Vandag kombineer ek twee woorde – hand + werk. As jy net een gebruik is dit reg met my, gebruik jy altwee of voeg hul saam is ook goed so, solank jy dit geniet om te skryf.
Ek doen die uitdagings op ‘n Maandag sodat almal ‘n week het om daaraan te werk of te skryf. Ek vind egter hoe meer tyd jy het om iets te doen hoe minder doen jy dit op die einde.
Geniet dit om in Afrikaans te skryf en as jy so voel kan jy jou skakel by my kommentaar inplak of n ping back maak sodat ander ook kan lees wat jy vertel.
HANDWERK
My besluit om my goed uit te pak wat na twee jaar steeds in houers is het ongewone, interassante dinge opgelewer. Dit het my laat besef dat
“wie wat bewaardt heeft wat”- oorlede moeder se gesegde.
Die ontdekkings het my beslis oneindige plesier verskaf. Ongelukkig is ek steeds nog nie klaar uitgepak nie want elke keer stop ek om alles te bekyk.
Ek het onder andere my Pa se ou tegniese boeke uitgepak, gedateer van 1930s.
Ou boekhoudingboeke waarin my ma die melkbokke se inligting in aangeteken het.
Bertus se kunswerke wat in ‘n boek geplak is terwyl hy in die kleuterskool was! Ook sy skoolskrifte, Haha. Hy weet dit nog net nie.
Wat my toe laat besluit het om handewerk te gebruik as uitgangspunt was toe ek hierdie hanswors-lappop uithaal.

In 1993 het ek honderde van die poppe gemaak om te verkoop. Ek het hul op bestelling gemaak volgens kleur wat die persoon wou hê. Saans as Bertus geslaap het het ek TV gekyk en die handewerk gedoen. Gedurende naweke het ek die masjienwerk gedoen. Die werkery het my ‘sane’ gehou na die traumatiese omstandighede van my egskeiding en my man se selfmoord. Hierdie pop is die enigste een wat oorgebly het. Niemand het hom gekoop nie so hy het saam met my getrek. Die klere is so verbleik maar tog is ek bly die een het behoue gebly. Amper vergeet ek, ek het ‘n swart en wit een gemaak vir VLU kompetisie en is toe ingeskryf vir die jaar se Streeks Konferensie wat in Secunda gehou is. Die pop het toe derde plek gekry in sy kategorie. My punte wat ek op die einde behaal het was so goed dat ek sesde geplaas is uit omtrent tweehonders inskrywings(dis nou al kategorië saam).
Ek het ook ‘n goeie klomp swart skooltruie gebrei op my klein breimasjientjie.
Toe pak ek die volgende houer uit omdat ek hom wou gebruik om weer ander uitgepakte goed in te bêre. Die houer het toe my hekelwerk in. Ek het tonne van hierdie doilies gehekel en ook verkoop.
In Potgietersrus het ek met scrapbooking begin en ook klasse gegee. Daar het ek my handewerk ook gebruik om voorbeelde te maak en uit te stal.
Fotoalbums
Ek het ook pottebakkersklasse geloop wat nie ‘n groot sukses was nie. Laat ek liewer sê dis te harde werk om die klei te verwerk. Tog, net die idee, het my plesier verskaf omdat dit weer iets anders was.

Nou, hier in New Zealand, het ek steeds nie opgehou met handewerk nie. Ek het Begin met kwiltwerk. Die eerstes het ek met die hand vir my vriendin gekwilt. Ook as terapie om my gedagtes weg te hou van al die omstandighede waarin ek my bevind het.
Dit dan n bietjie handewerk om ‘n mens op die regte pad te hou.
Dankie aan Kameel wat weer geskryf het oor geskenke geskryf het
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/01/21/kameel-geskenke/
Laat ‘n boodskap