Kategorie: kinders

  • Ek dink terug

    Skielik het ek besluit om bietjie tussen my skryfsels te grawe en kom toe op die volgende af: 2024/11/20 Waterverf Klas Die verfklas het nou twee maande agter die rug. Die vier dogters sien nog steeds daarna uit om Dinsdagmiddae saam met my verfkwaste op te tel en ‘n uur lank hul uit te leef. …

  • Week met nuwe avonture.

    13/02/ 2025 Week met nuwe avonture. Naweek is daar vleis gebraai. Sondag, S se ouers was hier vir die namiddag. B braai vleis op die gasbraaier. Daar is eie skaaplam chops. Heel sappig en lekker. Goeie randjie vetjies. Nagereg was vanilje roomys en sjokolade roomys in ‘n cone/horinkie met Ouma G se spesiale nyammy nagereg.…

  • Melkskommels 14/01/2025

    Dis vakansietyd. Die skole, hier in New Zealand, het 17 Desember 2024 amptelik gesluit.  Dinsdag 14 Januarie werk Pappa en Mamma albei uithuisig. Ouma is gereed om Beatrix vir die dag op te pas. Sy gaan huis in om te kyk of Pappa en Amelia reg is om kleuterskool toe te gaan. Al drie, Pappa,…

  • Waterverf Klas

    Woensdag 20/11/2024 Waterverf Klas Die verfklas het nou twee maande agter die rug. Die vier dogters sien nog steeds daarna uit om Dinsdagmiddae saam met my verfkwaste op te tel en ‘n uur lank hul uit te leef.  Ons het September ‘n goeie vier weke gehad as oefenlopie om te kyk of die belangstelling gaan…

  • Wat het ek reeds bereik in 2024?

    Een van my skillshare onderwysers https://www.mygiantstrawberry.com/ by wie ek begin het om waterverf te doen het eenmaal per maand ‘n lekker nuusbrief. Sy gee ook altyd ‘n paar skakels na interessante artikels, raad vir liggaam en siel, tuinmaak en natuurlik waterverf kunstenaars wat heerlike leesstof het. Hierdie keer het sy die volgende gesê (ek gee…

  • Oompie en Gym storie vervolg

    Die eerste afspraak met Liz, my Gym instrukteur, was Woensdag 2 Augustus 2023.  Klein Amelia is siek. Sy hoes sleg. Die gesiggie is sommer was bleek en ogies is flou. Ek het haar opgepas terwyl Pappa vir Beatrix skooltoe gevat het. Pappa was by die huis om na Amelia te kyk. Hy het ook sommer…

  • Amelia en Tamariki viering

    Dis Donderdagmiddag na my heerlik persente koop vir Amelia die oggend (sien vorige blog pos -Verjaarsdaggeskenk vir Amelia) Ek neem my Nanny nap en staan so twee uur op. Net voor drie kom Seunlief verby my kamer: “Gaan Ma saam om Amelia te kry by kleuterskool? Hul het van 3 tot 4 Matariki feesviering.” “Ja,…

  • Verjaarsdaggeskenk vir Amelia.

    Donderdae is ‘my tyd’ oggende. Ek klim in die kar en ry dorp toe of na die winkels(shops) soos hul dit hier noem. Meestal gaan ek Mall toe. Die kunsafdelings van twee winkels is die aantrekkingskrag. Eers gaan kyk ek in Lincraft. Hier is wolle van alle kleure en diktes. Materiaal(waarin ek nie op oomblik…

  • Drama op die plaas

    Dis vroeg Woensdagoggend. Mistig en nog skemer. Heel spookagtig. Moooooo, klink dit deur die mis. Nog ‘n ander antwoord met ‘n hoër toonhoogte van Mooooo. Dan kom die bul se diep uitgerekte mooo dat die berge antwoord gee. Het gehelp om kinders reg te kry vir skool. Pappa het Amelia weggevat. Ek en Beatrix het…

  • Kiri die dinosaur koek

    Jippie-jippie, dis Saterdag Amelia se verjaarsdagpartytjie! Mamma het ‘n koek bestel wat by klein Amelia se smaak pas. Kiri die dinosaur. Ongelukkig het die tannie wat die koek sou bak gebel om te sê haar man het Covid. Sy sal moontlik nie die koek kan bak nie. Mamma is baie slim en gekonfyt in koekbak.…