Kategorie: vertel
-
Scrapy se Maandag.
2 Scrapy se Maandag 12/02/2024 Scrapy wou vanoggend nie opstaan nie. Sy is meestal so sesuur wakker. Vanoggend was sy net na vyf wakker en het haar kompos toilet in haar kamer gebruik. Terug in die bed het sy haar snoesig toegemaak met haar sagte kombers(dit was bibberkoud voor sonsopkoms) Rustig lê sy op haar…
-
Nog eendjies.
Woensdag is my alleen tuis dae. Almal is by die werk of in die skool. Ek begin na ek gestort het om eerste bondel wasgoed in masjien te sit. Meestal laai ek ook die skottelgoedwasser. Terwyl die wassery besig is bestudeer ek al my e-posse om te sien wat almal doen. Woensdag was dit weer…
-
Verneukspul(scam)
Wil jy nou meer, ek het meer as ‘n maand laas geskryf. Die lewe hier op die plaas lewer so baie op dat daar skaars tyd is om asem te haal. Ook natuurlik nooit dieselfde ding of avontuur nie. Ek het my verkneukel aan die vertaling van die woord ‘scam’. Verneukspul.(presies wat die woord sê)…
-
Reën, reën, reën en wilde voëltjies
28/07/2023 Reën, reën lieflike reën. Dit reën al die hele week aan en af. Woensdag(26/07/’23) het dit aanmekaar gereën. Moes my pille by apteek kry en ‘n paar kruideniersware gaan koop; yogurt, brood, weetbix, vrugte. Lekker nartjies gekry. Hul lyk so mooi en gesond. Nartjies kom van Australië. Wonder toe of hul so lekker proe…
-
Naweek wegbreek, Napier, Tiny Homes
Napier en Tiny home 24/07/2023 Wat ‘n naweek was dit nie! Doodmoeg terug by die huis maar dit was ‘n belewenis uit ‘n ander wêreld. Vrydag oggend (21 Julie) het ek ‘n afspraak by ‘n arbeidsterapeut gehad om my koers in die lewe te probeer aanpas sodat alles minder gespanne kan wees. My tassie was…
-
Gevleugelde plesier.
Gevleugelde plesier. Sekere tye van die dag is die gevleugeldes hier op die plaas vol plesierigheid. Dis of hul die tyd op die horlosie kan lees. Dis natuurlik nie die digitale horlosies se tyd nie. Hul koppe draai as dit by die na twaalf kom en dit middag is. Soggens het meneer Haan nie nodig…
-
Geld wat stom is.
5/07/2023 Waarom moet geld tog so belangrik in ‘n mens se lewe wees? My inkomste is werklik onder die sogenaamde broodlyn; tog kom ek elke maand daarmee uit. Sekere ‘luukse’ dinge moet ek voor spaar voordat ek dit kan koop. Dit sluit nou die voertuiglisensie en Veiligheidswaarborg elke jaar in. Ek huur ‘n skeepshouer waar…
-
Never a dull moment
Dinsdag 4/07/2023 Die lewe lewer elke dag nuwe avonture. Vandag was geen uitsondering nie. Dis Dinsdag. My dag om met kinders te help omdat Mamma in Wellington werk. Pappa maak die tweetjies reg vir die dag. Omdat dit vakansie vir Beatrix is, is sy in ‘n vakansie program ingeskryf wat 8:30 begin. Pappa moet 8…
-
Wegbreek na Featherston 2022/2023
Inleiding Vertrek van Mangaroa 23/12/2022 Ek het vroeg in Oktober 2022 vir my 11 nagte bespreek in ‘n motel in Featherston wat 30km, ongeveer halfuur’se ry van Upper Hutt is. Rimutakas(berge) vol draaie op en weer anderkant af. Die 22ste het ek al begin inpak en alles op my lysie reggesit. 23e, pak ek solank…