Amelia en Tamariki viering

Dis Donderdagmiddag na my heerlik persente koop vir Amelia die oggend (sien vorige blog pos -Verjaarsdaggeskenk vir Amelia)

Ek neem my Nanny nap en staan so twee uur op. Net voor drie kom Seunlief verby my kamer: “Gaan Ma saam om Amelia te kry by kleuterskool? Hul het van 3 tot 4 Matariki feesviering.”

“Ja, mooi man.  Dit gaan lekker wees om Lee en Daisy te sien. Ek het hul drie jaar laas in lockdown gesien toe ek Beatrix soontoe gevat het.” 

“Maak gou want ek moet ook eers Beatrix by Gym oplaai.”

“Net gou my ander broek en skoene aantrek!”

Tjoef tjaf, klaar. Rits oppad kar toe my baadjie toe en spring in die kar.

Beatrix opgelaai. Daar’s amper geen parkeerplek oop by kleuterskool nie. Twee plekke oop elk langs ‘n Tesla. Seunlief besluit hy parkeer nie langs so ‘n duur grênd motor nie. Hy ry net ‘n Toyota Prius hybrid! Dis ook middag voor lang naweek. Werk kom vroeg af en ouens gaan eet en drink eers by Brewtown, (https://www.brewtown.co.nz/) voordat hul huistoe gaan of pad vat vir langnaweek.

Dis ‘n hele berywigheid by kleuterskool. Amelia is besig om buite te speel.

“Moenie dat Amelia ons sien nie!” gil Beatrix.

Die gil het dadelik Amelia se ore bereik. Sy spring op en af van opwinding. 

Ons gaan in. 

Amelia skreeu van die deur af: “Oumaaaa!” en gryp my vas.

Daar was baie ouers en kinders. ‘n Hengse lawaai vanuit ‘n ander wêreld. Kleintjies, hol, jol en gil. 

Tradisionele Maori  sop en brood staan reg om te geniet. Daar is ook wortelkoek.

Die sop is ‘n tipe van groentesop. Daars seldery stingels grof gekap, uie, wortels, aartappels ook in groot stukke. Hoender wat gaar gaargekook is, dit is net sulke hoendervleis veseltjies wat in water dryf. Dis beslis ‘n voedsame sop.

Die brood is witbrood en nie te sleg nie. Al wat ontbreek is ‘n bietjie sout in brood. 

Ons het saam met kinders, wat in sandput speel, buite rondgestaan en geëet. Daar was ‘n ou klein seuntjie wat elke keer ‘n mondjie vol wortelkoek en/of brood by Seunlief kom bedel. As wangetjies nie meer opgepof is nie kom hy spesifiek elke keer weer om nog te kry, te dierbaar. Hy het later ook wou hê ek moet saam met hom met sy ballon speel. Ek vermoed sy ouers was seker nog nie daar nie.

Na ons geëet het kon mens fotos laat neem. Beatrix wou net nie stilstaan en het nie geglimlag nie, klein klits. Die twee kinders het elkeen ‘n ballon gekry wat hul vir ‘n ruk lank in die lug opgeslaan en gevang het. Al gillende en springende met disco liggies en harde musiek. Kinders was uit hul nate van al die plesier. 

Dit was nou ‘n lekker luidrugtige vergadering van klein voorskool kindertjies en hul ouers. 

Hier volg ‘n bietjie inligting oor Matariki en die tradisies daarmee saam:

Matariki is the Māori name for the cluster of stars also known as the Pleiades. It rises in midwinter and for many Māori, it heralds the start of a new year.

What are the three principles of Matariki?

The three major principles that guide Matariki are: remembrance — honouring those who have died since the last rising of Matariki. celebrating the present — gathering together with family and friends. looking to the future — looking forward to the promise of a new year.22/06/2023

Why do we celebrate Matariki?

In Māori culture, this marks the new year and is a time of reflection for the previous 12 months and a chance to look ahead. The timing of the celebration is determined by the interplay of both stars and moon.3 days ago

https://en.wikipedia.org/wiki/Matariki

https://en.wikipedia.org/wiki/Matariki


Posted

in

, , ,

by

Comments

4 responses to “Amelia en Tamariki viering”

  1. sandreyerskryf.wordpress.com Avatar

    Dit was nou so interessant om van hierdie fees te lees.
    En die fees van kinderstemme en almal wat saamkuier laat my nou verlang na kleinseun se Oupa- en Oumadag vroeër die jaar! Dit was heerlik! 💖

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jy het dit geniet om te lees. Dis weer ‘n nuwe fees waarmee ek te doen het. Die mense leef hul in in die vierings. Die kleintjies geniet hul gate uit as ouers en ander familie kom om saam fees te vier.

      Like

  2. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Dit klink nou na ñ lekker dag, Scrapy.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Kindertjies het voluit gegaan.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.