Dag 10 in my omgewing met ons Lock Down 03/2020

1 April. Dag 10

My plan was om ‘n ernstige stuk te skryf oor hoe my dag verloop maar het daarteen besluit.

Ek gaan sommer los en vas skryf oor dinge wat gebeur waar ek hier in afsondering sit.

Eerste is  dankbaarheid dat ek nog gesond is en elke oggend kan gaan stap. Nie slenter nie maar regtig stap sodat die ou gebeentes bietjie bloed met genoeg suurstof kan kry. Ek sukkel met rumatiek wat veral in my lae rug en heup hul tuiste gemaak het. Na die lang stil lê gedurende die nag pyn my rug so erg dat ek maar opstaan. 

Gister se oggend loop lewer toe nie net min mense wat loop op nie maar wel hierdie klein outjie. 

Gladnie bang of gepla oor ek nader kom nie. Trompie het nie eers gekyk nie want hy weet die dingetjie het stekels en ruik ook nie baie fris nie.

Vanoggend oor die radio praat hul met Chris Hadfield wat vir drie en dertig dae in die ruimte afgesonder was. Lees gerus wat hy aanbeveel en doen gedurende hierdie afsondering.

Wat my toe opval is dat hy sê:

 hou op konsentreer oor dat jy bang is oor alles, kry liewer so veel as moontlik oor die gevaar van die omstandighede en werk daarvolgens. Vrees maak omstandighede erger.

Voordat ek loop laat my seun weet dat hy winkels toe gaan en of ek iets kort. Nou moet jul besef, baie goed kry ‘n mens gladnie want dit word onmiddelik opgeraap deur ander. Koekmeel is onder andere nêrens te koop nie. Ek wou ook hê dat hy vir my ‘n goeie hoeveelheid “Cranberry Trio”kry. Dit is gedroogte cranberry vruggies gemeng met amandels en cashew neute. Hy laat later weet dat hy niks kon kry nie.

Grappie: 

ek verduidelik aan hom dat ek die neute vir my stoelgang nodig het.

 Waarheen gaan ma met stoel? Vra hy

Antwoord: Dis goed om no twee glad te laat verloop.

Gisternag, of eintlik net na twee vanoggend, word ek wakker van ‘n swaar voertuig wat verby kom en paar minute later nog een. Konnie dink wat dit kon wees nie. Met die terugloop vanoggend kom ek toe af op die volgende. 

Heerlik die aarde omgedolwe.

Net voor middagete staan ek en skottelgoed was. Ek hoor die sirene nader kom. Polisie skakel lawaai af toe hul die pad hier verby jaag. Ligte flits blou en rooi. Vyf minute larter nog n whee-hoo whee-ho en n volgende polisie moter jaag verby. Ook met flitsende ligte.  Nog ‘n bietjie later nog een maar die ry sonder lawaai en ligte. Moet net hier noem dat n entjie van my af is daar ‘n regte nes van kwaaddoeners. Dis veral n jong klomp wat warm gemaakte motors het wat amok maak nadat almal veronderstel is om tuis te wees.

Hier by my is daar nooit n “dull moment” nie. Altyd iets aan die gang.

Nou is hier probleme met die griep inspuitings. Dit mag net vir ons ouens wat oor sewentig is gegee word en nou is daar nie te kry nie.  Die dokters kla. Weet jul waar is die entstof? Opgegaar in apteke! Hier mag apteke dit ook gee. Wil jy nou meer, die lewe is ongelooflik interessant.

Bly veilig in jou eie “bubble” en geniet dit.


Posted

in

, , ,

by

Comments

19 reaksies op “Dag 10 in my omgewing met ons Lock Down 03/2020”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Is dit nie pragtig daar by jou nie. Gaan julle in die winter in?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja ons het nou sterk herfs. Was vanoggend toe van die mis en net heerlik om buite te wees. Toe ek daar kom was dit n uur later en die mistigheid was besig om op te klaar.

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Ek stap weer netnou in die tweede slaapkamer in, met die agtermiddagsonnetjie wat in die kamer inskyn en voel die winter. Kan jy glo? Dit is lente maar voel soos ‘n mooi wintersdag in Suid-Afrika. Verlang dan soveel meer.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja daardie verlange kom steeds met tye nog by my op. Ek sien selfs mense wat ek geken het in SA se ewebeelde met tye dan moet ek eers my brein afsluit en terug kom na die werklikheid.

          Liked by 1 person

          1. Dr Christa van Staden Avatar

            Is dit nie so nie, Scrapy? Ek sien ook hier ewebeelde, mense wat soos mense in Suid-Afrika lyk. Vreemd is dit nie?

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Soms voel ek om Hi te roep en te vra hoe dit gaan. Het eendag vinnig geloop om die tannie se gesig te sien.

              Like

  2. HesterLeyNel Avatar

    Ons kry al ons inspuitings by die apteke. Die dokter vra my R689 per besoek en dan nog meer vir die inspuiting – die apteker ongeveer R130 vir dienste gelewer plus koste van inspuiting.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hier kry mens die inspuiting gratis. Selfs by die apteek is dit gratis as jy oor 65 is. Op oomblik is hul so besig ek wil nie waag om daar te staan en wag nie. Sal maar kyk of ek by die spreekkamer dit kan kry.

      Like

      1. HesterLeyNel Avatar

        Dis voorwaar ‘n regering wat na sy mense kyk. Hier by ons is nou glad nie meer griepinspuitings beskikbaar nie. Die meeste apteke het niks ontvang nie en sê die regering het al die voorrade “gevat”. Seker vir gebruik in staatsklinieke.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Moet sê dis n vreemde ondervinding om so deur die regering gehelp te word. Hul het nou geld bewillig vir ouens wat sonder werk is sodat die mense die maand basiese dinge kan koop. Rente op lenings is gestop of te wel op n ses maande vakansie gestuur.

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Hier is ook allerhande sorgmaatreëls afgekondig. Ons sal maar sien wat word waar en waar kom die geld vandaan. Jy weet, ons bevolking is 55 miljoen+

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Dis die ergste. Daar is so baie mense en ook wat onder die broodlyn lewe. Hoe kan hul dit weghou en selfs oorleef?

              Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai Avatar

    Ons matronetjie het ons gespuit Ook R130 … glo spesiaal vir ouer mense Die gewone kos R70

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mmm, ook maar n storie. Hier is dit gratis as jy bo 65 is.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Hulle sal sukkel hier…

        Liked by 1 person

  4. Una Avatar

    Jou skrywe laat my net weer daaraan dink dat ‘om ons’ tog soveel is om na op te let, Ineke.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis, mens besef dit nie voordat jy regtig daaraan dink nie. Ons word ook aanbeveel om in jou elmboog te hoes of nies. Nie in jou hand nie want dan versprei jy dit na alles waaraan jy raak. Dis hoekom hande was so belangrik is, met seep.

      Like

  5. Dr Christa van Staden Avatar

    Dankie Scrapy, ek is nog in myne, maar ons begin eers Maandag ernstig afgesper word.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis nodig om vroegtydig die afsondering te doen voordat dit te ver uitsprei.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.