Donderdae is ‘my tyd’ oggende. Ek klim in die kar en ry dorp toe of na die winkels(shops) soos hul dit hier noem. Meestal gaan ek Mall toe. Die kunsafdelings van twee winkels is die aantrekkingskrag. Eers gaan kyk ek in Lincraft. Hier is wolle van alle kleure en diktes. Materiaal(waarin ek nie op oomblik belangstel nie) te kies en te keur. Dan natuurlik al die goetertjies vir enige kreatiewe idee wat jy ook al mag hê. Ek is nou op oomblik nog steeds waterverf en kwaste behep. Altyd eers ‘n oog gooi of daar iets nuuts op rakke is. Dan gaan ek The Warehouse toe want hul kuns afdeling is uitstaande. Ek kry altyd iets wat ek kan gebruik. Daarna gaan ek Muffin Break toe en kry ‘n fêta en spinasie muffin met koppie tee(English Breakfast tee sonder melk maar ekstra warm water vir ‘n tweede koppie).
Hierdie Donderdag was dit weer tyd vir ‘my tyd’, maar ek was op jag na iets om vir Amelia te koop. Sy verjaar Saterdag 15e. Mamma het aanbeveel om ‘n boekie te koop vir haar want Pappa kla hy weet nie meer wat om vir haar te lees nie. Lekkerste van als is dat ek ‘n $10 koopbewys by Lincraft het om te gebruik en by Paper Plus, ons boekwinkel is dit op oomblik: koop een en koop tweede een vir halfprys. Te lekker.
Eers kyk ek by Lincraft wat hul het. Mmmm, daars nogal ‘n keuse van oulike boeke. Gaan kyk toe eers by Paper Plus voordat ek besluit. Daars natuurlik tonne boekies. Ek soek spesifiek die boekies wat prentjies het wat ‘n deurtjie of flappie oor het wat kindertjies kan oopmaak en ook raai wat agter deurtjie is. Die keuse is nogal groot. Aha, hiers ou Spot wat ‘n nuwe avontuur het. Amelia is mal oor ou Spot se boekie wat sy by Beatrix geërf het. Die flappies is al foos gebruik en weer vasgeplak. Ek besluit op Who’s there Spot en kry toe Blue waarvan kinders ook baie hou. Dis nie net ‘n boek nie maar ook drie verskillende legkaarte om te bou. Perfek vir Amelia. Terug by Lincraft kry ek ‘n boek met baie diere in, name onderaan geskryf en ook flappies wat oopmaak om ander prentjies van diere te wys of goedjies te tel.
Baie trots op my koop, geniet ek my muffin en twee koppies tee. Terwyl ek my tee drink kom ‘n vrou in met ‘n gidshond. Die kelner lei haar versigtig na ‘n tafel. Eers was daar nie plek vir hond om te lê nie. Nadat die kelner die vrou se loopraam ingeskuif het langs haar gaan lê die hond rustig. Hy hou egter alles om hom dop. Die kelner bring haar eet en drinkgoed. Vat haar linkerhand en wys haar waar koppie is en regterhand waar haar eetgoed is. Dis nou regtig ‘n bewys van omgee vir ander en om geduldig te wees.
Dis so twaalf uur toe ek reg is om weer huistoe te gaan. Beslis ‘n baie vrugbare en lekker ‘my tyd’ gewees.

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord