Die tyd vlieg verby. Tweede Maandag=Wasdag. Almal wat van Afrikaans hou is welkom om saam te skryf. Ons skryf vir die lekker van skryf en Afrikaans as taal. Hierdie keer kyk ons bietjie terug na die jaar wat verby is. Het jy iets nuuts begin of gedoen of gemaak? Kom vertel daarvan en sit jou…… Lees meer Maandag=Wasdag 2: Iets nuuts
Maandag=Wasdag 1/21 Geliefde/spesiale klere?
Welkom by ons eerste Maandag=Wasdag. Mag 2021 meer vreugdevol en rustiger verloop vir almal. Spesiale klere. Noudat ‘n mens jou kamera op jou foon het is dit maklik om gou ‘n ding of twee af te neem. Dis presies wat ek verlede week voor die einde van die jaar gedoen het. Ek beplan om my…… Lees meer Maandag=Wasdag 1/21 Geliefde/spesiale klere?
Maandag=Wasdag 40: Toekennings
Die jaar is verby. Dis met dankbaarheid in my hart dat almal wat die jaar saam geskryf het nog steeds aanhou met skryf. Die volgende toekenning gaan aan almal wat saam geskryf het. SONNEBLOM TOEKENNING 2020 Uitmuntende skryfwerk Kameel https://kameel179438031.wordpress.com/ Appeltjie https://appeltjie.wordpress.com/ Tannie Frannie https://frandr.wordpress.com/ Lekker vurig Toortsie https://toortsie.com/ Dis Ekke https://www.hesterleynel.co.za/ Christa https://christavanstaden.com/
Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.
Die laaste Wasdag vir 2020. Daar is regtig lekker geskryf die afgelope maande. Hierdie keer het ek gedink om sommer sulke los stukkies te skryf. Ek het ‘n klompie sê-goed neer geskryf. Jy mag hul almal in ‘n denkbeeldige storie gebruik of net een uitsoek om oor te praat. As jy nog nuwe gesegdes ken…… Lees meer Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.
Maandag=Wasdag 38: ‘n besondere persoon.
Wel vriende en vriendinne die jaar spoed einde toe. Feesgety lê nog voor en dan is 2020 verby. Ek nooi almal uit wat van Afrikaans hou, of in Afrikaans skryf om saam te skryf. As jy jou stuk geskryf het kan jy asseblief jou vertelling se skakel in my kommentaar plak of n pieng terug…… Lees meer Maandag=Wasdag 38: ‘n besondere persoon.
Maandag=Wasdag: Teen+/op my yskas
Nog ‘n week het verby gevlieg en hier hang ons alweer die wasgoed op om droog te word. Dit was maar weer ‘n bedrywige week gewees. Alles op hierdie blad draai om Afrikaans. As jy lus voel kan jy gerus ‘n stukkie skryf en vertel wat alles teen jou yskas of op jou yskas is.…… Lees meer Maandag=Wasdag: Teen+/op my yskas
Maandag=Wasdag 36: Hoor en sien.
Sjoe, ek is skoon uitgeskryf! My gô is omternt opgeskryf. Gelukkig het ek verlede Woensdag ‘n lekker stuk gevind wat ek hier gaan deel en gebruik vir vandeesweek se Wasdag. Ek het sommer die woorde ook by my telling vir NaNoWriMo getel, was n ekstra 570 woorde. Dinsdag skryf Tannie Frannie oor “Wat hoor jy…… Lees meer Maandag=Wasdag 36: Hoor en sien.
Maandag=Wasdag: Paar fotos
Ballerina Bea Susters Sien vir OumaEk sit PappaStaan Pappa Amelia is nou vier maande. Sy het nou blonde haartjies en steeds daardie deurdringende kyk. Ek skryf nie hierdie week n stuk nie. My aandag is nou by die laaste stuk van NaNoWriMo. Ek is reeds by 39000 woorde van die 50000 waar ek gaan eindig…… Lees meer Maandag=Wasdag: Paar fotos
Maandag=Wasdag: 35 Kind/ers
Elke Maandag plaas ek ‘n nuwe woord of onderwerp waaroor ons kan skryf. Almal is welkom om te skryf solank jy dit in Afrikaans doen. Dis lekker om Afrikaans te praat en te skryf. Die taal is so kleurvol en vol onverwagse uitdrukkings wat mens veel plesier verskaf. Daar is geen perk op hoe lank…… Lees meer Maandag=Wasdag: 35 Kind/ers
Maandag=Wasdag 34 :Musiek
Die hele week sing ek in my gedagtes die volgende liedjie https://www.youtube.com/watch?v=aV-jaOBbgGc Dit reën hier aanmekaar. Wens ek kan bietjie oorstuur na die dele waar dit so droog is. Musiek was nog altyd baie belangrik in my lewe. Van kleins af het ek, as die geleentheid daar was, musiek geluister. Toe ek student was het…… Lees meer Maandag=Wasdag 34 :Musiek