Uit my Dagboek 2025: Inleiding

16/11/2025

Ter inleiding

Vandag 16 November staan ek met my hoed(wat ek nie eens het nie) in my hand, uit dankbaarheid en nederigheid om hier te kan wees waar ek nou, op amper tagtig jaar, mag wees.

Vanoggend toe ek in die stort staan kom daar skielik gedagtes op wat my laat besef het dat ek regtig weer moet blog. Daar is so baie wat daagliks by ‘n mens verby kom sonder om te besef hoe wonderlik die geleentheid is om te mag lewe en dit ten volle te kan waarneem en geniet.

Ek het ’n maand en ‘n half gelede ingetrek in ‘n “village” soos hul dit hier noem. Dit is spesifiek vir ouerder mense wat besig is om af te skaal, en te vereensaam. Toe ek die dag kom kyk het na die plek het ek geweet – die plek is spesiaal hier vir my. Die mense om my is dierbaar en gee vir mekaar om. Selfs die personeel van “village” gee om vir almal.

My “villa” bestaan uit drie eenhede. 7A is my een-slaapkamer eenheid, 7B is Tui, ‘n stoere gelowige Maori in ‘n “bedsitter” soos dit heet wat ‘n klein sit/slaapkamer is met stort en klein kombuisie, 7C is Don, Tui se ouer broer, ook in ‘n “bedsitter”.

Noudat ek nie weer my bestuurslisensie hernu nie is my onafhanklike lewe daarmee heen. ‘n Hele aanpassing, maar nie regtig ‘n probleem nie. Hier naby my is ‘n aangename vrou wat van Kaapstad af kom wat haar oor my ontferm het. Sy het my al hospitaal toe gevat vir ‘n afspraak en ook dokter en apteek toe. Ons kuier ‘n hond uit ‘n bos omdat ons weet van SA dinge. Telkens is daar weer iets wat ons saam herleef.

Daar is ook Daisy en haar man(Daisy bestuur nie self nie) wat my spesiaal aanry hospitaal toe vir my spraak terapie sessies op ‘n Maandag oggend. Daisy kom ook een keer per week by my tee drink om te kyk of als okay is by my. Dis nou wat ek noem ‘n ware engel wat my help om kop te hou.

Dit dan net kortliks ter inleiding. 

Ek beplan om staaltjies uit my daaglikse lewe en omstandighede hier neer te pen. O ja, amper vergeet ek om te noem. Ek het ingeskryf by Skryfgeheime skryfskool om my Memoirs ‘n goeie stoot te gee om dit te boekstaaf. Baie opgewonde. Het reeds eerste taak aangepak.

Groete van huis tot huis. Tot volgende keer.


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

6 reaksies op “Uit my Dagboek 2025: Inleiding”

  1.  Avatar
    Anoniem

    ons gaan lekker lees

    Liked by 1 person

  2. Tannie Frannie Avatar

    Scrapy, ek is so baie bly om al jou goeie nuus te hoor! Sien uit na jou vertellings.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie, ek hoop om nou regtig bietjie uit te spring en te skryf.

      Liked by 1 person

  3.  Avatar
    Anoniem

    ek kan nie wag nie!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jy het gelees. Bly jy is hier by my.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.