Etiket: geniet
-
Uit my Dagboek: Vreugde en verdriet
Vreugde en verdriet Ek hoef nie my verbeelding of diere kapperjolle in die diertuin te gebruik om myself te vermaak nie. Trompie, my mini Schnauzer, kon so snaaks wees dat ek net my kop kon skud en lê soos ek lag. Hy was so vermaaklik van aard. Gladnie nodig om eers te dink wat om…
-
Uit my Dagboek 2025: Spraakterapie en huurmotor
17/11/2025 Eerste huurmotor huur Noudat ek hier in die “Village” bly het ek nie meer ‘n motor nie. Ten eerste, het ek ‘n Nissan Leaf wat ‘n elektriese motor is. Hier is nie regtig parkeer plek nie en ook nie ‘n kragpunt om die battery te laai nie. Dit pas my aan die een kant. …
-
Ek dink terug
Skielik het ek besluit om bietjie tussen my skryfsels te grawe en kom toe op die volgende af: 2024/11/20 Waterverf Klas Die verfklas het nou twee maande agter die rug. Die vier dogters sien nog steeds daarna uit om Dinsdagmiddae saam met my verfkwaste op te tel en ‘n uur lank hul uit te leef. …
-
Liewe Kleinkinders
Vanoggend het ek beter gevoel as gister. Stella, gee honde net na ses kos. Sy ry hierdie keer net na sewe. Dis reënerig. Toe ek teen kwart voor agt huis ingaan is Bertus besig om uit te suig. Ek het gaan stort en hy is werk toe. Kinders is reg om skooltoe te gaan. Hul…
-
Is pannekoekbak oorerflik?
Ek dink dit kan nogal oorerflik wees om pannekoek te bak. Hoekom dink ek so? My gedagtes gaan ver terug na my kinderjare toe my seun gisteraand pannekoek gebak het. Met die hulp van vroulief het hy vinnig al die bestanddele in ‘n bak gemeng en bietjie geklop om klonte uit te kry. Ek kyk…
-
Wegbreek na Featherston 2022/2023
Inleiding Vertrek van Mangaroa 23/12/2022 Ek het vroeg in Oktober 2022 vir my 11 nagte bespreek in ‘n motel in Featherston wat 30km, ongeveer halfuur’se ry van Upper Hutt is. Rimutakas(berge) vol draaie op en weer anderkant af. Die 22ste het ek al begin inpak en alles op my lysie reggesit. 23e, pak ek solank…
-
Woordwarrel: Nuutskepping
Nuutskepping WooRdWaRRel. Die naam van die nuwe uitdaging rol so lekker op die tong. Die Ws en Rre trek dadelik die aandag. https://af.wikipedia.org/wiki/Alliterasie Alliterasie Alliterasie, ook letterrym of stafrym genoem, verwys na die beginklanke van twee of meer beklemtoonde lettergrepe in ‘n uitdrukking of vers wat dieselfde klink. Alliterasie word dikwels deur digters gebruik om…
-
Maandag=Wasdag 21: Ingesteldheid
Betekenis: ingesteldheid Ek kon nie die woord se betekenis vind in my 1961 Verklarende Afrikaanse Woordeboek van Kritzinger et al. nie. Gesteldheid: beteken- toestand of staat. Dit moet maar doen vir nou. Ingesteldheid Verlede week Woensdag word ons vir drie dae in inperking, in vlak 4, geplaas. Vrydag word dit nog aangeskuif na Dinsdag aand…
-
Maandag=Wasdag 18: Ry+loop=ryloop.
Kom mense, ek nooi almal uit om saam te skryf in Afrikaans. Almal is welkom om hul gedagtes te deel hier op my Wasdag blog, solank jy in Afrikaans skryf is alles reg. Afrikaans is ‘n heerlike taal om in te skryf. Daar is so baie juweeltjies in ons taal wat behoue moet bly. Hoe…
-
Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?
Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Dis sowaar weer Maandag. Die week het verby gevlieg sonder dat ek werklik my gedagtes op Maandag gefokus het. Sondagoggend, gedurende my lopery met Trompie, wonder ek toe nogal waaroor ek gaan skryf. Ek wil nie weer so diep in ‘n gedagte ingaan dat dit te morbied raak nie. Ongelukkig…