Een van my skillshare onderwysers https://www.mygiantstrawberry.com/ by wie ek begin het om waterverf te doen het eenmaal per maand ‘n lekker nuusbrief. Sy gee ook altyd ‘n paar skakels na interessante artikels, raad vir liggaam en siel, tuinmaak en natuurlik waterverf kunstenaars wat heerlike leesstof het.
Hierdie keer het sy die volgende gesê (ek gee ‘n rowwe vertaling)
Die jaar spoed vinniger as ooit na sy einde toe. Dit help om vir ‘n oomblik terug te keer na haar/ jou doelwitte en voornemes vir die afgelope jaar.
Sy vra die volgende vrae:
- Wat het jy die jaar reeds bereik? (Vier die kleinste suksesse ook)
Ek het vrede gemaak met die idee dat ek Parkinson’s se siekte het. Dit was nie op my te doen lysie vir die jaar nie.
My waterverf het baie verbeter. Ek het ook begin om Dinsdagmiddae vir vier dogtertjies(7-8 jariges) verfklasse te gee.
- Wat is jou oorkoepelende doelwitte/ voornemens met ingang van nuwe jaar?
Ek gaan probeer om so lank as moontlik my motor bestuur om onafhanklik te kan bly. (Oor twee jaar is ek tagtig en moet ek weer my rybewys hernu.) Ook om kunsklasse te gee tot ek nie meer kan nie.
- Hoe wil jy hê moet jou dag/dae lyk?
Vreedsaam en in harmonie met almal en die natuur om my.
- Wat is die belangrikste vir jou/my?
Om my nie te bekommer oor wat more gaan bring nie.( Bekommernis en angstigheid vererger my simptome.)
- Hoekom wil ek/jy doen wat jy nou doen(of droom oor)?
My brein moet so lank as moontlik gestimuleer word om aan die gang te bly. Dit is hoekom ek oefeninge, hetsy bewegings, kuns uitlewing, dagboek hou, doen om my brein so lank moontlik lewendig te hou.
- Wat kan ek/jy laat gaan(vir nou of vir altyd)?
Gedurig op my pasoppens wees vir wat moontlik kan gebeur.
- Wat kan ek/jy anders doen?
Meer uitreik na familie/vriende en vra vir hul.
Lewer kommentaar op Anoniem Kanselleer antwoord