‘n nuwe jaar 4/01/2026
My geliefde man het altyd gese: Die pad na die hel is uitgele met goeie voornemens.
Daarmee kan ek ook nou saamstem want ek het myself belowe om op my blog te skryf. Wat het daarvan gekom? Drie stukke geskryf en dis al. Baie verskonings. Niks help nie. As jy iets belowe moet dit gedoen word.
Hier in die ‘Village’ gebeur daar so baie dinge. Daar is net nie genoeg ure in ‘n dag om nog neer te skryf wat gebeur nie. Ek maak net met tye vinnig ‘n paar aantekeninge in my dagboek en dit is dit. Gelukkig geniet ek elke oomblik van dat ek my oe soggens oopmaak tot ek my paar uurtjies slaap,slaap snags. My slaap het beslis verbeter noudat daar nie allerhande onderbrekings en handelinge is om my te onderbreek nie.
‘You lose it if you don’t use it’
Dis so waar soos parra manel dra.
Ek het die afgelope maand nie veel geskryf nie. Weens my skootrekenaar wat finaal die gees gegee het, het ek gladnie moeite gedoen om regtig te skryf nie. Ek het wel heelwat neergeskryf. Nou gaan ek hopenlik die inligting waaroor ek geskryf het invoeg in my skryfwerk.
Met my vinger spiere het daar nou probleme gekom(tong in die kies). Ek gebruik mos hoofsaaklik my regterhand se wysvinger om te tik. Vandag is my vingers, na die wysvinger, seer want hul buig mos onder my hand in as ek so tik. Nou sit ek met seer vinger spiere.
Daar is egter geen simpatie van my kant af vir die seer vingers nie. Tik, sal ek tik.
Noudat NaNoWriMo nie meer bestaan nie het ek ‘n ander plek gekry wat vir ‘n maand lank elke dag ‘n stuk van ten minste 500 woorde voorskryf. Dis makliker om te doen as NaNoWriMo se 1600 woorde per dag om aan die einde van die maand 50000 woorde te skryf.
‘JanYourStory’ het ek verander na
JanJouStorie (Januarie Jou Storie)
Ek gaan probeer om elke dag ‘n stuk te skryf en hier te plak. Jy mag gerus maar jou pen of skootrekenaar bring en saam skryf. Net vir die lekker en om mens weer in ‘n roetine te kry om daagliks iets te skryf. Hierdie skrywe gaan hoofsaaklik oor jou eie ondervindings of te wel jou onthou van hoe dinge is of selfs vroeer was.
VERSKOON MY ASB: KAN IEMAND GROOT ASB VERDUIDELIK HOE MENS TWEE KOLLETJIES OP DIE e VAN REeN, ASOOK DIE ^ OP DIE e VAN Se SIT?
Ek het reeds drie stukkies geskryf. Dag een 312 woorde, dag twee 612 en dag drie 698(baie in my skik met gister s’n)
Vandag, dag vier, gaan hopenlik ook genoeg woorde gee as ek als wat ek nou kwyt raak hier tel.
Gister se storie het ek my eerste ‘draf’(afrikaans asb) geskryf vir my Skryfskool se tweede taak. Ek moet nog aan hom werk want dit moet/ kan 1000 woorde wees. Ek sal hom hier kom plak sodra ek meer tevrede is met die stuk. Dit gaan oor my nare ondervindings met alarmstelsels.
Die week voor Kersfees en nuwe jaar het die brandalarm drie keer hier afgegaan.
Eerste keer in hoofgebou waar blikstem uitbulder dat die gebou ontruim moet word.
Tweede keer was dit die brandalarm in die waskamer wat aan my slaapkamer grens. Rook het uit tuimeldroeer gepeul.
Derde keer was die alarm hier in my sitkamer wat sommer besluit het om af te gaan. Het hom bygekom met my kierie om hom af te sit. Tweekeer na mekaar (gelukkig het ek gesien hoe my een buurman die alarm afsit in die waskamer. Hy het ‘n lekker dik boomstam as kierie. Elke keer as hy hom afsit en rook styg op gaan alarm af en dan por hy hom met die stok en swets omdat die ding so raas.) Ek waag dit nie om op ‘n stoel te klim met my ou gebeentes nie. Wil nie die ambulans ook nog werk gegee het gedurende die feestyd nie.
‘Never a dull moment,’ hier in my omtes nie.
Groete van huis tot huis. Hopenlik hoor ek iets van iemand. Laat waai met die lekker skryfwerk.
NS: Die volgende belofte gemaak.
I, Ineke, hereby grant myself full and enthusiastic permission to write my memoir,
to tell my truth,
and to take my story seriously.
Signed G M Kruger 2/01/2026
Lewer kommentaar