommentaar op Una se gedagtes Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.