Kategorie: Sommer net
-
Uit my Dagboek 2025: Inleiding
16/11/2025 Ter inleiding Vandag 16 November staan ek met my hoed(wat ek nie eens het nie) in my hand, uit dankbaarheid en nederigheid om hier te kan wees waar ek nou, op amper tagtig jaar, mag wees. Vanoggend toe ek in die stort staan kom daar skielik gedagtes op wat my laat besef het dat…
-
Asemtoetse
2024/11/25 Die afgelope twee jaar gaan haal ek elke Maandag oggend my klaargemaakte maaltye by EAT https://eat.co.nz/ EAT is in Lower Hutt, ‘n 25 minute(23.3km) se ry van Mangaroa waar ek bly. Die besigheid lewer nie af by landelike plekke nie. Ek gaan haal dus die maaltye by hul hoofkantoor/kombuis wat in Lower Hutt is. …
-
Eendjies, eendjies in ‘n ry
Eendjies, eendjies daar in ‘n ry Twee, vier, ses, agt Kom hul verby Links, regs, links, regs, oor die pad Mamma wag in die middel van die pad. ‘n Klein karretjie met ‘n ou vrou wag. ‘n Vragmotor aan anderkant van pad wag. Geduldig gedweë wag. Eendjies eendjies in nog ‘n ry kom flink aangedraf…
-
Is pannekoekbak oorerflik?
Ek dink dit kan nogal oorerflik wees om pannekoek te bak. Hoekom dink ek so? My gedagtes gaan ver terug na my kinderjare toe my seun gisteraand pannekoek gebak het. Met die hulp van vroulief het hy vinnig al die bestanddele in ‘n bak gemeng en bietjie geklop om klonte uit te kry. Ek kyk…
-
Verneukspul(scam)
Wil jy nou meer, ek het meer as ‘n maand laas geskryf. Die lewe hier op die plaas lewer so baie op dat daar skaars tyd is om asem te haal. Ook natuurlik nooit dieselfde ding of avontuur nie. Ek het my verkneukel aan die vertaling van die woord ‘scam’. Verneukspul.(presies wat die woord sê)…
-
Oompie en die Gym
Oompie Doompie ‘n Gedagte het die afgelope tyd in my gedagtes bly draai. Wat gaan ek doen om my liggaam in rat te kry om gesonde bewegings en oefeninge te doen? Ek probeer om gereeld te loop. Die weer speel egter nie altyd saam nie. Om in die reën te stap is nou nie juis…
-
Geld wat stom is.
5/07/2023 Waarom moet geld tog so belangrik in ‘n mens se lewe wees? My inkomste is werklik onder die sogenaamde broodlyn; tog kom ek elke maand daarmee uit. Sekere ‘luukse’ dinge moet ek voor spaar voordat ek dit kan koop. Dit sluit nou die voertuiglisensie en Veiligheidswaarborg elke jaar in. Ek huur ‘n skeepshouer waar…
-
Never a dull moment
Dinsdag 4/07/2023 Die lewe lewer elke dag nuwe avonture. Vandag was geen uitsondering nie. Dis Dinsdag. My dag om met kinders te help omdat Mamma in Wellington werk. Pappa maak die tweetjies reg vir die dag. Omdat dit vakansie vir Beatrix is, is sy in ‘n vakansie program ingeskryf wat 8:30 begin. Pappa moet 8…
-
Nuwe eetplan
Maandag 3/07/2023 In die verlede het ek al verskillende ‘food bags,’ soos hul dit hier in NZ noem, probeer. Gedurende ‘lockdown’ kon ek steeds die vars groente en bestanddele netjies verpak by die huis afgelewer kry. Met die wat ek 2021 by die kinders intrek het ek aan en af kos gemaak en saam met…
-
Wilgerboom vir troue 3/01/2023
Elke gas moes hul naam skryf en ‘n vingerafdruk daarby sit as blare vir die boom.