Waterverf Klas

Woensdag 20/11/2024

Waterverf Klas

Die verfklas het nou twee maande agter die rug. Die vier dogters sien nog steeds daarna uit om Dinsdagmiddae saam met my verfkwaste op te tel en ‘n uur lank hul uit te leef. 

Ons het September ‘n goeie vier weke gehad as oefenlopie om te kyk of die belangstelling gaan hou. Die lekkerste daarvan is dat daar met opwinding na elke Dinsdagmiddag uitgesien word.

Gister was dit weer so. 

Ek sorg voor die tyd dat hul tafels reg is om dadelik te kan begin. 

Plastieste tafeldoekies, 

lap om kwaste aan af te vee, 

twee waterhouertjies staan reg om water te kry, 

papierhandoekie vir water opvee of verf op te suig, 

verfhouers, 

‘n ronde kwas en ‘n plat kwas en 

sie daar. Als reg vir verf-uurtjie.

Die skoolklok lui. (Ek gebruik goedgunstelik ‘n leë klaskamer by die plaaslike skool) 

Die meisies kom met spoed ingewarrel. 

Elkeen sit skooltasse teen die muur neer en trek skoene uit. Hul maak die twee houertjies vol skoon water.

In afwagting sit hul en bespiegel wat ons gaan doen. Beatrix vertel meestal voor die tyd wat ons gaan verf.

Hierdie keer was dit veronderstel om ‘n geheim te wees want ons het laas week besluit om boekmerke te verf. (Ek het dit verander omdat hul nie vreeslik opgewonde was daaroor nie)

Verlede keer het ons ‘blob’ honde en katte geverf. Hul het dit baie geniet.

Hul raai toe wat ons gaan doen. Dit kom toe uit dat Beatrix op die ou end tog gesê het dis voëltjies.

“Vandag verf ons blob hoenders en voëltjies.” kondig ek aan. 

Hul Oooo en Aaaaa vir my voorbeelde.

Eerste wat hul moet doen is om die verf wakker te maak met water. 

Ek wys hoe hul weer hoe die blobs gebruik word  om vandag se verfwerk te doen om die regte effek te kry. Daarna word eers op ‘n oefenpapier geoefen, voordat hul begin om hul skilderstuk te verf. Vandag het hul vir die eerste keer op regte waterverf papier geverf. Ons het tot nou toe “mixed media” papier gebruik. 

Elkeen is verdiep in hul eie werk. Dit gesels tussenin en moedig mekaar aan(en irriteer mekaar.) 

Die tyd het ons gevang en hul projek was nog nie klaar toe vier uur aanbreek om op te pak nie.

Ek dink daaraan om volgende week abstrakte verfwerk te doen sodat daar nie probleme kan wees met perfekte resultate nie. Die outjies wil perfekte werk doen. Dis moeilik om hul te laat verstaan dat dit nie oor perfek gaan nie. Alles gaan oor elkeen se eie manier, gevoel en siening hoe hul dit aanpak en uitvoer.


Posted

in

, , , ,

by

Tags:

Comments

10 reaksies op “Waterverf Klas”

  1. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Dit klink na ñ heerlike klassie, Scrapy. Ek kan goed glo die kinders sien baie daarna uit, jong.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit sommer goed vir my gemoed ook om deur te druk en die klas te doen.

      Liked by 1 person

  2. seegogga Avatar

    ek glo hulle geniet dit baie. Sit foto’s op!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hul doen. Jong ek weet nie hoe op fotos op WP te kry nie want ek het nie ‘n program om dit van my foon af te laai nie, sug.

      Like

      1. HesterLeyNel Avatar

        Tik “upload photos from my phone to wordpress.com” in google op jou foon. Hulle vertel jou stap-vir-stap hoe om dit te doen.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek sal bietjie kyk. Die tegnologie maak my op hierdie stadium van my lewe ngal benoud of senuweeagtig, haha. Sal maar my moed bymekaar skraap en dit net doen. Ek kry maklik ‘n ‘blank’ as ek onder druk is.

          Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie Avatar

    Dis wonderlik dat jy steeds jou talent as juffrou beoefen, liewe Scrapy.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek stem saam. Ek lees elke kind se gemoedjie soos ‘n boek. Wens nogal ek kan Terapie(memory healing) met elkeen apart doen.

      Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel Avatar

    Ek lief jou en Beatrix se goeie idees en entoesiasme.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ons twee is nogal ‘n gedugte span om dinge uit te dink.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Una se gedagtes Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.