2 Scrapy se Maandag 12/02/2024
Scrapy wou vanoggend nie opstaan nie. Sy is meestal so sesuur wakker. Vanoggend was sy net na vyf wakker en het haar kompos toilet in haar kamer gebruik. Terug in die bed het sy haar snoesig toegemaak met haar sagte kombers(dit was bibberkoud voor sonsopkoms) Rustig lê sy op haar een sy totdat hy so pyn dat sy maar op ander sy draai. ‘n Aanhoudende tinteling beweeg op en af langs die sykant wat bo is. Van haar arm af tot haar tone. Sy gee ‘n lang sug. Lê sy op anderkant dan is dit die andekant wat op en af beweeg. Dis soos trillings van ‘n ligte aardbewing. Gelukkig raak sy vir nog ‘n uurtjie aan die slaap.
Scrapy kyk op haar foon hoe laat dit is. Sjoe, amper agtuur. Sy hou daarvan om voor nege by die gim te wees vir haar oefening. Sy wip uit die bed; maak gordyn bietjie oop sodat die sonnetjie kan inskyn. Brrr, dis steeds nie te warm nie, sy glip in haar warm japon. Trek haar crocks aan. Maak deur oop. Gooi opgerolde handdoek oop op die deurmatjie. Stap oor die drumpel waar haar linkervoet nou eers wou moeilikheid maak omdat haar brein nie vir die voet gesê het hy moet oplig en nie sleep nie. “Tsk,” kom dit van Scrapy: “Amper vang jy my uit!” Sy kliek die hekkie oop, daar is ‘n klein sluitertjie sodat Mollie nie vroeg oggend by haar deur kom krap nie.
Scrapy, hobbel oor die gruis. Sy maak voordeur oop(dis haar gesin se huis waar sy badkamer gedurende dag gebruik)
Amelia, wat reeds aangetrek is, sit met Mollie langs haar in die sonnetjie op die bank. “Ouma ek’s besig om boek te lees,” kom die vrolike stemmetjie. Ouma, alias Scrapy, sit by haar en hul soek voorwerpe wat hul op bladsye moet soek, terwyl Ouma wag vir die badkamer. Mamma kom uit die badkamer. Trek Amelia se skoene aan en hul is oppad skooltjie toe.
Voordat Scrapy in badkamer gaan, storm Beatrix verby: “Wag mamma ek kom saam.”
In die tussentyd het Scrapy badkamer gebruik. Buite gekom is Mamma besig om motor om te draai om uit te ry. Scrapy roep: ”Ry maar, ek sal hek toemaak.” En weg is hulle!
Nou is dit eers ‘n koppie tee en ontbyt. Terwyl Scrapy haar tee drink gaan sy gou deur haar eposse. Sy stel veral belang hoeveel ‘likes’ haar verfwerkies op Skillshare kry. Terwyl sy lees week haar weetbix in ‘n bietjie warm water. Scrapy maak in die tussentyd ook haar bed op.
Nou is dit tyd vir ontbyt. Sy het reeds haar yogurt uit yskas wat in garage staan ingebring in haar kamer. Sy maak ‘n houertjie met vrugte stukkies in vrugtesap(wat sy betwyfel, lyk soos plein suikerwater) oop en gooi dit op die weetbix. Strinkel klompie All Bran oor en skep drie groot lepels yogurt bo-oor. Scrapy bêre die yogurt houer weer in die yskas. Terwyl sy aan haar papmengsels smul sluk sy sommer haar pille ook. Een vir hoë bloeddruk, een vir depressie en die belangrikste haar knoffel kapsule wat die dokter weghou!
Nou is dit badkamer tyd. Stort. Droog hare. Borsel tande. Trek aan. Dis lekker om so skoon en vars te wees vroeg oggend.
Terug in haar kamer is dit tyd vir kouse en skoene aantrek. Sy trek ‘n ligte langmou baadjie aan teen koue briesie. Kom by die motor, haal sy eers haar koelsak uit agterkant om voor by haar te hê as sy haar week se maaltye gaan haal. Maandae is dit altyd Gim en kos haal tyd. Scrapie maak die hek oop en ry eers agteruit en dan vooruit tot buite hek. “Ai toggie, ou vrou,” brom Scrapy sy het haar foon vergeet asook haar bottel water.
En daar trek sy. In die tussentyd gaan dit al na half tien. Daar is nie naby die gim parkeerplek nie. Dis hoekom Scrapy op sy laatste nege uur daar moet wees.
Scrapy gim ‘n goeie halfuur. Daar is ‘n vrou wat sy reeds ken waarmee sy bietjie gesels; ook ‘n nuwe vrou wat uit dieselfde vallei kom as waar Scrapy bly. Dit was ‘n lekker sessie gewees met mense wat Scrapy al ken.
Net voor tien spring Scrapy in haar motor en ry met snelweg na Lower Hutt waar plek is waar sy haar kos kry. Scrapy hou daarvan om haar oë oop te hou en te kyk wat nuut is. Langs die pad was daar ‘n vragmotor wat deur die polisie geïnspekteer word. Toe sy amper ‘n uur later weer verby ry was hul steeds besig met die vragmotor. “Wonder wat is die storie? Goeie idee vir ‘n storie!” dink Scrapy.
Toe Scrapy by “Eat” die kosplek kom is daar wraggies spesiaal ‘n parkeerplek gemaak vir ouens om kos op te laai. Daar is selfs ‘n skuins oploopvlak gemaak vir rolstoele of lopers, asook ‘n spesiale Groot parkeerplek vir gestremdes.
Scrapy kry haar maaltye en gesels bietjie met die drie oulike dames daar. Met wat Scrapy in die motor klim gaan die alarm in die gebou af. Dis ‘n gebou met, ek dink, vyf verdiepings. Scrapy draai motor om. In die tussentyd peul almal by die deure uit, ook die drie kos vroue. “Ek’s bly ek is uit voordat jul moes ontruim,” roep Scrapy deur die oop venster. “Dis dalk jy wat dit veroorsaak het,” kom die laggende antwoord. Hierdie noodsein of serenes laat my terugdink aan skoolhou in Secunda met al die onrustigheid in die land gedurende 1980’s.
Nie ver van die gebou af kom die brandweer aangejaag: “Piepoo, piepoo,” volspoed.
Gelukkig was Scrapy reeds ver weg en oppad huistoe.
Verder het die middag stil en normaal verloop soos elke ander Maandag.

Lewer kommentaar op Una se gedagtes Kanselleer antwoord