Naweek wegbreek, Napier, Tiny Homes

Napier en Tiny home 24/07/2023

Wat ‘n naweek was dit nie! Doodmoeg terug by die huis maar dit was ‘n belewenis uit ‘n ander wêreld.

Vrydag oggend (21 Julie) het ek ‘n afspraak by ‘n arbeidsterapeut gehad om my koers in die lewe te probeer aanpas sodat alles minder gespanne kan wees. My tassie was gepak en reg om te ry as ek tuis kom. 

Ek dink ons het so een uur weggekom. Dis ‘n vier uur+ ry van Mangaroa/Upper Hutt tot in Napier(242 km). Die Suidewind het woes gewaai. Die weer was heeltyd dreigend vir reën. Gelukkig het ons meeste buie gemis of om dit gery. Net die laaste deel was sleg. Baie reën en dit het begin donker word. Daar was ook ‘n oppendhoud met pad waar ‘n deel ingesak het met die vloede vroeër vanjaar gedurende sikloon Gabrielle. Ons moes wag tot stroom motors van voor verby kom voordat ons kon deurry. Omdat dit toe al goed skemer was moes ons mooi die aanwysings volg wat, Gilly, die eienaar van Tiny home gegee het. Dit het redelik voorspoedig gegaan met die vind van plek. 

Ons het motor uitgepak, en die plekkie bewonder. Wat ‘n belewenis! Kompak maar steeds spasie en plek vir baie dinge. Die trappe na die ‘loft’ bly steeds my kopseer. Ek het opgeklim en afgeklim maar kan dit nie snags doen om badkamer te besoek nie. Ons het al besluit om bed op grond deel te sit en loft as studio/werksplek en kuierplek te maak. Die tweede loft kan dan as pakplek gebruik word. 

Saterdagoggend het Bertus na die sleepwa gaan kyk wat ons kom kry het waarop die ‘Tiny home’ gebou word. Hy bel my toe en sê Gilly, die dame wat die blyplekkie uithuur, het gesê ek moet by haar gaan koffie drink en na haar ander twee ‘tiny homes’ kom kyk. Sjoe, mensig, was dit nou opwindend om haar studio te sien. Sy het die ‘tiny home’ gebou vir haar ou dag maar op oomblik gebruik sy dit as haar kunsklas en ateljee. Haar dogter bly ‘n entjie verder ook in ‘n ‘tiny home’ wat meer is soos wat ons beplan. Daar is afgespreek dat ek en Bertus Sondag voor ons huistoe ry eers kom kyk na die ander huisie en dat Bertus ook die vrou se studio kan sien. 

Die ‘tiny home’ waar ons geslaap het en die ateljee het ons stoutste verwagtings oortref. 

Toe ek egter in die dogter se ‘tiny home’ instap het ek geweet dis hoe ek dit graag sou wou hê. Daar is twee lofts elk met hul eie trappe wat baie beter gebou is as die ander huisie s’n. Sy het bv ‘n bunk bed onder wat as sitplek gebruik word en ook slaapplek as dit nodig is. Alles was net in plek. Nou kan ons verder uitwerk hoe myne gebou en ingerig kan word. 

Dit was werklik ‘n ondervinding uit ‘n ander wêreld.

Ons het so teen twaalfuur begin ry. Dit was op daardie oomblik ‘n heerlike oopgetrekte oggend. Kom ons om die eerste draai sien ons sneeubedekte berge. ‘n Gesig om nie sommer te vergeet nie. Geen wonder die nag was so koud nie.

Die weer het egter nie lank mooi gebly nie. Dit was sterk bewolk met, gelukkig nie te veel wind nie.

Ons het Palmerston North langs gery om die draaie en steiltes van ‘Remutaka  Ranges’ te vermy met die sleepwa. Buite Palmerston North is reuse ‘wind turbines’ wat rustig in die wind gewoer het toe ons verby gery het. Dis ook weer ‘n ander gesig om te sien en te ondervind.

Ons was so vyfuur tuis, lekker moeg maar baie tevrede met wat ons die naweek ontdek en gesien het, ook met die sleepwa wat die eerste stap na die bou van my blyplekkie is.

Upper Hutt na Napier

Sikloon Gabrielle

https://en.wikipedia.org/wiki/Cyclone_Gabrielle

Tiny homes

Dis waarin ons gebly het en Gilly die eienaar wat dit wys.

Remutaka Ranges

https://en.wikipedia.org/wiki/Remutaka_Range#References

Wind turbines Palmerston North

https://www.stuff.co.nz/environment/131248877/large-161mhigh-wind-turbines-could-soon-stand-above-palmerston-north


Posted

in

, ,

by

Comments

11 responses to “Naweek wegbreek, Napier, Tiny Homes”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Sjoe, uiteindelik gaan jy nie soos bywoner voel nie, maar soos iemand met jou eie huisie. Ek neem aan dit is warm ook?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit word geïsoleer en daar gaan verwarming het sy ‘n kaggel(ouens hier baie lief daarvoor) of ‘n heatpump wat in somer verkoel ook wees. Veral die loft kan nogal warm word.

      Liked by 1 person

  2. Aletta - nowathome Avatar

    Dis oulik Ineke! Julle was sommer naby my seun hulle. Hulle bly in Hastings.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, onthou van waar hastings afdraai. Was moeite werd om te gaan kyk. Nou weet ek hoe dit regtig is en lyk.

      Like

  3. seegogga Avatar

    Dir gaan mos wonderlik wees om jou eie tini home te hê.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis ja, sommer heel naweek geglimlag. Dit ia presies soos ons dit al beplan het. Nou lê die harde werk voor om dit te bou.

      Like

  4. rondomtaliedraai Avatar
    rondomtaliedraai

    ek is skoon opgewonde…

    Like

  5. Tannie Frannie Avatar

    Jy gaan so lekker woon!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis iets om na uit te sien.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.