Geld wat stom is.

5/07/2023

Waarom moet geld tog so belangrik in ‘n mens se lewe wees? My inkomste is werklik onder die sogenaamde broodlyn; tog kom ek elke maand daarmee uit. Sekere ‘luukse’ dinge moet ek voor spaar voordat ek dit kan koop. Dit sluit nou die voertuiglisensie en Veiligheidswaarborg elke jaar in. Ek huur ‘n skeepshouer waar ek my aardse besittings ingepak hou. Betaal nog my bril af (gelukkig dat mens dit kan doen). Gelukkig hoef ek nie losies of huur vir my kamer te betaal nie. Ek is baie dankbaar daarvoor. Die regering betaal  aan pensioenarise vir drie wintersmaande ‘n bedrag vir krag wat baie help. 

Die volgende moes al Woensdag op my blog gewees het. Hier gaat ons nou na opvolg van vorige skrywe.

Ek het in my vorige skrywe die volgende geskryf:

NS: Tot op hede het my pensioen van SA nog nie in my rekening in NZ geland nie.

30 Junie was Vrydag en vandag is dit al Dinsdagaand

Ek stuur ‘n navraag aan GEPF om te hoor of daar inbetaal is. Antwoord kom halfuur later terug.

 “Dis 30 Junie inbetaal. Stuur afskrif van jou bankstaat om te bevestig dis jy wat navraag doen sodat ons kan kyk of als reg is.” 

Nou kou ek naels. Wat gaan aan? Is dit ‘n scam, want die email het geen naam van iemand of niks nie? Ontstel suster Tina toe ek haar vertel. Ek gesels met my kinders. Hul kan ook nie enige raad gee nie. Ek sal tog maar more bank toe gaan en ‘n afskrif van my bankstaat kry, dit scan en instuur. 

Die bekommernis oor wat aangaan vang my toe ek vanoggend(Woensdag) wakker word. 

Wat as?… Dit broei in my binneste. Ek het ‘n paar maandelikse betalings om te maak. Daar moet kos gekoop word. En nog die gym wat ek by wil aansluit sal ek eers moet kanselleer. Sug, wat ‘n gedoente.

Gelukkig kalmeer ek nadat ek my medikasie gedrink het en gestort het. In die stort het die Here my rustigheid gegee nadat ek mooi met Hom kon praat. Dinge het tog altyd uitgewerk op hul tyd. Hoekom nie hierdie keer ook nie?

 Ek was my wasgoed, maak kombuis aan kant en ruil my toilet se saagsels om. Die gedagte om bank toe te gaan bly draai en ek besluit om vanmiddag na ek gerus het te ry. Rustige uurtjie gerus. Skakel my foon aan om nog weer seker te maak of daar ‘n inbetaling is al dan nie.

Verrassing! 

Die geld is inbetaal. Dis of ‘n berg van my skouers afval. 

Dit is nou regtig genade onbegryplik groot. 


Posted

in

, , ,

by

Comments

17 reaksies op “Geld wat stom is.”

  1. seegogga Avatar

    Dankbaar vir jou!

    Liked by 1 person

  2.  Avatar
    Anoniem

    Eish, sulke goed maak my senuwees op!!!!!!!! Wat as dit? Wat as dat? Hou mens ure besig… mens sukkel om oor te gee. Grensloos dankbaar vir jou. ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, die getob maak mens moeg. Baie bly dis opgelos.

      Like

  3. rondomtaliedraair Avatar
    rondomtaliedraair

    Oeps weg is my kommentaar.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het wel by my uitgekom maar onder someone.

      Like

  4. elsabeskryf Avatar

    So dankbaar dis inbetaal. Ek verstaan jou vrees oor skelmstreke. Hier is TE VEEL daarvan in Suid-Afrika. Maar die Vader wat op jou ook afkyk, het gesorg.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankbaar dat dit toe nie ‘n skelmstreek was nie. Dit vat net oneindig lank om hier uit te kom veral met ‘n naweek tussenin. Ek vermoed hul het eers Maandag dit geaktiveer en nie Vrydag al nie.

      Liked by 1 person

  5. Aletta - nowathome Avatar

    So bly dis inbetaal!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek ook, nou kan ek weer asemhaal.

      Like

  6. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag Scrapy, ek is so dankbaar vir jou. Besedrf jouself sommer baie

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, ek bederf my deur weer rustig asem te haal.

      Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie Avatar

    Eind goed, alles goed! Tog so jammer dat mens se inherente vertroue in jou medemens so geknou word deur al die skelmstreke wat gepleeg word. Ek is baie bly jy skryf weer, want ek hoor graag hoe dit met jou gaan.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Stem saam met jou. Dankie dat jy belangstel in wat ek skryf dit beteken vir my baie. Maak my sommer positief voel omdat jy omgee.

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Jy is ‘n kosbare vriendin, Scrapy.

        Like

Lewer kommentaar op Tannie Frannie Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.