Kategorie: Neerpen
-
Uit my Dagboek. Mislukte dr besoek, 13/01/2026
Ek het die Disdag ‘n dokters besoek gehad wat eintlik ‘n aanlyn besoek was en nie persoonlike konsultasie soos wat ek wou nie. Toe genoeg geleentheid gehad om bietjie in die Mall in Upper Hutt ‘n teetjie met vriendin te geniet. Die volgende is drie episodes wat Dinsdag die 13e plaas gevind het. Eerste toneel.…
-
Van uit my voordeur.
Voor my voordeur As ek my deur oopmaak word ek begroet deur ‘n son wat van krag tot krag gaan wees. In die bedding teen die buite loopvlak en reeling blom die agapanthussen vol koppe blommetjies wat oopvou om ‘n wit blommetjies bol te vorm. Daar is ook ‘n ou bekende tipiese ligte blou kleinerige…
-
Uit my dagboek: Lewens Sertifikaat, November einde.
Die laaste dag van November 2025. Die jaar spoed nou ten einde. My lewe hier in die ‘Village’ is nou besig om gevestig te raak. Ek probeer nou weer roetine kry. Dis belangrik om betyds te weet wat gaan of kan gebeur tydens ‘n 24 uur tydperk in my lewe. Belangrikste gaan oor die drink…
-
Uit my Dagboek 2025: Spraakterapie en huurmotor
17/11/2025 Eerste huurmotor huur Noudat ek hier in die “Village” bly het ek nie meer ‘n motor nie. Ten eerste, het ek ‘n Nissan Leaf wat ‘n elektriese motor is. Hier is nie regtig parkeer plek nie en ook nie ‘n kragpunt om die battery te laai nie. Dit pas my aan die een kant. …
-
‘n Brief aan Pappa.
Die volgende brief sou ek graag aan my Liewe Pappa wou gee. Terwyl ek steeds besig is om daagliks my lewens ervarings neer te pen het, Charlotte, my Memoir “tutor” gevra dat ons ‘n kort beskrywende stukkie skryf, van 100 woorde, oor ‘n geliefde persoon. Dit was baie moeilik om net in honderd woorde te…
-
Parkinson se siekte: 24 uur in my lewe met PD.
24 uur in my lewe met Parkinson se siekte. Die medikasie help beslis om verligting te gee. Ek dank die Here vir elke oomblik dat ek steeds myself kan help en versorg. Dis tien uur Vrydag oggend 2 Augustus. My liggaam word aangehelp om te fuksioneer deur medikasie wat ek vierkeer per dag drink. Die…
-
Scrapy se Maandag.
2 Scrapy se Maandag 12/02/2024 Scrapy wou vanoggend nie opstaan nie. Sy is meestal so sesuur wakker. Vanoggend was sy net na vyf wakker en het haar kompos toilet in haar kamer gebruik. Terug in die bed het sy haar snoesig toegemaak met haar sagte kombers(dit was bibberkoud voor sonsopkoms) Rustig lê sy op haar…
-
Oompie en die Gym
Oompie Doompie ‘n Gedagte het die afgelope tyd in my gedagtes bly draai. Wat gaan ek doen om my liggaam in rat te kry om gesonde bewegings en oefeninge te doen? Ek probeer om gereeld te loop. Die weer speel egter nie altyd saam nie. Om in die reën te stap is nou nie juis…
-
Geld wat stom is.
5/07/2023 Waarom moet geld tog so belangrik in ‘n mens se lewe wees? My inkomste is werklik onder die sogenaamde broodlyn; tog kom ek elke maand daarmee uit. Sekere ‘luukse’ dinge moet ek voor spaar voordat ek dit kan koop. Dit sluit nou die voertuiglisensie en Veiligheidswaarborg elke jaar in. Ek huur ‘n skeepshouer waar…
-
Varke. (muse is terug)
Die bure reg langs ons het twee varke. Nie net gewone varke nie maar “huge pigs”. No 1 is die beer, en No 2 die sog. Hul woon nie saam nie. No 1 is in ‘n kampie wat aan ons grens. Hy het darem ‘n soort van hok waarin hy kan rus as son te…