Romeine 10:17 17 Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
Etiket: luister
Maandag=Wasdag 34 :Musiek
Die hele week sing ek in my gedagtes die volgende liedjie https://www.youtube.com/watch?v=aV-jaOBbgGc Dit reën hier aanmekaar. Wens ek kan bietjie oorstuur na die dele waar dit so droog is. Musiek was nog altyd baie belangrik in my lewe. Van kleins af het ek, as die geleentheid daar was, musiek geluister. Toe ek student was het…… Lees meer Maandag=Wasdag 34 :Musiek
Maandag=Wasdag 31: ‘n Besondere voorwerp/foto.
Kom skryf saam met my op ‘n heerlike Maandag. Jy het die hele week om jou stukkie te skryf en dan jou skakel in my kommentaar te plak of ‘n pieng-terug te stuur. Ek verander op ‘n Maandag die onderwerp. Lekker skryf en lees. Die volgende persone het lekker saam gesels Appeltjie – Ouma maak…… Lees meer Maandag=Wasdag 31: ‘n Besondere voorwerp/foto.
Liewe Heksie
Wie onthou vir Liewe Heksie? Ek het vir my Liewe Heksie se Omnibus gekoop. Nou lees ek saans voor ek gaan slaap vir Trompie n Heksie storie. Dit kalmeer my totaal en al en laat my lekker slaap. https://www.youtube.com/watch?v=XYGmNs6274A
Maandag = Wasdag: Noodplan
My laaste kwartaal vir 2019 het aangebreek en die week het met spoed verby gevlieg. Indien jy voel om bietjie in Afrikaans te gesels nooi ek jou uit om hier saam met my te kuier. Maandag = Wasdag gaan oor Afrikaans as taal. Dis belangrik om Afrikaans lewendig te hou. As jy geskryf het kan…… Lees meer Maandag = Wasdag: Noodplan