Tiny Home, opgewonde!

Die ‘Tiny Home’ is besig om te gebeur. Ek is skoon opgewonde.

 Na die terugslag met die omwaai van die muur ‘geraamte’ gedurende ‘n woeste Suid- ooster is daar weer vooruitgang met die bou. Die raamwerk is weer opgebou. My seun het van Januarie af ingespring met die herbou.

Gister het ek vir eerste keer in my toekomstige blyplek geklim. Bertus het my gehelp om op en in te klim. Ek het in verwondering gestaan en uitkyk deur die vensterraam. Twee vroue, wat hul perd hier versorg, kom verby. Ek beduie toe: 

“Hier gaan my bed staan en dan onder die venster my werktafel. Ek gaan lekker met jul gesels deur my venster as jul verby kom.”

Vandag word die skeepshouer waarin my goed gestoor is aan die suidekant muur geplaas. Dit gaan sommer as beskerming dien teen die Suidewind. Die houer gaan ook as ankerplek vir die ‘Tiny home’ wees.

Bertus kyk deur die venster. Skeepshouer is in plek.

Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

9 reaksies op “Tiny Home, opgewonde!”

  1.  Avatar
    Anoniem

    Aha oulik Ek is die meeste opgewonde oor ‘n badkamer en kombuisie

    Liked by 1 person

  2. Tannie Frannie Avatar

    Dis nou goeie nuus!! Nou kan jy behoorlik nesskrop, liewe Scrapy. Jou seun is dierbaar verby.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie, my seun is ‘n besondere ster vir my. Baie bly hy het sy oupa se handigheid en berekening vermoë ge-erf. Hy geniet hom gate uit.

      Liked by 1 person

  3. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Scrapy, ek is super opgewonde vir jou part!❤️❤️❤️😘🤗

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie,Una, jy sal weet van huisie bou op ‘n vreemde plek en vreemde land.

      Liked by 1 person

  4. Bondelsgedagtes Avatar

    sjoe Ineka, dit is omtrent iets om na uit te sien. Neem baie fotos van die proses en deel met ons asb!!??

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is nou al die vierde jaar wat ek in spanning wag dat daar iets gebou word. Ek neem telkens fotos. Kannie wag om my eie plekkie te hê nie.

      Liked by 1 person

  5. Bondelsgedagtes Avatar

    Ek kan dink. Wel, nou gaan ek saam met jou bid..
    Dalk help dit

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie bondels. Ek dink die saam bid help al klaar. Die bouwerk is al verder as die vorige keer toe als omgewaai het.

      Like

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.