Opwindend: lewensverhale en gebeurtenisse.

  • Uit my Dagboek 2025: Spraakterapie en huurmotor

    17/11/2025 Eerste huurmotor huur Noudat ek hier in die “Village” bly het ek nie meer ‘n motor nie. Ten eerste, het ek ‘n Nissan Leaf wat ‘n elektriese motor is. Hier is nie regtig parkeer plek nie en ook nie ‘n kragpunt om die battery te laai nie. Dit pas my aan die een kant. …

  • Uit my Dagboek 2025: Inleiding

    16/11/2025 Ter inleiding Vandag 16 November staan ek met my hoed(wat ek nie eens het nie) in my hand, uit dankbaarheid en nederigheid om hier te kan wees waar ek nou, op amper tagtig jaar, mag wees. Vanoggend toe ek in die stort staan kom daar skielik gedagtes op wat my laat besef het dat…

  • Ek dink terug

    Skielik het ek besluit om bietjie tussen my skryfsels te grawe en kom toe op die volgende af: 2024/11/20 Waterverf Klas Die verfklas het nou twee maande agter die rug. Die vier dogters sien nog steeds daarna uit om Dinsdagmiddae saam met my verfkwaste op te tel en ‘n uur lank hul uit te leef. …

  • Liewe Kleinkinders

    Vanoggend het ek beter gevoel as gister. Stella, gee honde net na ses kos. Sy ry hierdie keer net na sewe. Dis reënerig. Toe ek teen kwart voor agt  huis ingaan is Bertus besig om uit te suig. Ek het gaan stort en hy is werk toe.  Kinders is reg om skooltoe te gaan. Hul…

  • ‘n Brief aan Pappa.

    Die volgende brief sou ek graag aan my Liewe Pappa wou gee. Terwyl ek steeds besig is om daagliks my lewens ervarings neer te pen het, Charlotte, my Memoir “tutor” gevra dat ons ‘n kort beskrywende stukkie skryf, van 100 woorde, oor ‘n geliefde persoon. Dit was baie moeilik om net in honderd woorde te…

  • Tiny Home, opgewonde!

    Die ‘Tiny Home’ is besig om te gebeur. Ek is skoon opgewonde.  Na die terugslag met die omwaai van die muur ‘geraamte’ gedurende ‘n woeste Suid- ooster is daar weer vooruitgang met die bou. Die raamwerk is weer opgebou. My seun het van Januarie af ingespring met die herbou. Gister het ek vir eerste keer…

  • Bruce en Lucky.

    Whose the leader? Bruce ‘n Muscovy duck/ eend. Lucky ‘n Langbeen, tropjaer. As Bruce sy kuif so regop lig en blasend nader kom moet jy maar versigtig wees vir hom. Hy knyp wat hy ook al in die hande kry!

  • Sonsondergang in NZ

  • Week met nuwe avonture.

    13/02/ 2025 Week met nuwe avonture. Naweek is daar vleis gebraai. Sondag, S se ouers was hier vir die namiddag. B braai vleis op die gasbraaier. Daar is eie skaaplam chops. Heel sappig en lekker. Goeie randjie vetjies. Nagereg was vanilje roomys en sjokolade roomys in ‘n cone/horinkie met Ouma G se spesiale nyammy nagereg.…

  • Pyne en skete. Dokter besoek. Bietjie kuns.

    Eers die kuns. Die volgende is wat ek vanoggend klaar geverf het. Dit neem my so twee tot drie dae om klaar te maak omdat dit droog word tyd tussenin nodig het. Ek het ook twee uitdagings waarmee ek besig is. Die eerste het 1 Februarie begin en eindig 28 Februarie. Die uitdaging is om…

Got any book recommendations?