(My skootrekenaar neem eeue om oop te maak. Amper het ek moed opgegee.)
Maandag se Wasdag lê weer voor die deur. Ek gee vyf woorde waarvan jy een kan kies of almal of geen een nie. Alles gaan net oor lekker skryf in Afrikaans. Kom geniet dit saam met my. As jy geskryf het voeg jou skakel of pieng-terug, in by my kommentaar sodat ander ook jou bydrae kan lees.
As jy nie skryf nie kan jy net lees wat ander skryf en dit saam geniet.
Dankie aan die volgende mense wat lekker saam geskryf het:
Toortsie
Woordnoot
Kameel
Net Ekke
Sleutelwoorde: oorseese reis, oefening ,gesondheid, geraas, eenmalige plastiek
Ek het nogal getob oor die woorde maar op die einde tog besluit om Toorts se oproep/uitdaging te doen en met julle te deel.
Hier in NZ is nogal goeie samewerking tussen bewoners, stadsrade en selfs die regering van die dag. Ek vat ‘n wilde raai en sê dat maklik 95% van die inwoners gee om vir die omgewing.
Julie is verklaar om eenmalige-gebruik plastiese sakke te verban. Ook om plastiekloos te probeer lewe. Ek self het al seker twee jaar terug begin om so min as moontlik plastiese sakkies te gebruik. Nadat my sakkies wat ek gekoop het op was het ek nie weer gekoop nie. Die supermarkte het toe ‘n spesiale houer gehad waarin jy jou sagte plastiese sakkies kon insit. Alles wat plasties was is China toe gestuur. Toe besluit China hul kan dit nie meer hanteer nie en nou sit ons hier met werklik tonne saamgepakte plastiese materiaal.
Ons het bv hier ‘n hersirkuleer sisteem; bygesê nie almal doen dit nie. Jy huur ‘n Vuilgoedblik net vir plasties, papier, karton en blikke. Glas word in ‘n ander houer gesit en opgelaai. Toe China nie meer al die plastiek aanvaar nie het die maatskapye hul oplaai van plastiek na net no 1 en 2 verander. Die res van die plastiese materiaal is weer terug in die gewone asblik en weg na die afval hoop. Wat ‘n gemors. Nou word dit weer in die natuur teruggesit waar dit nie afgebreek kan word nie.
Om terug te kom na die plastiesesaklose Julie:
Die supermarkte verskaf nie meer eenmalige sakkies nie. Jy bring nou jou eie materiaal sakke of dan omgewing en kompos vriendelike sakke saam. Dit werk soos ‘n bom want jy kan ‘n papiersak koop vir 20c wat jy weer kan gebruik om ander goed in te verpak as jy jou sakke vergeet het. Jy koop ook n materiaal sak by winkel en sodra hy vuil en opgebruik is ruil jy hom om vir n nuwe een sonder om te betaal.
Die groot probleem wat ek sien is dat ons al te veel plastiese sakke in die omgewing ingestuur het. Tog is daar wel hoop as elkeen sy deeltjie bydra. Hier is daar nou ‘n privaat maatskappy wat die harde plastiek, bv jogurthouers en ander 3-7 plastiek, in korrels maak wat hul weer saampers in blokke. Huismure kan daarmee verstewig word. Dit kan nou ook saam met teer/asvalt gemeng word. Die teerpad is baie sterker en waterdig.
Nou is dit ons as mense wat moet vasstaan en ontslae reek van plastiek.
Laat ‘n boodskap na scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord