Ek glo daar is…. Maart 2020

Wat na het Jaar van Barmhartigheid? – CPS

Ek glo daar is…

Maak nie saak wat of in wie jy glo nie daar is beslis iets wat krag het om te beskerm en te help.

Ek is ‘n Christen en glo dat God in beheer is en sal voorsien. Dit maak nie saak waaraan of waarin jy glo nie daar is beslis ‘n buite krag.

Hierdie jaar het ek weereens gesien dat die mens wik maar God beskik.

Ek is lankal besig om te dink om aansoek te doen om NZ pensioen te kan kry. My SA pensioen is so min dat ek nie regtig daarop kan oorleef nie. Daarom werk ek, en daar is ook ‘n moontlikheid dat dit kan opdroog ook. Einde verlede jaar het ek al begin en daar was net nie vordering in nie. Toe in die begin van die jaar kon ek aanlyn die bal aan die rol sit. In bestek van ses weke was alles uitgesorteer en het ek my eerste NZ betaling gekry.

 Die beste is, dat ek twee maande se terugbetaling gekry het ook. Min wetende wat sou gebeur.

Toe begin die Corona Virus versprei. Ek praat Sondag net nadat die lughawe hier gesluit is met een van die ouers in ons Mall. Sy kom toe terug van Australië. Minwetende dat die virus aansteek soos blits en jy kry dit. 

Die Maandag is daar twee kinders wat in naskool was wat ook van oorsee terug gekom het. Beide gesinne was veronderstel om in twee weke self afsondering te gaan. Dit het my toe nog meer ontstel toe die Eerste Minister praat van “high risk”mense. Mense bo 70 (in my geval) en ook met borskwale(ook in my geval met asma) moet hulself isoleer.

Ek praat met my hoof en hy beweer dis nie so erg nie. Ek moet maar besluit wat ek wil doen. Ek het die week aangebly. 

Die Saterdag word daar self isolasie vir oor sewentigs aangekondig. Ek het dit toe gedoen op aanbeveling van my hoof ook. 

Die voorsienigheid was weereens dat ek ekstra geld het om verder inkopies te doen en myself te voorsien van die nodige. Omdat ek uurliks betaal word sou ek nie betaling kry nie. Die regering het toe wel geld beskikbaar gestel om werklose mense te help.

 Vandag ‘n week later is daar steeds voorsiening vir my gemaak. 

Ek het twee weke terug my “Hello Fresh”kossak gekanselleer omdat ek nie heeltemaal tevrede met die varsheid is nie. Ek was van plan om maar weekliks my vars aankope self te doen. Tog het ek ‘n gevoel gehad dat ek maar weer na “My Food Bag” waar ek eers was moet terug gaan. Dit red my vandag want nou is ek ingeskryf by hulle en hulle help eers die persone wat reeds bestel het..

Na dit het ek vir Bertus gesê ek gaan kyk of ek my kruideniersware aan lyn kan bestel want mense bo 70  kry voorkeur omdat hul ‘n hoër risiko loop om besmet te raak. Die aflewering van ware is egter weke reeds vol bespreek. Ek het my lysie opgegee en na die betaal en aflewering deel gegaan. Weer voorsiening: daar is ‘n oop plek op die derde April om dit af te lewer.

Dit versterk beslis my geloof dag God in beheer is en sal voorsien in Sy tyd. Tog help dit nie om maar op n hoop te sit en te hoop dat iets uitwerk nie, mens moet jou deel dubbel en dwars ook doen.

Daar is nog heelwat insedente wat ek kan oproep waar God op Sy tyd uitkoms gegee het.

Pas julleself op en wees veilig.


Posted

in

, , ,

by

Comments

18 reaksies op “Ek glo daar is…. Maart 2020”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Scrapy, baie dankie vir die deel. Ek glo ook dat die Here voorsien, ingryp waar mense nie wil hoor nie. Om mense teen hulself, maar veral teen die wat nie gehoor gee en self-isoleer nie, te beskerm. Mag dit baie goed met jou gaan, pas jouself mooi op.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir mooi woorde. Goed gaan daardie kant ook.

      Liked by 1 person

  2. Una Avatar

    Jy seën my vanoggend met jou getuienis, Ineke. Ek dink so dikwels aan jou en bly bid dat jy ń goeie tyd in afsondering sal beleef.💖

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Una, jy is ook baie in my gedagtes. Jy moet ook maar sterk staan teen al die aanslae.

      Like

  3. HesterLeyNel Avatar

    Ek is saam met jou bly oor jou NZ-pensioen. Daar is altyd gate om toe te stop. My een seun is ‘n chef en hulle restourant moes natuurlik toemaak. Kan jy glo wat het gebeur? – van hulle groot kliënte het fondse bewillig om die personeel deur hierdie tyd te help. Só word daar voorsien. Die regering het hierdie kant ook maat reëls ingestel om werknemers wat sonder inkomste is gedurende lockdown, te betaal, maar dit sal sekerlik tyd vat om die geld in hulle rekenings te kry.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis goed om te hoor van jou seun. My seun en skoondogter werk steeds maar van die huis af. Hul is isensuele werkers. Dit wys ook hoe daar tog voorsien word. Jul moet maar moedhou daardie kant. Doen maar genoeg oefeninge binne om jou energie te verbrand.

      Liked by 1 person

  4. Aletta - nowathome Avatar

    Dis ongelooflik hoe goed die Here na sy kinders kyk! So bly vir jou dat als so ver goed verloop! Pas jouself mooi op!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, ek is netso dankbaar vir alles. Jul moet ook maar kalm bly en veilig bly.

      Like

  5. Tannie Frannie Avatar

    So leer ons van manna, né Scrapy ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Presies. Daar is heelwat manna wat ek al ontvang het.

      Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai Avatar

    Ek is saam met jou dankbaar.

    Like

  7. Kameel Avatar

    Hy sorg vir Sy kinders…. dit het Hy in Sy Woord vir ons gesê. Dankie vir die mooi getuienis.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis, mooi loop daar .

      Liked by 1 person

  8. Adrie Avatar
    Adrie

    Hierdi

    Like

  9. Adrie Avatar
    Adrie

    Hierdie kosbare tanna Ineke mis ek so baie. Sy is vir net soos my mamma. Kosbare tye saam gehad. Lief jou my tanna

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Adrie ek mis ons lekker saamwees ook baie. Mooi bly.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.