Varke. (muse is terug)

Die bure reg langs ons het twee varke. Nie net gewone varke nie maar “huge pigs”.

No 1 is die beer, en No 2 die sog.

Hul woon nie saam nie. No 1 is in ‘n kampie wat aan ons grens. Hy het darem ‘n soort van hok waarin hy kan rus as son te warm is of as dit te koud en nat is. Die buurman gaan vroeg soggens (so 4 am) of laat aand na die kettingwinkels om hul groen vars afval te kry. Die ruik natuurlik met tye vreeslik varkerig tot by ons ook. Veral as dit so baie nat, modderig en winderig is stink dit behoorlik. 

No 2 wei egter die laaste tyd in die kamp oorkant waar No 1 bly.

Vanoggend toe ek terugkom van my stappie, wat sal ek sien?

No 1 kuier by No 2 in haar kamp. Hoe weet ek dit?

No 1 is swart met ‘n wit kraag terwyl No 2 geheel swart is. Dis toe die wit kraag van No 1 wat ek raaksien.

Een of ander tyd gaan ons varkies langsaan hê.

Gaan eers opsoek hoe lank varke dra:

 Sôe kom elke 18-24 dae op hitte. Die dra periode is 112-120 dae. 

Daar het ons dit nou! Oor so drie maande is daar varkies, bygesê as alles volgens plan verloop.


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

10 reaksies op “Varke. (muse is terug)”

  1. seegogga Avatar

    Klein varkies is pragtig

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hul is cute. Hoop nie ons kry ‘n varkie nie want die sal dalk in huis moet grootword, haha.

      Liked by 1 person

      1. seegogga Avatar

        Hulle is blykbaar slim en goeie troeteldiere. Ek suen al hie slaap jy snags met n varkie teen jou opgecuddle!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek weet veral die dwerg varkies. Nogal ‘n idee wat jy my nou gee aangesien hier reeds so ‘n verskeidenheid diere is. Sal hom/haar leer om saam my te gaan stap ook.

          Like

  2. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Dit gaan mos nou baie pret verskaf, Scrapy! Sulke klein varkies is die allermooiste goedjies.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis baie pret. Die bure is pret op hul eie ook. Gaan nog verder vertel van ondervindings.

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraair Avatar

    Vra bietjie hulle name vir buurman?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Name is Number one en number two.

      Like

  4. perdebytjie Avatar

    Dis nou ‘n oulike romantiese storie!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ook so gedink. Partymaal lepelê hulle rudtig in die bietjie son as hy uitkom. Het jy Daisy se storie ook gelees? Dis weer iets anders as romanse.

      Like

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: