Behoefte van my hart. Die beste.

Nadat ek Aletta https://nowathome.wordpress.com/ se vinkies in die boom gesien het kom die woorde skielik by my op:

Hoog bo die water skommel die vinkies

Versamelde gedigte

(1980)–C. Louis Leipoldt

Die Beste C L Leipoldt
 Geil lusern in die laagste landjie; Geil groen blare en blomme blou; Aalwyn rooi op die voorste randjie, Rooi soos bloed teen die rotse grou; Somer en son en saffier daarbowe; Ruik van die keurbos rondgesprei; Kort klein skadu’s oor die klowe; Somer en son en saffier vir my! Wonder van kleure uitgesprei – Wat is daar meer deur die dood te rowe? Somer en son en saffier vir my!   Hoog oor die water skommel die vinkies, Vol van die vreug van die somerdag; Bly die gekwetter van bruin tinktinkies; Blyer die son wat goudgeel lag. Algar wat lewe, algar tevrede, Hoog op die heuwel en laag op die vlei; So was dit gister, en so is dit hede – Somer en son en saffier vir my! Heer, wat die hemel oor my sprei, Dit is my eerste en laaste bede: ‘Somer en son en saffier vir my!’   Het jy ‘n vrind wat jou hand kan vashou? Vrinde vergaan en faal in nood! Het jy ‘n vyand, jou grootste las nou? Vyande, vrinde gaan algar dood! Wat’s dit vir my as die gras vergrys word? Somer sal kom met sy groen daarby; Wat as in winter die water ys word? Somer en son en saffier sal bly. Boetie, ek vra jou, wat sê jy? Wat’s dit vir ons as die gras vergrys word? Somer en son en saffier sal bly.   Roem van mense, rykdomme, pragte – Alles vergaan soos die mis op die vlei:Over het gehele werkAUTEURSJ.C. Kannemeyer
LANDENZuid-Afrika
[p. 188]
 Sterre wat skiet in pikdonker nagte, Het langer lewe as roem kan kry. Boetie, as ons nou ‘n keus moet wae, Hier op die wêreld, wat vra jy? Roemryke lewe en lengte van dae? Somer en son en saffier vir my! Boetie, as jy nou jou keus kan kry, Wat is die wens wat jou hart sal wae? – Somer en son en saffier vir my!

Ai dis so mooi!


Posted

in

, ,

by

Comments

4 reaksies op “Behoefte van my hart. Die beste.”

  1. Aletta - nowathome Avatar

    Ah, dis pragtig. Dankie Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Plesier, dis vir toe opnuut weer vars en mooi. Die ou digters het ook maar net ‘n sekere manier om jou hartsnare te raak.

      Like

Lewer kommentaar op Aletta – nowathome Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.