Week met nuwe avonture.

13/02/ 2025 Week met nuwe avonture.

Naweek is daar vleis gebraai. Sondag, S se ouers was hier vir die namiddag.

B braai vleis op die gasbraaier. Daar is eie skaaplam chops. Heel sappig en lekker. Goeie randjie vetjies. Nagereg was vanilje roomys en sjokolade roomys in ‘n cone/horinkie met Ouma G se spesiale nyammy nagereg.

Dinsdag Beatrix skooltoe gevat. Middag was dit kuns klas.

Gelukkig kry ek ‘n parkeerplek by die slegs ‘staff’ parkering. Die trappe na die kantoor en die klaskamer waarin ons verf was verlede jaar nog afgekamp omdat daar reuse bome afgesaag is om op einde van die dag meer parkeerplek te kry sodat ouers nie so in die straat kinders hoef af te laai nie. 

Nou is dit sommer maklik. Ek sit my tas/houer kunsgoed by die klas se deur voordat ek kantoor toe gaan sodat daar oopgesluit kan word. E, die kantoor dame sluit altyd vir my oop. 

Ek sit alles reg op die tafeltjies sodat ons dadelik kan inspring met verf. Die skoolklok lui vir einde van die dag. 

M kom met spoed in gehardloop. Die vloer is blinkgevryfde hout. Sy kom so vinnig om die hoek/deur dat haar voete onder haar uit gly. Sy land hard op haar linker boud en linker elmboog. Dit was ‘n skok vir haar. 

“Het jy seer gekry, M?”  “Nee, net my boud.” “Wat van jou elmboog? Jy het hard op hom geval?” vra ek besorg.

“Nee, dis net my boud.” 

In die tussentyd kom die volgende kind ook in. M vergeet van val en gooi tas en hoed neer en trek skoene uit. Sy kies ‘n tafel en wou tafel langs haar vir R hou terwyl G, die tweede kind wat ingekom het, daar wou sit. 

“Nee, wag ‘n bietjie,” sê ek, “kom ons doen dié van nou af as volg. Eerste kind sit by tafel 1 en tweede by tafel 2, en so aan; dan is daar geen stryery oor wie waar sit nie.”

R kom in en ek verduidelik aan haar hoe die sitplekke werk. In die tussentyd wonder ons waar B is. 

“Sal een van julle gaan kyk waar B is asseblief?” Hul stel to G voor om te gaan kyk. Met wat G twyfel om te gaan draai ek om, om self te gaan kyk. Ek en G kom gelyk by die deur. 

“Haha, lekker uitgevang!” kom dit van B wat ewe stilletjies om die hoek gestaan en luister het waaroor ons praat. B moes toe eers badkamer gebruik. Ek vul solank my bakkies met water en sit B se leë waterhouertjies neer sodat sy dit gou kan volmaak.

“Ons verf vandag nat op nat. Eers toets ons die verf uit voor ons regtig begin.” So gesê so gedaan. 

“Maak kwas nat, vee ergste water af, laai punt van kwas met ‘n kleur. Nou, druk die kwas plat op papier, trek kwas van links na regs en lig hom stelselmatig op na einde toe.” Daar word gesukkel maar op einde het hul al vier mooi saam met my gewerk en dit reggekry om met baie kleur ‘n lyn te verf van donker na ligter of te wel, baie pigment na minder en minder  of ligter.

 “Nou gaan ons ‘n hart met water maak op die papier.” Hul sukkel eers met te min water en selfs te veel water. “Volgende, maak kwas nat, vee ergste water af.  Neem verf net aan punt van kwas. Dab, nou net binne aan randjie van die nat hart. Nie verf nie!  Net druk, druk, druk, en verf sal self binne-toe uitbrei. Lig papier bietjie op en laat verf afloop. Jaaa, jaa, daars hy! Dis hoe dit moet wees! Perfek!”

Noudat elkeen weet hoe dit werk gaan ons regte harte verf. Ek het vir elkeen ‘n kaartjie gevou en met potlood liggies drie harte geteken. Stelselmatig het ons al drie harte geverf. Ek wou dat hul die binnekant van kaartjie ook verf maar die buitekant was te nat om om te draai, en laat hul solank hul eie verfwerkie op agterkant van kaartjie doen.

Hul het dit regtig baie mooi reggekry.

G hou niks van hare nie. Sy wou dit weggooi. 

“Jy gooi dit nie hier weg nie. Vat dit huistoe en gooi dit tuis weg .” Woensdag na skool vra ek vir G of sy dit toe weggegooi het. “Nee, my pa hou daarvan en het dit gebêre.” Ek’s baie bly sy het dit vir haar ouers gewys. Sy dink altyd haar werk is nie reg nie of mooi genoeg nie.

Dit was ‘n heerlike vrugbare uur van konsentreer gewees. Die vier meisies het sukses gesmaak.

Hierdie week beplan ek om ‘n boom met blomme te verf.

Bo is my voorbeeld. M en R se kaartjies.

B en G se kaartjies.


Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

10 responses to “Week met nuwe avonture.”

  1.  Avatar
    Anoniem

    Oulik Ek hou van hoe jy kinders laat selfvertroue kry!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hul het ontsaglik baie aanmoediging nodig.

      Like

  2. Tannie Frannie Avatar

    Stem saam met die vorige kommentaar. Om te onderrig verg geweldige empatie – en energie! Ek haal my hoed vir jou af.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie Frannie, veral noudat ek nie meer jonk en energiek is nie vat dit baie van my krag om aan te hou. Kinnertjies is maar woelig.

      Liked by 1 person

  3. angelswhisper2011 Avatar

    Leuke tekeningen, goed gedaan, kids! Gefeliciteerd met je parking place, Ineke🎉Double Pawkisses for a Happy Week ahead🐾😽💞

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Thanks, for your kind words. We thoroughly enjoyed painting them.

      Liked by 1 person

  4. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Jy doen die kinders so goed, Scrapy. Veral jou aanmoediging is deedae so nodig, en hulle werkies is pragtig.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hul geniet die tydjie saam meer en meer. Hul raak ook nou meer bedrewe met waterverf wat hul meer selfvertroue gee.

      Liked by 1 person

  5. Bondelsgedagtes Avatar

    Kyk nou vir jou!! So nly jy geniet jou kuns en gee boonop klas!! Jy doen goed

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Bondels, die klasse is ‘n life line om my aan die gang te hou. Dit gee my geleentheid om telkens iets nuuts vir hul te wys om te doen.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.