Kategorie: vertel
-
Uit my Dagboek: Vreugde en verdriet
Vreugde en verdriet Ek hoef nie my verbeelding of diere kapperjolle in die diertuin te gebruik om myself te vermaak nie. Trompie, my mini Schnauzer, kon so snaaks wees dat ek net my kop kon skud en lê soos ek lag. Hy was so vermaaklik van aard. Gladnie nodig om eers te dink wat om…
-
Uit my Dagboek 2025: Spraakterapie en huurmotor
17/11/2025 Eerste huurmotor huur Noudat ek hier in die “Village” bly het ek nie meer ‘n motor nie. Ten eerste, het ek ‘n Nissan Leaf wat ‘n elektriese motor is. Hier is nie regtig parkeer plek nie en ook nie ‘n kragpunt om die battery te laai nie. Dit pas my aan die een kant. …
-
Uit my Dagboek 2025: Inleiding
16/11/2025 Ter inleiding Vandag 16 November staan ek met my hoed(wat ek nie eens het nie) in my hand, uit dankbaarheid en nederigheid om hier te kan wees waar ek nou, op amper tagtig jaar, mag wees. Vanoggend toe ek in die stort staan kom daar skielik gedagtes op wat my laat besef het dat…
-
‘n Brief aan Pappa.
Die volgende brief sou ek graag aan my Liewe Pappa wou gee. Terwyl ek steeds besig is om daagliks my lewens ervarings neer te pen het, Charlotte, my Memoir “tutor” gevra dat ons ‘n kort beskrywende stukkie skryf, van 100 woorde, oor ‘n geliefde persoon. Dit was baie moeilik om net in honderd woorde te…
-
Tiny Home, opgewonde!
Die ‘Tiny Home’ is besig om te gebeur. Ek is skoon opgewonde. Na die terugslag met die omwaai van die muur ‘geraamte’ gedurende ‘n woeste Suid- ooster is daar weer vooruitgang met die bou. Die raamwerk is weer opgebou. My seun het van Januarie af ingespring met die herbou. Gister het ek vir eerste keer…
-
Asemtoetse
2024/11/25 Die afgelope twee jaar gaan haal ek elke Maandag oggend my klaargemaakte maaltye by EAT https://eat.co.nz/ EAT is in Lower Hutt, ‘n 25 minute(23.3km) se ry van Mangaroa waar ek bly. Die besigheid lewer nie af by landelike plekke nie. Ek gaan haal dus die maaltye by hul hoofkantoor/kombuis wat in Lower Hutt is. …
-
Scrapy se Maandag.
2 Scrapy se Maandag 12/02/2024 Scrapy wou vanoggend nie opstaan nie. Sy is meestal so sesuur wakker. Vanoggend was sy net na vyf wakker en het haar kompos toilet in haar kamer gebruik. Terug in die bed het sy haar snoesig toegemaak met haar sagte kombers(dit was bibberkoud voor sonsopkoms) Rustig lê sy op haar…
-
Nog eendjies.
Woensdag is my alleen tuis dae. Almal is by die werk of in die skool. Ek begin na ek gestort het om eerste bondel wasgoed in masjien te sit. Meestal laai ek ook die skottelgoedwasser. Terwyl die wassery besig is bestudeer ek al my e-posse om te sien wat almal doen. Woensdag was dit weer…
-
Verneukspul(scam)
Wil jy nou meer, ek het meer as ‘n maand laas geskryf. Die lewe hier op die plaas lewer so baie op dat daar skaars tyd is om asem te haal. Ook natuurlik nooit dieselfde ding of avontuur nie. Ek het my verkneukel aan die vertaling van die woord ‘scam’. Verneukspul.(presies wat die woord sê)…
-
Reën, reën, reën en wilde voëltjies
28/07/2023 Reën, reën lieflike reën. Dit reën al die hele week aan en af. Woensdag(26/07/’23) het dit aanmekaar gereën. Moes my pille by apteek kry en ‘n paar kruideniersware gaan koop; yogurt, brood, weetbix, vrugte. Lekker nartjies gekry. Hul lyk so mooi en gesond. Nartjies kom van Australië. Wonder toe of hul so lekker proe…