Maandag=Wasdag 9:Eina

Hiers ek uiteindelik weer terug by Maandag= Wasdag. Ek het heerlik twee maande geteken en met waterverf begin eksperimenteer. Stadig maar seker kom ek in die ding om met selfvertroue te skilder. Nou is dit weer tyd dat ek voort gaan met skryf. Skryf in Afrikaans. Afrikaans lê my na aan die hart. Almal is welkom om saam te skryf. Plak jou skakel waar jou skryfsel is in my kommentaar dan kan ons lekker saam lees aan almal se skrywes. Geniet dit.

Eina

Eina kan groot eina wees, of klein einatjies.

Klein einatjies kan maklik opgeklaar word met n pleister of net ‘n soentjie. Groot einas is ‘n ander storie.

Appeltjie het voorgestel dat daar oor EINA geskryf word. Sy het ‘n groot eina.

How to Draw Expressions • Bardot Brush

Dit het my sommer dadelik aan die skryf gesit.

My grootste eina was nadat ek bygekom het na my rug operasie. Ek was uit intensief sonder dat ek dit regtig besef het. ‘n Ou vriendin en haar man het my kom besoek die aand. Ek het my oë oopgemaak om te sien waar hul was, en ook waar ek self was. Die saal was half verlig omdat dit reeds aand was. Daar was vier beddens elk met iemand in wat ook rugoprerasies gehad het maar in verskillende herstel tydperke. Die eerste wat ek toe doen nadat ek gegroet het was om te beweeg. Dit moes ek nie gedoen het nie.

Brulle van pyn het uit my diepste diep geskeur, die ergste was dit wou nie ophou nie. Die eina was net te veel vir my. My vriendin het so groot geskrik, hul het dadelik huistoe gegaan en nie weer kom kyk nie. 

Wat ‘n gedoente. Niemand het vir my vertel dis so erg nie, en dat ek nie sommer net moet beweeg nie. Die verpleegster moes my kalmeer en het verduidelik wat ek moet doen. Gelukkig het sy darem vir my ook ‘n inspuiting gegee vir pyn. Dit was beslis nie lekker nie.

Hospital Bed GIFs | Tenor

Die volgende einas was nie so erg soos die rug eina nie maar steeds nie baie aangenaam nie.

Ek het die vermoë om veral my regter enkel te beseer deur oonvoorsiene omstandighede.

Die eerste was gedurende die busongeluk toe ek in standerd 8 was. Almal het op my voet geval en my voet en enkel goed gekneus. 

Guy Falling Down Drawing (Page 2) - Line.17QQ.com

Jare later trap ek die laaste trap van brandtrap mis en beseer my regter enkel. My huishulp het my voet geruk en gepluk vir ingeval hy uit potjie was(nie dat ek saamgestem het met wat sy gedoen het nie) Weer gips gekry. 

Nog ‘n paar jaar later moes ek my kind by kleuterskool gaan haal. Haastige ek, trap in ‘n gat. Ek het niks geweet nie want toe ek bykom sit ek in die kantoor op ‘n stoel. Hoe ek geval het en hoekom ek uit was weet ek steeds nie. Ek en my man was op daardie stadium ‘n bietjie op vyandige voet met mekaar. Hy moes my kom haal om dr toe te vat vir x-strale en weer gips. Die man van my het toe nie veel simpatie met my nie. Hy gooi my sommer oor sy skouer en dra my kar toe en ook oor sy skouer in die winkelsentrum oppad dr toe. Dit was nou nie ‘n goeie ondervinding nie. 

Ek kon vir ‘n tydperk nie bestuur nie en my man moes my soggens en smiddae kom haal. 

Nog heelwat jare later het ek weer ‘n groot eina gehad omdat ek beide enkels seer gemaak het. Ek kon in die begin gladnie loop nie.

 My motor was by garage vir sy diens en ek kon hom gaan haal. Die garage het sy uitleg verander. Ek moes gaan betaal en loop toe reguit sonder om te sien daar is twee trappies ingebou in die vloer. 

Slaat neer, katswink. Sodra ek op my voete wou kom wou ek flou word van pyn. Gelukkig was ek in ‘n klein dorpie woonagtig waar almal mekaar ken. Die garage se dame het spreekkamer gebel en die ontvangsdame het my kom haal. Twee van die manne by garage het my opgetel en in die ontvangsdame se voertuig gesit.. By die spreekkamer moes die dokter my uittel en in ‘n rolstoel sit. 

Wat n gedoente. Ek kon nie huistoe gaan nie want ek was op my eie. Die dokter reël toe dat ek vir vyf dae in die privaat hospitaal op die dorp versorg word. Gelukkig het die regter enkel weer gips gekry omdat die enkel gekraak was. Ek kon op einde met krukke en steunende op my gipsvoet oor die weg kom. 

Goed, daar was nog ander opersaies ook wat almal hul einas gehad het. Bogenoemdes was die ergste einas wat ek onthou.

O gits, ek het wraggies vergeet van my onlangse val en my gekraakte neus en harsingskudding. Dit was in die begin ook goed eina gewees. 


Posted

in

, , ,

by

Comments

10 reaksies op “Maandag=Wasdag 9:Eina”

  1. appeltjie Avatar

    Sjoe. Ek sal later in die week skryf

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Moenie haastig wees nie, jy kan altyd later dit byvoeg.

      Liked by 1 person

  2. appeltjie Avatar

    Jy is darem baie ongelukkig met jou voete.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Stem saam en dan wonder ek party dae hoekom ek spesifiek met my regtervoet sukkel.

      Like

  3. Tannie Frannie Avatar

    Hoera, Wasdag is terug!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy moenie te hard juig nie. My aandag is baie verdeeld op oomblik maar ek wil regtig weer my Afrikaans weer bietjie afstof.

      Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dus maar een van daardie dinge wat maar op die pad gekom het.

      Like

  4. Kameel Avatar

    Ag nee Scrapy!!!! Het ek nie beter geweet nie sou ek dink jy kyk bietjie diep in die bottel. Ek verstaan dat jou man wat jou oor sy skouer gooi nie grappies was nie…. maar vergewe my as ek lag. Dit maak so ‘n komieklike prentjie. Nou nog ‘n gekraakte neus ook!!! Mooi bly.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Toemaar dit was eintlik skreeusnaaks maar ek was baie kwaad vir omstandighede wat ek nie op daardie oomblik nodig gehad het nie. Jy mag maar lag.

      Liked by 1 person

Laat ‘n boodskap na appeltjie Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: