Eers die kuns.
Die volgende is wat ek vanoggend klaar geverf het. Dit neem my so twee tot drie dae om klaar te maak omdat dit droog word tyd tussenin nodig het.

Ek het ook twee uitdagings waarmee ek besig is.
Die eerste het 1 Februarie begin en eindig 28 Februarie.
Die uitdaging is om vyf dinge neer te skryf, te teken, te verf, of wat mens ookal wil. Elke dag kry mens ‘n ander opdrag. Die persoon wat dit aanbied gee ook ‘n liedjie of musiek wat pas, ‘n interessante persoon of oefening met opdrag asook telkens ‘n gedig wat pas. Dit begin met ‘Five things you…..’
Die tweede een is ‘The inchie challenge’ 3-14 Februarie.
Dis die vier blokkies langs die kant.
Elke dag gee die persoon ‘n woord wat mens moet uitbeeld op ‘n klein vierkantige stukkie papier. Sy het voorgestel om 2×2 duim waterverf papier te gebruik omdat mens enige medium kan gebruik om patrone te maak. Sy gee nie voorbeelde nie. Als kom uit jouself uit.
‘Give yourself permission to do what feels right for you.’ sê sy.
Ek soek eers sinonieme op vir die woord wat sy gee. Dit hou my brein aktief wat baie belangrik is. Daarna besluit ek wat ek gaan doen. Vandag se woord is bv ‘under’.
Pyne en skete. Dokters besoek
Ek blaai terug in my blog na verlede jaar Februarie 2024. Daar lees ek van my gym toe ganery en om my klaargemaakte aandetes te gaan haal in Lower Hutt so 20 kilometers weg van my af. Dis ook waar Hutt Hospitaal is.
Dis amper ‘n jaar terug wat ek amptelik gediagonoseer is met Parkinson se Siekte. Ongelooflik hoe tyd vlieg. 19 Februarie 2024 het ondersoeke en toetse begin. Van toe af is dit mense wat my ondersteun en help om nie moed te verloor met die gevoel wat binne my rond storm nie.
Dinsdag, 4 Februarie 2025, het ek ‘n afspraak om dokter JW, die spesialis, te besoek nadat ek ses maande laas haar gesien het.
Eintlik wou ek begin vertel van die slegte nag, of eintlik vroeg oggend, wat ek gehad het.(Donderrdag 8 Feb.)
Dis op die oomblik baie warm hier, veral namiddae. Ek sit met die waaier aan in my kamer net om bietjie roering in die lug te kry. Bygesê, die son skyn soggens vol op my venster en smiddae by my deur in. Die hele dag is dit maar heel warm in my kamer. Ek hou my maar stil en rustig. Drink water vir Afrika; en loop ook elke uur huistoe om badkamer te gebruik.
So twee uur vanoggend word ek met ‘n ongewone pyn en spanning in my rugspiere, wakker. Ek lê meer op my rug om te kyk of pyn weggaan. Gelukkig raak ek aan die slaap. Droom, drome wat ek nie meer onthou nie. Tussen in is dit pyn en wakker wees. Kwart voor ses word ek wakker en besef ek moes lankal medikasie gebruik het om spanning in spiere te verslap.
“Sug, wil jy nou meer. Hoekom martel ek myself so om nie pil te drink nie!” Pil opgelos in water, gedrink, wekker gestel vir kwart voor sewe om my, eerste uit vier, kapsule vir die dag te drink. Maak my oë toe, pyn verdwyn en ek slaap ‘n stukkie.
Skielik lui die wekker. Drink kapsule en weer rustig terug op my ander sy. Ek dommel lekker, in en uit slaap. Teen agtuur kon ek nie meer lê nie. Ek besluit om kortpad huistoe te vat. My balans is bietjie uit. Gelukkig steun ek teen die muur.
“Nee wat, Ineke, konsentreer op wat jy doen. Jy kan mos nie nou wil dubbel spore loop nie.”
Terug na die dokter besoek van Dinsdag. Eers neem die ‘nurse’ my onder hande. Mens moet tien minute voor die spesialis afspraak aanmeld sodat die basiese vrae gevra kan word. Eers gewig, dan lê op bed en bloeddruk geneem. In die tussentyd vra ‘nurse’
Het jy geval afgelope ses maande? Eet jy behoorlik? Bestuur jy self? Hoekom kom jy alleen? Dan opstaan en staande bloeddruk neem. Alles word aangeteken en vir dokter JW gegee.
Dokter JW vind dat ek goed op medikasie reageer op oomblik. Die vroëe oggend rug spasmas is maar as gevolg van die PD. Ons besluit dat ek oor ‘n jaar kan terug kom. As daar iets voorval kan PD vereniging se dame haar bel om te vra wat gedoen kan word. Ek het darem nou ook ‘n geneesheer wat my kan help as dit sou wees. Moet net eers ‘n plan maak om die GP te ontmoet sodat ons mekaar kan leer ken vir ingeval van nood.
My vermoede is dat die spanning om te ry en die dokter se besoek my PD affekteer omdat daar ‘n noue band tussen gemoedstoestand en spanning is wat ‘n groot invloed het op hoe my liggaam reageer. Bygesê, daar is goeie dae en dan weer slegte dae in elke week. Ongelukkig is die, nie so goeie dae meer as die goeie dae.
Daarom:
‘One day at a time, sweet Jesus
That’s all I’m asking from you.
Lord, give me the strength to do every day what I have to do.’
Lewer kommentaar