Ek dink terug

Skielik het ek besluit om bietjie tussen my skryfsels te grawe en kom toe op die volgende af:

2024/11/20 Waterverf Klas

Die verfklas het nou twee maande agter die rug. Die vier dogters sien nog steeds daarna uit om Dinsdagmiddae saam met my verfkwaste op te tel en ‘n uur lank hul uit te leef. 

Ons het September ‘n goeie vier weke gehad as oefenlopie om te kyk of die belangstelling gaan hou. Die lekkerste daarvan is dat daar met opwinding na elke Dinsdagmiddag uitgesien word.

Gister was dit weer so. 

Ek sorg voor die tyd dat hul tafels reg is om dadelik te kan begin. 

Plastieste tafeldoekies, 

lap om kwaste aan af te vee, 

twee waterhouertjies staan reg om water te kry, 

papierhandoekie vir water opvee of verf op te suig, 

verfhouers, 

‘n ronde kwas en ‘n plat kwas en 

sie daar. Als reg vir verf uurtjie.

Die skoolklok lui. (Ek gebruik goedgunstelik ‘n leë klaskamer by die plaaslike skool) 

Die meisies kom met spoed ingewarrel. 

Elkeen sit skooltasse teen die muur neer en trek skoene uit. Hul maak die twee houertjies vol skoon water.

In afwagting sit hul en bespiegel wat ons gaan doen. Beatrix vertel meestal voor die tyd wat ons gaan verf.

Hierdie keer was dit veronderstel om ‘n geheim te wees want ons het laas week besluit om boekmerke te verf. (Ek het dit verander omdat hul nie vreeslik opgewonde was daaroor nie)

Verlede keer het ons ‘blob’ honde en katte geverf. Hul het dit baie geniet.

Hul raai toe wat ons gaan doen. Dit kom toe uit dat Beatrix op die ou end tog gesê het dis voëltjies.

“Vandag verf ons blob hoenders en voëltjies.” kondig ek aan. 

Hul Oooo en Aaaaa vir my voorbeelde.

Eerste wat hul moet doen is om die verf wakker te maak met water. 

Ek wys hoe hul weer hoe die blobs gebruik word  om vandag se verfwerk te doen om die regte effek te kry. Daarna word eers op ‘n oefenpapier geoefen, voordat hul begin om hul skilderstuk te verf. Vandag het hul vir die eerste keer op regte waterverf papier geverf. Ons het tot nou toe “mixed media” papier gebruik. 

Elkeen is verdiep in hul eie werk. Dit gesels tussenin en moedig mekaar aan(en irriteer mekaar.) 

Die tyd het ons gevang en hul projek was nog nie klaar toe vier uur aanbreek om op te pak nie.

Ek dink daaraan om volgende week abstrakte verfwerk te doen sodat daar nie probleme kan wees met perfekte resultate nie. Die outjies wil perfekte werk doen. Dis moeilik om hul te laat verstaan dat dit nie oor perfek gaan nie. Alles gaan oor elkeen se eie manier, gevoel en siening hoe hul dit aanpak en uitvoer.


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

10 responses to “Ek dink terug”

  1.  Avatar
    Anoniem

    Lekker hoe jy hulle lewens aanraak. Dankie

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, dis die moeite werd.

      Like

    2.  Avatar
      Anoniem

      so lekker, hierdie saamverf. Ek hoop jy verf steeds, want jy doen dit pragtig

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Dankie, Seegogga(ek dink dis jy) vir jou mooi woorde. Ons geniet elke oomblik saam. Ons is nou al soos intieme vriende so al verwende.

        Like

  2. sandreyerskryf.wordpress.com Avatar

    Hoe wonderlik het jy ander se lewens aangeraak. Hulle sal dit nooit vergeet nie!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hul vra nog steeds wanneer ons weer verf. Ek’t nie gedurende winter dit gedoen nie omdat daar te veel siekte kieme rondvlieg in ‘n skool. Toe het hul klas se ingang toegemaak omdat hul parkeerplek gebou het.

      Like

  3. Tannie Frannie Avatar

    Wonderlik om te lees hoe ‘n ware onderwyseres te werk gaan!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie vir jou mooi woorde. Skoolhou gee so baie aan mens terug sonder moeite.

      Liked by 1 person

  4. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Jy het inderdaad ñ talent om met die kinders te werk, Scrapy.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie ,Una, dis ongelooflik bevredigend vir my op hierdie stadium van my lewe.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.