Wat het ek reeds bereik in 2024?

Een van my skillshare onderwysers https://www.mygiantstrawberry.com/ by wie ek begin het om waterverf te doen het eenmaal per maand ‘n lekker nuusbrief. Sy gee ook altyd ‘n paar skakels na interessante artikels, raad vir liggaam en siel, tuinmaak en natuurlik waterverf kunstenaars wat heerlike leesstof het.

Hierdie keer het sy die volgende gesê (ek gee ‘n rowwe vertaling)

Die jaar spoed vinniger as ooit na sy einde toe. Dit help om vir ‘n oomblik  terug te keer na haar/ jou doelwitte en voornemes vir die afgelope jaar

Sy vra die volgende vrae:

  • Wat het jy die jaar reeds bereik? (Vier die kleinste suksesse ook)

Ek het vrede gemaak met die idee dat ek Parkinson’s se siekte het. Dit was nie op my te doen lysie vir die jaar nie. 

My waterverf het baie verbeter. Ek het ook begin om Dinsdagmiddae vir vier dogtertjies(7-8 jariges) verfklasse te gee.

  • Wat is jou oorkoepelende doelwitte/ voornemens met ingang van nuwe jaar?

Ek gaan probeer om so lank as moontlik my motor bestuur om onafhanklik te kan bly. (Oor twee jaar is ek tagtig en moet ek weer my rybewys hernu.) Ook om kunsklasse te gee tot ek nie meer kan nie.

  • Hoe wil jy hê moet jou dag/dae lyk?

Vreedsaam en in harmonie met almal en die natuur om my.

  • Wat is die belangrikste vir jou/my?

Om my nie te bekommer oor wat more gaan bring nie.( Bekommernis en angstigheid vererger my simptome.)

  • Hoekom wil ek/jy doen wat jy nou doen(of droom oor)?

My brein moet so lank as moontlik gestimuleer word om aan die gang te bly. Dit is hoekom ek oefeninge, hetsy bewegings, kuns uitlewing, dagboek hou, doen om my brein so lank moontlik lewendig te hou.

  • Wat kan ek/jy laat gaan(vir nou of vir altyd)?

Gedurig op my pasoppens wees vir wat moontlik kan gebeur.

  • Wat kan ek/jy anders doen?

Meer uitreik na familie/vriende en vra vir hul.


Posted

in

, , ,

by

Comments

17 reaksies op “Wat het ek reeds bereik in 2024?”

  1. HesterLeyNel Avatar

    Jy het ‘n paar goeie doelwitte vir jouself gestel Scrapy en dit stem baie ooreen met die leefwyse wat ek besig is om te kweek.. Mag dit lank goed gaan met jou en ek hoop jy vind baie vreugde in jou lewe.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, Hester vir jou mooi woorde en ondersteuning.

      Liked by 1 person

  2. seegogga Avatar

    Scrapy, jy het so n positiewe lewensuitkyk. En jy skilder regtig pragtig. My ma was n waterverfkunstenares en het ook parkinson’s gehad. Ons het besluit ,as sy twme veel bewe, moet sy net abstrak gaan. Maar dit het nooit gebeur nue. Op een of ander manier het sy nie gebewe as sy die kwas in haar hand het nie. Baie liefde vir jou.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie vir jou mooi woorde en aanmoediging. Gelukkig het ek nie hand bewings nie(nog nie). Net my spiere wat so styf saamtrek en nie reageer op my brein se sein wat hy kastig stuur om te ontspan. Dis hoekom ek oefen om spiere te gebruik en te ontspan sodat ek nie val nie.

      Liked by 1 person

  3.  Avatar
    Anoniem

    You go girl! Welgedaan jy is ‘n voorbeeld vir ons almal ❤

    Liked by 1 person

    1.  Avatar
      Anoniem

      Oeps dis ek Sus Ek kry nie ingelog nie … sug!

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Dit het by my uitgekom op you blog naam. Kyk of jy my Kreukels en Plooie weer kan volg.

        Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir aanmoediging. Jy moet asb my weer follow dan behoort dit te werk.

      Like

  4. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Dis ñ mooi blog, Scrapy. Jy is positief en jy fokus op vorentoe, ek leer by jou. 🤗

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Una, Elke dag kom met sy eie uitdagings. In ‘n week is daar net meestal twee dae wat als goed gaan. Die ander dae het maar sy eise om normaal te kan beweeg.

      Liked by 1 person

  5. Tannie Frannie Avatar

    Wonderlik, Scrapy – so moedig en besig soos wat ek jou leer ken het hier in Blogland 🥰

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Very slow but still on the go. Jammer vir Eng. maar dit vloei so lekker.

      Liked by 1 person

  6. Aletta - nowathome Avatar

    Ineke jy is so ‘n pragtige voorbeeld vir onns almal! So bly jy leef jou passie uit! Geniet die kunsklasse en wat ook al jy doen! Baie liefde!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie, Aletta vir jou mooi woorde dit maak my dag. Die kunsklas gee my iets om na uit te sien al raak ek doodmoeg om dit te doen. Mooi bly en liefde vir jou ook.

      Liked by 1 person

  7. Aletta - nowathome Avatar

    Dis n lekker moeg daai! Mooi loop Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis ja, na ‘n rustige sit uurtjie voel mens weer mens.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.