1652 GV maak eerste plan

Die Goue Vroue is ñ groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Kliek op die volgende skakel as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang…

https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711

Deel 2

Dis middernag en volmaaan.

Kommandoor Jan, het goedgunstiglik die eetkamer van die fort laat inrig as slaapplek vir die Goue Vroue. Daars geen plek vir die spreekwoordelik muis nie. Die matrassies en komberse lê ingeryg soos sardientjies. By elke koppenend is ‘n valie vol klere van elke vrou. Ongelukkig kan daar net een deftige rok met al sy onderrokke in pas en ‘n gewone elke dag se rok. Ondergoedjies en lekkerruik goedjies het ook ‘n plekkie. Afhangende van elke vrou se geaardheid is daar netjies gepakte valies en dan ook die waaruit alles peul. Die vroue sit in ‘n kringetjie en gesels suitjies verder om nie hul planne weg te gee nie.

Kameel se bene rittel en bewe van opwinding om more by Hendrik Boom uit te kom.

Kameel fluister: “Weet julle, die Hendrik Boom het ‘n sjarmante seun wie se aandag ek reeds getrek het. Hy gaan more vir my na sy pa se huis vat om die blyplekkie vir my te wys. Het een van julle dalkies die verdowingssproei ingepak?”

“Jaaa,” kom dit opgewonde van Trommeltjie.

‘n Eensame hoe-hoe, hoe-hoe, kom op die windjie aangesweef. Soos een vrou is almal onder hul komberse. Swiep, vladder zoei kom van die oop venster af. Ek wat Scrapy is kliek dadelik wat dit is. Gryp my bloomer en skep die vlêrmuis netjies op in sy vlug en smyt hom bloomer en al by die venster uit. “Genade vroue, in vervolg moet ons liewer die vensters snags toe hou!”

Die sonnetjie loer skelmpies oor die laning bome. Die Vroue rek en strek. Van Hunks en die duiwel is besig om lustig te sit en rook vanoggend op Tafelberg. https://af.wikipedia.org/wiki/Jan_van_Hunks

“Ek hoop nie die duiwel sit vir van Hunks ore aan oor ons planne nie,” mompel Seegogga.( so tussen hakies sien ek dat Nelson Mandela ‘n boekie geskryf het oor van Hunks en die duiwel)

Kameel maak reg om haar flikkers te gooi. Sy kan self vertel hoe dit gegaan het om die donderbus in die hande te kry https://en.wikipedia.org/wiki/Blunderbuss

Die baan is oop sodat die poppe kan begin dans. Lolla sal jy asseblief aangaan.


Posted

in

, , ,

by

Comments

46 reaksies op “1652 GV maak eerste plan”

  1. Toortsie Avatar

    Jpu bloomer! Wat gaan jy maak? Ons klere is juis so min!

    Liked by 2 people

    1. Una se gedagtes Avatar
      Una se gedagtes

      Dit kan nogal ñ probleem raak, Toortsie, ek stem. Mens se bloomer is noodsaaklik, en nou het mens net een!

      Liked by 2 people

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Het hom gered vanoggend en gou uitgespoel in stroompie!

        Liked by 1 person

        1. Una se gedagtes Avatar
          Una se gedagtes

          😂😂😂👏

          Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, geheimpie, het bloomer vanoggend vroeg gou opgetel en in stroompie gewas.

      Liked by 2 people

  2. Toortsie Avatar

    Uitstekend geskryf!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie Toorts, het gisternag hele nag rondgerol en allerhande stories bedink.

      Liked by 1 person

    2.  Avatar
      Anoniem

      Wonderlik geskryf, lag ek nou weer oor die bloomer…

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ek ook. Lees toe nou verder van Frannie se bloomer wat aan vlagpaal wapper. Wonder of dit nie dalk Annatjie Boom s’n is nie?

        Like

  3. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Scrapy, Kameel het haar planne reg, lyk dit my. Ons gaan sommer vinnig ñ skietding in die hande hê.

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Presies, sy ken mos van. Gaan nou net die oorhandiging aan volgende en volgende een wees sodat niemand iets vermoed nie.

      Liked by 1 person

  4. Lolla-se-Goete Avatar

    Heerlik. Hier waar ek vanoggend op Tafelberg se voorstoep wakker word moet ek bieg, julle Goue Vroue maak van ‘n saamskryf avontuur nogal ‘n allemintige uitdaging. 😀 Heerlik. Ek is aan’t stuur. 🥰

    🌺Lekker en mooi geskryf Scrapy🩷

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Toemaar jy is vaardig genoeg om lekker kinkel in te bring.

