Kategorie: avontuur
-
Bruce en Lucky.
Whose the leader? Bruce ‘n Muscovy duck/ eend. Lucky ‘n Langbeen, tropjaer. As Bruce sy kuif so regop lig en blasend nader kom moet jy maar versigtig wees vir hom. Hy knyp wat hy ook al in die hande kry!
-
Naweek: hoenderstorie
01/02/2026 Dis Saterdag oggend. Die hoenders loop rond om my kamer met ‘n: kêkê-kêkê-kêkê, die een haan kraai: koekelekoe by my oop deur. Hul is oppad huistoe om die oubaas of ounooi te roep vir ontbyt. Saterdagoggende is dit die oubaas van die plaas se beurt om te kom voer. Hy is een van die…
-
Shop until you drop. 22/01/2025.
Sjoe, mensig dit was ‘n warm dag Woensdag. Omdat dit droog is brand die son alles asvaal. Veral in die middag as die son op sy naaste aan ons is, is die son op sy hetigste. Volgens die reëling het ek voorberei dat Beatrix na ‘n kuns dag gaan. Gelukkig vra ek Dinsdagaand of dit…
-
Asemtoetse
2024/11/25 Die afgelope twee jaar gaan haal ek elke Maandag oggend my klaargemaakte maaltye by EAT https://eat.co.nz/ EAT is in Lower Hutt, ‘n 25 minute(23.3km) se ry van Mangaroa waar ek bly. Die besigheid lewer nie af by landelike plekke nie. Ek gaan haal dus die maaltye by hul hoofkantoor/kombuis wat in Lower Hutt is. …
-
Waterverf Klas
Woensdag 20/11/2024 Waterverf Klas Die verfklas het nou twee maande agter die rug. Die vier dogters sien nog steeds daarna uit om Dinsdagmiddae saam met my verfkwaste op te tel en ‘n uur lank hul uit te leef. Ons het September ‘n goeie vier weke gehad as oefenlopie om te kyk of die belangstelling gaan…
-
Parkinson se siekte: 24 uur in my lewe met PD.
24 uur in my lewe met Parkinson se siekte. Die medikasie help beslis om verligting te gee. Ek dank die Here vir elke oomblik dat ek steeds myself kan help en versorg. Dis tien uur Vrydag oggend 2 Augustus. My liggaam word aangehelp om te fuksioneer deur medikasie wat ek vierkeer per dag drink. Die…
-
Scrapy se Maandag.
2 Scrapy se Maandag 12/02/2024 Scrapy wou vanoggend nie opstaan nie. Sy is meestal so sesuur wakker. Vanoggend was sy net na vyf wakker en het haar kompos toilet in haar kamer gebruik. Terug in die bed het sy haar snoesig toegemaak met haar sagte kombers(dit was bibberkoud voor sonsopkoms) Rustig lê sy op haar…
-
Scrapy se Dinsdae.
Scrapy se Dinsdag 6/02/2024 Scrapy se Dinsdag program. Opstaan, ontbyt, stort en aantrek. Besoek Jan haar beste vriendin met Alzheimer. Middag slapie. Meestal Beatrix gaan haal by skool. Middag saam met Beatrix Aandete, TV, lees voor sy haar lig afskakel, Slaap. Dinsdag die 6de Februarie is ‘n vakansiedag. Dis Waitangi dag https://en.wikipedia.org/wiki/Waitangi_Day Scrapy het steeds…
-
Nie eendjies nie maar nou is dit kuikentjies
Nog ‘n verrassing tref ons ‘n paar dae later na die drie eendjies se aankoms. By Gesê die drie eendjies het toe na drie dae nie oorleef nie. Eende is regtig onbeholpe as dit by hul nuwelinge kom. Hul het geen meganisme om klein eendjies te beskerm nie. Hierdie gaan egter nie oor eendjies nie…
-
Nog eendjies.
Woensdag is my alleen tuis dae. Almal is by die werk of in die skool. Ek begin na ek gestort het om eerste bondel wasgoed in masjien te sit. Meestal laai ek ook die skottelgoedwasser. Terwyl die wassery besig is bestudeer ek al my e-posse om te sien wat almal doen. Woensdag was dit weer…