Kategorie: Woordwarrel

  • Woordwarrel: Verslawing 2022

    Hester gee vir ons die inspirasievonk:  VERSLAWING. https://af.wikipedia.org/wiki/Verslawing Verslawing is ‘n breinversteuring wat gekenmerk word deur kompulsiewe betrokkenheid by lonende stimuli ondanks nadelige gevolge.[1][2][3][4][5][6] Ondanks die betrokkenheid van ‘n aantal psigososiale faktore, ‘n biologiese proses — een wat veroorsaak word deur herhaalde blootstelling aan ‘n verslawende stimulus — is die kern patologie wat die ontwikkeling…

  • Hoe dit gekom het… onsekerheid. Woordwarrel: Hoop

    Die besef, en wete ek moet positief bly kom gereeld by my op. Alles hang af hoe ‘n mens dinge om jou aanvaar en hanteer. Tog, ek is ook ‘n mens met gevoel en behoeftes. Op die oomblik voel ek afgesny van alles. Alles maak my benoud. Siekte, alleenheid en dan op die oomblik ouderdom…

  • Woordwarrel: Hoop 2022

    Lance James se nuwe lied “Lied van Hoop” is werklik iets besonders. Daar is altyd hoop dat die son weer sal skyn Daar is altyd hoop dat wolke reën gaan bring Daar is altyd hoop vir gesondheid of beterskap Hoop gee mense krag om voort te gaan al is die pad hoe swaar. Sonder hoop…

  • Woordwarrel: Spelreëls

    Spelreëls https://af.wikipedia.org/wiki/Geskiedenis_van_Afrikaans Interessant hoe sekere dinge of gebeurtenisse in mekaar/inmekaar? vloei om dieselfde onderwerp of doel te dek. Die Woordwarrel inspirasie is: spelreëls HesterLeyNel on 2021-12-10(Dis Ekke) administreer hierdie week se inspirasievonk. Die afgelope week het my belangstelling in die skryf van kinderstories weer begin opvlam. Ek is deel, of behoort aan verskillende skryfgroepe, elk met hul…

  • Woordwarrel: Alliterasie assonansie

    #WOORDWARREL, AFRIKAANS In die gees van die feesgety, warrel ‘n vrolike storie met ‘n warrelknoop. Die volgende moet alles ingesluit word in jou vrolike verhaal: Gunsteling dier Gunsteling blom of boom of natuurverskynsel (klippe, grasse, patrone) Gunsteling plek in die natuur (berg, rivier, see, vlaktes….) Gunsteling kleur Laastens, span alliterasie en assonansie in Mik vir 600 woorde of meer. Niks minder.…

  • Woordwarrel: Intensiewe vorme

    Hester sê: Hierdie bloguitdaging handel oor die nuutskepping van woorde, idiome en gesegdes in Afrikaans wat ‘n kultuurverandering kan voortbring of sommer net die leser / aanhoorder irriteer. Die reëls verskyn onderaan die blog.  HesterLeyNel on 2021-11-25 Intensiewe vorme Eers moet ek doodeerlik wees, ek het nooit die loodregte woordvorme geleer nie; waarvoor ‘n woord of watter…

  • Woordwarrel: Letterkeer

    Vandeesweek speel ons letterkeer. Letterkeer of anagram, en soms wisselvorm verduidelik Mielistronk op Wikipedia ” is ‘n woord of sin, gevorm uit die letters van ‘n ander woord of ‘n ander sin, maar in ‘n ander volgorde. Die opmaak van anagramme is ‘n gewilde woordspeletjie. Anagramme word ook dikwels as ‘n pseudoniem gebruik.” Trolle spektakel Drie Trolle drentel-stap die…

  • Woordwarrel: Nog meer spoke

    Jou inspirasievonk vir vandag is “spookasem”. Hierdie bloguitdaging handel oor die nuutskepping van woorde, idiome en gesegdes in Afrikaans wat ‘n kultuurverandering kan voortbring of sommer net die leser / aanhoorder irriteer. Hester is steeds besig om te spook met die woord spook. Toe kom spook die woord ook by my die hele naweek. Vanoggend…

  • Woordwarrel: Pampoenspook

    Jou inspirasievonk vir vandag is “pampoenspook”.  HesterLeyNel  by https://www.hesterleynel.co.za/2021/10/28/woordwarrel-donderdag-pampoenspook-28-okt-2021/ het die week se woordwarrel voorgestel. Gaan lees gerus hoe die uitdaging werk op haar webwerf. Hier in NZ doen hul Halloween elke jaar op 31e Oktober. Gister vertel ek dit vir my liewe suster. En weet jy wat haar reaksie is? OP SONDAG? Moes toe…

  • Woordwarrel: Nuutskepping

    Nuutskepping WooRdWaRRel. Die naam van die nuwe uitdaging rol so lekker op die tong. Die Ws en Rre trek dadelik die aandag. https://af.wikipedia.org/wiki/Alliterasie Alliterasie Alliterasie, ook letterrym of stafrym genoem, verwys na die beginklanke van twee of meer beklemtoonde lettergrepe in ‘n uitdrukking of vers wat dieselfde klink. Alliterasie word dikwels deur digters gebruik om…