      Liked by 1 person

  5. Dr Christa van Staden Avatar

    O my genade, dankie tog vir jou bloomer, ek word flou as ek een sien. Oulik vertel.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Christa, eintlik het Toorst my daarop wys gemaak dat bloomers is ‘n baie belangrike kledingstuk. Die wat ek toe maar gou gaan optel het voordat iemand met hom wegloop.

      Liked by 2 people

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        O my word! Lag ek nou lekker.

        Liked by 1 person

    2. Tannie Frannie Avatar

      ‘n Bloomer of ‘n vlermuis? 😘

      Liked by 2 people

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Lol, lag ek nou lekker. Vlermuise. Maar seker ook sulke groot bloomers wat ‘n vlermuis kan vang.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Was nie ‘n reuse vlermuis nie en ‘n plain bloomer. Vlieg die gedierte toe reg in die broekspyp af en kon ek hom vinnig toeknoop.

          Liked by 2 people

          1. Dr Christa van Staden Avatar

            Hahaha, broekspype, ek kan my net voorstel

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Hul het mos broekspype met valletjies onder aan gehad en tot bo die knieë gekom.

              Liked by 1 person

              1. Dr Christa van Staden Avatar

                Ek sou versmoor daarin, wonder of party vrouens its anders gekies het? Hulle kon mos klere maak.

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Mode bly mode en dit moet gevolg word. Ek dink party het niks onder aan daardie hope onderrokke aangehad nie. Dink net die borstrok moet hy oor die bloomer of onder bloomer wees.

                  Liked by 1 person

          2. Toortsie Avatar

            Ek skree nou soos ek lag!

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Toemaar ek kan self ook nie ophou lag as ek die prentjie so oproep nie.

              Liked by 1 person

  6. appeltjie Avatar

    Ek wonder wat uit van hunks se mis gaan kruip

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hy was darem ‘n paar jare na Jan se aankoms bedrywig. Moet sy oupagrootjie wees en hul kan nogal allerhande dinge uitdink met die twak wat hul gebruik.

      Like

  7. Positief Avatar

    Lekker lag ek vir jou wat sommer so daai vlermuis kafdraf met die bloomer en dan ‘n slapelose nag beleef oor die gebrek aan onderklere. Die goue vroue is enig in hulle soort

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Enig beslis. Gelukkig het ek darem my pejakkies se broek die nog kon gebruik.

      Liked by 1 person

  8. Tannie Frannie Avatar

    Ag Scrapy, dankietog dat jy die gedierte onderskep, oftewel verbloomer het 😄

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, kom nou eers op jou goeie beskrywing af. Lag weer van vooraf. Verbloomer van alle dinge!

      Liked by 1 person

  9. trommeltjies Avatar

    Nou is dit ń verbloomerde vlermuis en ń koue boud Scrappy. Nou moet Kameel net haar Camilla sjarme oopdraai. Dankie Scrappy lekker gelees

    Liked by 1 person

    1. Toortsie Avatar

      Die bloomerste vlermuis!

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Haha lekker rol die woord in die mond.

        Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jy het geniet. Darem kombersie vir die nag gehad. Kameel weet van.

      Like

  10. seegogga Avatar

    Blooming bloomer! Ek is clueless met hierdie storie. En dis al amper my beurt!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, nee wat, maak jou oë toe en laat jou lagspiere werk en sie daar daar pop iets uit.

      Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Nou ja, daar gaat ons weer verder.

          Liked by 1 person

    2. trommeltjies Avatar

      En dit is jou beurt😱🤪

      Liked by 2 people

  11.  Avatar
    Anoniem

    Ek is vrekbang vir ‘n vlermuis. Hoe het julle my gelawe nadat ek flou neergeval het? Lekker skrywe Scrapy.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sommer al die floues op ‘n bondel getrek en met waterbottel by gebring.

      Like

  12. Sestien Vyf twee … troue! – toortsie.com Avatar

    […] so onkuis met klere omgaan wat ‘n mens nie eers noem nie! Hierdie een”, en hy wys na Scrapydo, het daardie onnoembare vroulike kledingstuk sommer by die venster uitgegooi en daardie een […]

    Like

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: