Maandag=Wasdag no 24: Sport/s

Image result for washday cartoon

Hierdie wasdag het so vinnig gekom dat ek skaars tyd het om my draaie behoorlik te loop. Die wind waai asof hy daarvoor betaal word. Dis kurk droog en daar is geen vooruitsig vir reën nie. Ek het weer die nuwe skooljaar aangepak en alles is weer volstoom aan die gang.

Hierdie week se skrywe gaan oor sport. Ek het die s bygevoeg vir ingeval iemand liewers sports wil maak en ons bietjie laat lag.

Almal wat Afrikaans is kan saam skryf. Skryf iets oor sport en plak jou skakel in die kommentaar sodat ander lesers ook jou skrywe kan lees.

SPORT

Hierdie stukkie kom uit my “Memoirs”wat ek besig is om te skryf. Dit gaan ook sport gedurende ly laerskool dae. Ek sal dit waardeer as jy kommentaar lewer. Dink asb aan die volgende.

  1. Lees dit maklik?
  2. Is dit kleurvol beskryf?
  3. Sal jy graag meer wil lees?

Laerskool sport in n vierman plaasskooltjie

(vierman- net vier onderwysers en vier klaskamers.)

Mnr Snyman(die hoof) het in die winter korfbal afgerig. Ons het soms vriendskaplike wedstryde in Pretoria gespeel; omdat ons ‘n klein skooltjie was het ons nie eintlik uitgespeel nie. Ek het senter of aanvallende vleuel gespeel. Almal wat kon speel was in die span. 

In die somer het ons weer atletiek geoefen. Ek was goed met hardloop, moet bysê ons was net ons drie vriendinne en drie seuns Johan Scheepers wat sy een wysvinger weggeskiet het met n slagdoppie; Pierre van Dyk, seun van ‘n melkboer; Francoise Burger, regte windtie.

Ongelukkig kon my vriendinne nie regtig hardloop of korfbal speel nie. Ek moes maar saam met die seuns hardloop as daar geoefen is. Dit was ‘n goeie uitdaging vir my om beter te doen en ook vir die seuns om my te wen. Ek het hul goed opdraende gegee met die hardloop.

Die grootste geleentheid van die jaar was die bokkesport; die spanne het bok name gehad vandaar die naam bokkesport.

Die opdeel van die skool se kinders, in twee spanne, was met tye ‘n hele drama. Families was meestal in dieselfde bok-span omdat veral die jongeres by boeties of sussies wou wees, terwyl die ouer kinders nie in dieselfde span as kleintjies wou wees nie.

Wie onthou nog die volgende:

Jêm-blikke, vis-blikke

Drie by drie

Weet julle, weet julle, weet julle wie?

Kan julle, kan julle, kan julle raai?

Ons is, ons is, Rooibokke BO! (of groot lawaai vir die ander span)

Derigente is kleurvol opgetooi en het gespring, dans en lawaai om gees te vang. Die span was meestal so begeesterd deur die derigente dat hoor en sien vergaan het.  Die atlete het almal wit rokkies aangehad met ‘n groot roset op die bors in die kleur van jou span. Die nie-atlete moes iets in die span se kleure dra vir die dag.

Die ouers sorg vir lekker eetgoed terwyl die program deur die loop van die dag afgehandel word. Die hoogtepunt vir die twee spanne was meestal die aflosse omdat daar dan die sterkste kinder gebruik kon word om te hardloop, en die laaste punte in te samel.Die punte verskil het altyd vir opwinding gesorg.  

Boeresport items soos sakresies, eierloop, driebeen resies, het die dag afgerond. Donkieresies of vang die vark was meer vir die volwassenes wat dan ook baie plesier verskaf het vir die toeskouers. Daardie geleenthede is baie besonders gewees. Almal het gehelp en deelgeneem.

In my standerd vyf jaar sou ek die beste meisie atleet gewees het. Ongelukkig het dit nie so uitgewerk nie. Engela, het so ‘n week voor die bokkesport ingekom. Sy het my op die einde met skaars ‘n tree gewen en die beker gekry.

Net so terloops:

Na so n sportdag was ons toilette ‘n probleem. Die toilette was groot swart emmers met hout sitplekke. Na ‘n funksie was die toilette vol en moes leeggemaak word en met jeyes fluid gewas word. Soms was dit nie skoongemaak as ons Maandag by die skool kom nie. Dis darem meestal daardie Maandag leeggemaak. Beslis grillerig gewees.

Kameel het n pragtige stuk oor handewerk geskryf

Kameel – Handwerk

Toortsie het ook heerlik oor handewerk geskryf

Baie dankie julle getroue ondersteuners. Ek waardeer jul deelname baie.


Posted

in

, , ,

by

Comments

23 reaksies op “Maandag=Wasdag no 24: Sport/s”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag het ek nou lekker gelees! Onthou dit, ek was nie atleet nie. Het dit gehaat om te hardloop en het altyd pyn in my sy gekry. Wat noem mens dit nou weer? Miltsteek?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja ek onthou die miltsteke ook. Ek het dit geniet om deel te neem en te oefen. Ongelukkig het ek nie juis die geleentheid gehad om te kon ontwikkel nie.

      Liked by 1 person

  2. Toortsie Avatar

    Ek het nou tog te lekker gelees. Ek was maar stadig! 😝

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daar is eintlik meer minder vinnige mens as as vinniges. Ek was in die gelukkige posisie om telkens in die eerste drie te eindig so outomaties moes mens maar aangaan en die skool se naam hoog hou.

      Liked by 1 person

  3. Kameel Avatar

    Jy vat mens nou op vêr paaie terug. Jy het vroeg begin hardloop Scrapy… en nou jare later hardloop jy nog fluks rond.
    Ek kan nooit onthou of Tina jou ouer of jonger suster is nie. Wie is wie op die foto van drie dogters.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek hardloop nou baie stadiger. Probeer my bes maar kannie meer meeding as dit by vinnig beweeg kom nie. Ek is die middelse en moes altyd die vrede tussen die ander twee bewaar.

      Liked by 1 person

  4. Kameel Avatar

    Jy vat mens nou op vêr paaie terug. Jy het vroeg begin hardloop Scrapy… en nou jare later hardloop jy nog fluks rond.

    Liked by 1 person

  5. Kameel Avatar

    Sorry… plaas sommer per ongeluk twee keer. Te laat gesien jy het julle name onder fotos geskryf.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het probeer om dit af te sny maar toe werk dit nie.

      Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    Lekker herinneringe. Scrapy, het jou oudste suster nie ook op ‘n stadium geblog nie? Hoekom onthou ek soiets?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee my oudste suster is nie so rekenaar vaardig nie. Sy het geen blog of FB of enige plekke nie. Sy stuur darem emails.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ek het seker aan iemand anders gedink.

        Liked by 1 person

  7. Kameel – Sport – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag No 24. Sport/s […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie die ping back het uiteindelik gewerk nadat ek n paar verstellinkies gemaak het

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie sal bietjie gaan kyk wat jy onthou.

      Like

  8. rondomtaliedraai Avatar

    Hehehehe … van jou atletiek kan ek niks onthou net die spiesgooi in die hoërskool. Ek het die gehaat – was mos jonk en het altyd laaste gekom met die st. voor myne. (Fluister… wens my bene is weer so dun soos op die foto!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek kan ook nie veel van jou doen en late onthou nie. Sal nogal wou hoor hoe dit vir jou was. Waarvan het jy gehou by die skool en wat het julle pouses gespeel? Daardie wens sal nooit meer kan waar word nie.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Ek was maar van klein tyd die Outsider… skool was ok maar ek kan onthou jy het altyd ‘n beste vriendin/vriendinne gehad. Ek het koor gesing en dan laatmiddag agter op Pappa se ryding huis toe gegaan.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Was dit in skooldae die singery? Daardie grote scooter kan ek nog goed onthou.

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Ja onthou jy ons het saam in dieselfde hoërskool begin en daarna het jy gaan swat en toe jy daar klaar was het ek begin.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ja ek onthou. Ek was in die posisie om eerste std 8, 9 en 10 te wees. Ons moes gedurig op ons tone wees om regte voorbeeld te stel.

              Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.