Uit my dagboek: nog ‘n gediggie of twee

Seegogga het voorgestel: Daar kom Jan die groenteman…

Mmmm, toe onthou ek nie meer so mooi nie. Gaan krap daar in ou google se bladsye. Al wat daar is, is ‘n Hollandse regte mens ‘Jan die Groenteman’.

Hier is wat ek onthou –

Daar kom Jan die groente man 

Al tingelinge in die straat

Met sy kar vol groentetjies

Weet hy vandag geen raad

 ‘n oulap ‘n lemoentjie

En ‘n sikspens ‘n pampoentjie

Verder onthou ek nie. Ek krap verder en kry toe die volgende

Koos die groenteman.

In my kop draai daar toe nog weer iets anders –

Klop, klop, hamerkie.

Klop, klop hamertjie

Is daar iemand tuis?

Net Oupa in sy kamertjie.

Wat wil Oupa eet vanaand?

Kaas en brood.

Wat wil Oupa drink vanaand?

Water uit die sloot.

Ek moes eers weer gaan opsoek en kom toe agter dat die meeste ou Afrikaanse rympies tog maar uit die ou Hollandse versies kom.

Hier is die Hollandse Klop, klop hamertjie –

[Klop, klop, hamertje!]

        Klop, klop, hamertje!

Zeg, is d’r niemand thuis?

Er is nog een oud vadertje,

Die is alleen in huis.

Wat zal dat vadertje eten?

Kaas en brood.

Wat zal dat vadertje drinken?

Water uit de sloot.

Kom mense, dink aan nog ‘n paar ou versies wat ons as kindes veel plesier verskaf het.


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

2 responses to “Uit my dagboek: nog ‘n gediggie of twee”

  1. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Hierdie is so oulik, Scrapy!👏

    Like

  2.  Avatar
    Anoniem

    sjoe jy kan goed onthou

    Like

Lewer kommentaar op Anoniem Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.