Sal ek nou vanoggend koud kry in my bed. Dis nog nie tyd vir winter nie!
My gedagtes gallop skielik weg.
Oor en oor draai die woorde.
Wie onthou nog die gediggie/liedjie?
Onthou jy nog ‘n gediggie/rympie uit jou kinder dae? Laat weet asb.

Die eseltjie
Kapoete kapoete kapat
Die eseltjie ry na die stad
Hy pluk aan sy toompie
en sukkel met oompie
en trek sy twee lang ore plat.
…….
Kapoete kapoete kapout
maar kyk so ‘n esel is stout
Toe roer jou jan dooi
Loop vinnig loop mooi
En klaps kom ‘n raps op die boud.
…….
Kapoete kapoete kapat
Maar nou laat so ‘n eseltjie spat
Dit spring en dit skop
En dit wip agter op
En oompie le plat in die pad.
Lewer kommentaar