Verneukspul(scam)

Wil jy nou meer, ek het meer as ‘n maand laas geskryf. Die lewe hier op die plaas lewer so baie op dat daar skaars tyd is om asem te haal. Ook natuurlik nooit dieselfde ding of avontuur nie.

Ek het my verkneukel aan die vertaling van die woord ‘scam’.

Verneukspul.(presies wat die woord sê)

  1. Kry n boodskap van ‘n bank wat ek nie ken nie, op foon, dat my bank die nuwe app suksesvol afgelaai het. ‘n Totaal onbekende bank nogal. Nou kan ek sommer maklik met hul sake doen.
  2. Kry whatsap boodskap: “Hello…” Die gesiggie van die sender is nie by my bekend nie. My seun het hom vir my afgehaal.
  3. My telefoon lui en ek sien dis nie een van my bekende gesiggies nie, ‘n vreemde no wat beslis nie van SA kom nie, of NZ kom nie. Druk hom dood.
  4. Volgende WhatsApp bookdskap:

           “Hello, Mum I lost my phone this is my new number….”

           Die een het net ‘n telefoon no en geen gesiggie nie. (Dink die een eks mal genoeg om dit te antwoord? My kind is hier by my.)

  1. Kry volgende telefoon boodskap dat ek dringend die emigrasie kantoor in NZ moet kontak. Ek skrik my oor ‘n mik.  Die opname speel oor en oor tot ek besef dat dit ‘n scam is wat wil probeer dat ek die nommer bel.

Dit alles in een week. 


Posted

in

, , ,

by

Comments

2 responses to “Verneukspul(scam)”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Goeiste aarde, vriendin, dit is ‘n ongemaklikheid.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie vindingryke ouens wat so in die lug rond doenig is.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.