Opwindend: lewensverhale en gebeurtenisse.

  • Verjaarsdaggeskenk vir Amelia.

    Donderdae is ‘my tyd’ oggende. Ek klim in die kar en ry dorp toe of na die winkels(shops) soos hul dit hier noem. Meestal gaan ek Mall toe. Die kunsafdelings van twee winkels is die aantrekkingskrag. Eers gaan kyk ek in Lincraft. Hier is wolle van alle kleure en diktes. Materiaal(waarin ek nie op oomblik…

  • Gevleugelde plesier.

    Gevleugelde plesier. Sekere tye van die dag is die gevleugeldes hier op die plaas vol plesierigheid. Dis of hul die tyd op die horlosie kan lees. Dis natuurlik nie die digitale horlosies se tyd nie. Hul koppe draai as dit by die na twaalf kom en dit middag is.  Soggens het meneer Haan nie nodig…

  • Geld wat stom is.

    5/07/2023 Waarom moet geld tog so belangrik in ‘n mens se lewe wees? My inkomste is werklik onder die sogenaamde broodlyn; tog kom ek elke maand daarmee uit. Sekere ‘luukse’ dinge moet ek voor spaar voordat ek dit kan koop. Dit sluit nou die voertuiglisensie en Veiligheidswaarborg elke jaar in. Ek huur ‘n skeepshouer waar…

  • Never a dull moment

    Dinsdag 4/07/2023 Die lewe lewer elke dag nuwe avonture. Vandag was geen uitsondering nie. Dis Dinsdag. My dag om met kinders te help omdat Mamma in Wellington werk. Pappa maak die tweetjies reg vir die dag. Omdat dit vakansie vir Beatrix is, is sy in ‘n vakansie program ingeskryf wat 8:30 begin. Pappa moet 8…

  • Nuwe eetplan

    Maandag 3/07/2023 In die verlede het ek al verskillende ‘food bags,’ soos hul dit hier in NZ noem, probeer. Gedurende ‘lockdown’ kon ek steeds die vars groente en bestanddele netjies verpak by die huis afgelewer kry. Met die wat ek 2021 by die kinders intrek het ek aan en af kos gemaak en saam met…

  • Drama op die plaas

    Dis vroeg Woensdagoggend. Mistig en nog skemer. Heel spookagtig. Moooooo, klink dit deur die mis. Nog ‘n ander antwoord met ‘n hoër toonhoogte van Mooooo. Dan kom die bul se diep uitgerekte mooo dat die berge antwoord gee. Het gehelp om kinders reg te kry vir skool. Pappa het Amelia weggevat. Ek en Beatrix het…

  • Dannie die draak

    Dannie Draak Dannie die draak dans, Dartel, dobber, dribbel Da die doem doem === Donderdae dra Dannie dassies Duidelik dink Dannie draak Drome draai deur deure === Dannie Draak dans daagliks. Da die doem doem Dannie is ‘n ligblou gehekelde opgestopte draak. Op haar bors is ‘n rooi gehekelde hart en ook ‘n paar rooi…

  • Daisy die koei

    Daisy is ‘n soort van Jersey koei wat langs ons bly. Die varkhok, inrypad en huis van bure is tussen ons plek en Daisy se kraamkamp. Sy het sommer skielik eendag daar opgedaag. Die buurman of eienaar van Daisy het nie besef sy is met kalf nie.  Dit daar gelaat. Na so twee maande van…

  • Varke. (muse is terug)

    Die bure reg langs ons het twee varke. Nie net gewone varke nie maar “huge pigs”. No 1 is die beer, en No 2 die sog. Hul woon nie saam nie. No 1 is in ‘n kampie wat aan ons grens. Hy het darem ‘n soort van hok waarin hy kan rus as son te…

  • 1652 GV maak eerste plan

    Die Goue Vroue is ñ groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Kliek op die volgende skakel as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang… https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711 Deel 2 Dis middernag en volmaaan. Kommandoor Jan, het goedgunstiglik die eetkamer van die fort laat inrig as slaapplek vir die…

Got any book recommendations?