Kategorie: vertel

  • Uit my Dagboek 2026 Die eseltjie

    Sal ek nou vanoggend koud kry in my bed. Dis nog nie tyd vir winter nie! My gedagtes gallop skielik weg. Oor en oor draai die woorde. Wie onthou nog die gediggie/liedjie? Onthou jy nog ‘n gediggie/rympie uit jou kinder dae? Laat weet asb. Die eseltjie Kapoete kapoete kapat Die eseltjie ry na die stad…

  • Uit my Dagboek. Mislukte dr besoek, 13/01/2026

    Ek het die Disdag ‘n dokters besoek gehad wat eintlik ‘n aanlyn besoek was en nie persoonlike konsultasie soos wat ek wou nie. Toe genoeg geleentheid gehad om bietjie in die Mall in Upper Hutt ‘n teetjie met vriendin te geniet. Die volgende is drie episodes wat Dinsdag die 13e plaas gevind het. Eerste toneel.…

  • Van uit my kombuisvenster

    Kwarteltjies, blackbirds, bellbird   Deur my kombuis venster aan agterkant van die villas is daar weer ‘n ander gesig. Daar is ‘n heup-hoogte muur wat gebou is om die bult af te werk vir die behuising. Daars ook ‘n bedding aan die muurtjie se kant. My buurman het besluit om weer groente in potte te…

  • 2026 Uit my Dagboek. Nuwe jaar, nuwe dinge.

    ‘n nuwe jaar 4/01/2026 My geliefde man het altyd gese: Die pad na die hel is uitgele met goeie voornemens. Daarmee kan ek ook nou saamstem want ek het myself belowe om op my blog te skryf. Wat het daarvan gekom? Drie stukke geskryf en dis al. Baie verskonings. Niks help nie. As jy iets…

  • Uit my Dagboek: Vreugde en verdriet

    Vreugde en verdriet Ek hoef nie my verbeelding of diere kapperjolle in die diertuin te gebruik om myself te vermaak nie. Trompie, my mini Schnauzer, kon so snaaks wees dat ek net my kop kon skud en lê soos ek lag. Hy was so vermaaklik van aard. Gladnie nodig om eers te dink wat om…

  • Uit my Dagboek 2025: Spraakterapie en huurmotor

    17/11/2025 Eerste huurmotor huur Noudat ek hier in die “Village” bly het ek nie meer ‘n motor nie. Ten eerste, het ek ‘n Nissan Leaf wat ‘n elektriese motor is. Hier is nie regtig parkeer plek nie en ook nie ‘n kragpunt om die battery te laai nie. Dit pas my aan die een kant. …

  • Uit my Dagboek 2025: Inleiding

    16/11/2025 Ter inleiding Vandag 16 November staan ek met my hoed(wat ek nie eens het nie) in my hand, uit dankbaarheid en nederigheid om hier te kan wees waar ek nou, op amper tagtig jaar, mag wees. Vanoggend toe ek in die stort staan kom daar skielik gedagtes op wat my laat besef het dat…

  • ‘n Brief aan Pappa.

    Die volgende brief sou ek graag aan my Liewe Pappa wou gee. Terwyl ek steeds besig is om daagliks my lewens ervarings neer te pen het, Charlotte, my Memoir “tutor” gevra dat ons ‘n kort beskrywende stukkie skryf, van 100 woorde, oor ‘n geliefde persoon. Dit was baie moeilik om net in honderd woorde te…

  • Tiny Home, opgewonde!

    Die ‘Tiny Home’ is besig om te gebeur. Ek is skoon opgewonde.  Na die terugslag met die omwaai van die muur ‘geraamte’ gedurende ‘n woeste Suid- ooster is daar weer vooruitgang met die bou. Die raamwerk is weer opgebou. My seun het van Januarie af ingespring met die herbou. Gister het ek vir eerste keer…

  • Asemtoetse

    2024/11/25 Die afgelope twee jaar gaan haal ek elke Maandag oggend my klaargemaakte maaltye by EAT https://eat.co.nz/ EAT is in Lower Hutt, ‘n 25 minute(23.3km)  se ry van Mangaroa waar ek bly. Die besigheid lewer nie af by landelike plekke nie. Ek gaan haal dus die maaltye by hul hoofkantoor/kombuis wat in Lower Hutt is. …